Page 1 of 2

Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 10:42 am
by TikkaT3
Hi ouens..

Ek bly in Potch, so daar is net twee geweer winkels hier. Louw van Advanced Gunsmithing wil R800 h? om my loop te thread, en ek moet hom smeek om dit doen asof ek hom die guns doen, wat onaanvaarbaar is. Armtec wil R900 h? en hulle s? dat dit 2 weke op die kortste sal vat, net om hom te thread! Ek kan nie verstaan hoe dit so lank kan vat, en hoekom dit so duur is nie??

Ek wil my besigheid ?rens vat waar dit waardeer sal word. Weet iemand van 'n geweersmid in die Pretoria, Joburg, Vereeniging area wat 'n ordentike threading job kan doen, en wat 'n billike prys vra vir sy werk?

Groete...

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 10:49 am
by BLOK
Tikka

Ek bly ook in potch en het destyds selfde probleem mee gesit, maar toe my demper saam met die geweer een naweek Clarence toe gevat dat hy hom opsit, R150 en n oggend later en ek is baie tevrede. Moes sommer die eerste keer toe ek by hom die demper gekoop het die geweer gevat het om hom op te sit.

Ek het die idee gekry omdat jy nie n demper deur ons plaaslike manne koop nie hulle jou nie rerig wil help met die opsit nie.

Blok

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 10:54 am
by Armand Steenkamp
En nou vra hulle n demper se prys! :o :o

Groetnis

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 11:04 am
by BLOK
Manne wat jou sal kan help kan jy hier kry

http://www.saga.org.za/Gunsmiths.htm

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 11:19 am
by baboonstalker
Om dit reg te doen gaan tyd vat en dit is waarvoor jy betaal. Die geweer moet uitmekaar gehaal word, loop afgeskroef van aksie, opstelling in 4jaw en spider chuck ('n 3jaw is eenvoudig nie goed genoeg hiervoor nie en lyn slegs die buitekant van die loop op ipv die boor. Dan sny jy skroefdraad met 'n enkelpunt beitel en eindig met baie klein inkrimente tot hy net mooi styf pas. Kroon sommer ook nou want die loop is dan nou perfek opgestel. Haal af en sit loop terug op aksie - torque. Sit geweer aanmekaar en torque.
'n loodgieter vra R300-R400 om sy apie (lw nie eers die appie nie) op 'n job te hou. Jy praat van 'n man wat jy met jou skietyster wil vertrou en dan nog in die publiek uitvreet as jy nie tevrede is nie of daar 'n merkie op jou geweer is as jy hom terugkry. Die ou wat jou 2 weke laat wag doen self die werk en gee dit nie vir die sweeper om te doen nie. Jy wil darrem ook nie voor die ander manne indruk wat se gewere reeds daar staan nie, of hoe?

Teen R150 het Clarence jou 'n moerse guns gedoen, want besigheid is dit nie. (jy s? immers 'n oggend later dws R300/ dag vir arbeid)

Nou moet ek bys? dat ek ook maar ingat is as dit kom by geld uithaal, maar dink hoeveel moeite en sorg jy wil h? die man moet insit in jou geweer en betaal dienooreenkomstig.
my 2c

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 11:24 am
by Gerhard
Piet-Skiet wrote: Arms en la arms sal dit doen vir baie goedkooper.
Nou net met hulle gepraat.

R450.00 maar dan wag jy 10 tot 15 dae vir die werk om afgehandel te word.

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 11:34 am
by Geno
Ek het my geweer vanoggend ingegee, en ek kry hom vanmiddag terug. R430

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 11:54 am
by G-force
Hier in Pta Oos.
Nico Janse Van Rensburg
0760636790

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 12:14 pm
by MJK
Morkel & Crause by S&O Stellenbosch R1700.00 .....  :o :o :o

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 12:32 pm
by Geno
MJK wrote: Morkel & Crause by S&O Stellenbosch R1700.00 .....  :o :o :o
Dis goedkoper as S&O Pretoria, hulle het my R1800.00 gequote vir sny en doppie maak.......

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 1:03 pm
by Wismit
Daar is `n ou by Formalito in Pta. Ek het ongellukig sy naam vergeet. Maar as jy hulle bel sal hulle jou deursit na hom toe. Ek het my 308 die oggend ingegee en die middag 12h00 terug gekry. R400-00 later.

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 1:26 pm
by Beyers
As ek so kyk na die pryse kan ek die kolwe se pryse so 3x meer maak

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 1:46 pm
by MJK
Geno

Wat het jy gekoop met die R1400 wat gespaar het? ;D

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 1:50 pm
by Lourens
Die ou by formalito se naam is Thinus, 012 6 ses 4 sewe sewe 93. Het hom nog nie self gebruik nie maar weet van ander manne wat het en heel tevrede is.

Groete,
Lourens

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 1:52 pm
by Geno
MJK wrote: Geno

Wat het jy gekoop met die R1400 wat gespaar het? ;D
'n Terminator en 'n blik kruit!

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 2:05 pm
by Beretta
Geno
Sluit die prys by SO ook Bakkies Botha se shares in of nie. ;D ;D ;D
Beretta

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 2:14 pm
by james 303
Praat van geld maak om n iets te tