Page 1 of 2

Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 1:16 pm
by Wismit
Ek wil `n akkurate geweer koop, slegs vir teiken en groepering skiet (50m - 200m, soms 300m), help my om `n keuse te maak asb !!!
Of enige ander kaliber nie bo genoem is ook welkom.

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 1:25 pm
by Arnold
Ek het 308 gestem, daar is min wat hom gaan beat op 'n geweer wat van die rak af kom!

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 1:32 pm
by Gerhard
223 is my keuse...

As jy net wil teiken skiet gaan hy saam met die 222 die mees ekonomiese kaliber wees om te herlaai en dan skiet hy nog erg raak tot op 300 meter

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 1:40 pm
by Geno
Gerhard wrote: en dan skiet hy nog erg raak tot op 300 meter
Tot die wind opkom.......


TREE-OH-EIGHT allie pad!!!!!!!!!!!!!!

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 1:57 pm
by MJK
Geen keuse as 308WIN( NER) nie!

Kyk maar na groepering skiete van PMP wat is die resultate... niks verder om te se nie. Skiet ook baie goedkoper as die 270Win (koeels, minder kruit en dan dieselfde spoed...)

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 2:00 pm
by Gerhard
Geno wrote:
Gerhard wrote: en dan skiet hy nog erg raak tot op 300 meter
Tot die wind opkom.......


TREE-OH-EIGHT allie pad!!!!!!!!!!!!!!
Nee dit is so ek stry nie.

Maar as jy die kaliber ken en die wind reg lees sit jy daai 223 waar dit saak maak.

Het met die R4 genoeg Diens skiet gedoen om te weet wat hy maak.

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 2:41 pm
by Arnold
Wind lees is nie so maklik nie. Ek het so tyd gelede 'n baanskiet met my 223 gedoen en ek was oppad om te wen toe die wind erg opsteek en ek 3 uit die 5 gonge mis  :(
Met die 308 sou ek nie eers af hoef te gemik het nie  ;D

Nou ja, my 308 is nie meer so standaard nie maar hier is 'n groepering wat op 300m geskiet is
[img width=560 height=420]http://i194.photobucket.com/albums/z44/ ... 132831.jpg[/img]
met die ding
[img width=560 height=164]http://i194.photobucket.com/albums/z44/ ... barrel.jpg[/img]

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 2:47 pm
by Gerhard
Baie netjies Arnold.

Nee wind en mirrage is nie maklik nie maar met genoeg oefening leer n mens.

Gelukkig wil Wismit darm nie baie op 300m skiet nie.

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 2:55 pm
by Vosman
Goeie skietwerk daai.
Ek stem saam met die meeste manne, die 308 sal die regte keuse wees.

Nou Wismit, moet jy net die regte keuse maak!!ha-ha-ha (dr Evil laggie)

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 3:13 pm
by 300Winmag
6.5x55  ;D

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 3:19 pm
by BUSH1
308 duisende snipers kan nie verkeerd wees nie , sou nie my jag geweer keuse wees nie maar as jy wil raakskiet verseker , As jy na iets anders ook wil kyk probeer die 6mm br ook super akuraat ,

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 3:23 pm
by BLOK
As ek onder aan jou post lees sien ek jy het reeds n 308 Howa as jy nie met hom kan doen wat jy wil nie gaan jy sukkel om iets anders te kry, persoonlik sou ek n 243 verkies, maar soos die naweek by die kursus bespreek is kan jy maar daai 308Howa amper enigiets voer en hy sal werk. Ek sal voorstel jy iemand net kry wat daai geweer vir jou pak, freefloat en ordentlike scope opsit en miskien aan die sneller laat werk en ek belowe jou jy gaan baie naby aan volmaak kom

net my 2c

Blok

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 3:26 pm
by Arnold
260Rem !!!

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 4:11 pm
by Armand Steenkamp
My eerste keuse sal 308win wees 2de 223.


Groetnis

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 5:58 pm
by pirirob
Jy kan maar vir jou n 243 gaan koop.
dit is n baie lekker roer hoor.

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 6:15 pm
by Wismit
BLOK wrote: As ek onder aan jou post lees sien ek jy het reeds n 308 Howa as jy nie met hom kan doen wat jy wil nie gaan jy sukkel om iets anders te kry, persoonlik sou ek n 243 verkies, maar soos die naweek by die kursus bespreek is kan jy maar daai 308Howa amper enigiets voer en hy sal werk. Ek sal voorstel jy iemand net kry wat daai geweer vir jou pak, freefloat en ordentlike scope opsit en miskien aan die sneller laat werk en ek belowe jou jy gaan baie naby aan volmaak kom

net my 2c

Blok
Yip - ek het `n HOWA 308 en ook `n 30-06.
Hier is my groepering op 100m met 308: (nie almal in een gat nie, maar nie te sleg nie)
[img width=360 height=480]http://i961.photobucket.com/albums/ae98 ... 1B/JES.jpg[/img]

Hier is my 9 jarige laaitie se groepering op 100m met 308 wat hy laas naweek geskiet het:
[img width=360 height=480]http://i961.photobucket.com/albums/ae98 ... ge0272.jpg[/img]

Daar is niks verkeerd met die 308 HOWA nie, maar dit is my laaitie se geweer warmee hy skiet, nou wil ek ook iets h? om op die baan mee te skiet.

Thanx

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Thu Aug 25, 2011 6:21 pm
by Arnold
Kry vir jou die Howa varminter in 308 of 243W. Omdat jy reeds die 308 het sou ek vir die 243 gaan.

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Sat Aug 27, 2011 12:37 pm
by Vlakvark
7mm

7mm08

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Sat Aug 27, 2011 1:12 pm
by Sako75
260 Rem Varminter

Tikka T3 Sporter http://www.tikka.fi/t3models.php?sporter

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Mon Aug 29, 2011 3:35 pm
by PITSMIT
+1 Geno  308 !!!!!

wismit hoekom is jou laaitie nog nie saam dewie en my laaitie blouvalkie op by die jongmanne nie.  laat hy bietjie saamgesels met hulle

lekker dag

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Mon Aug 29, 2011 4:26 pm
by MJK
Wismit

Laaitie se imlpala  groepering? Waar kom die loodmerke vandaan? Gewoonlik lyk die gate asof met punch uitgeslaan het - perfek rond.

308 bo! - Arnold mooi gegooi daar  :o

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Mon Aug 29, 2011 4:31 pm
by BLOK
Ek dink daai gate is gepunch lyk vir my net iemand het hulle met coki gemerk. ;D

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Mon Aug 29, 2011 7:17 pm
by Drenalinjunkie
Sako75 wrote: 260 Rem Varminter

Tikka T3 Sporter http://www.tikka.fi/t3models.php?sporter
My tikka T3 sporter in 6.5x55 is oppad!!! Ek sal ook die 6.5 oorweeg as ek jy is...

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Mon Aug 29, 2011 7:23 pm
by Wismit
MJK wrote: Wismit
Laaitie se imlpala  groepering? Waar kom die loodmerke vandaan? Gewoonlik lyk die gate asof met punch uitgeslaan het - perfek rond.
Daai swart om die gate is nie koukie of lood nie. Die teiken is gewone wit A4 groote fotostaat papier wat op `n swart "hardboard"(hierdie verkiesings borde  :-X)  vasgeplak was.

Ek weet dit lyk gewoonlik asof die gat met `n punch gedruk is maar dit is hoe hy hier gelyk het. Niks wat ek daaraan kan doen nie. :angel:

W.S

Re: Help my om `n keuse te maak

Posted: Mon Aug 29, 2011 7:45 pm
by theedge
Het so paar jaar terug vir die eerste keer in my lewe aan die veldskiet deelgeneem.  Dit baie geniet maar die manne het my 6 love opgeneek.  Lekker agter n berg gesit - langs die berg af geskiet oor n kloof die vlaktes in - dit is hier waar die wind my 243 punt weggewaai het.  Om te dink ek het die 308 daar gehad.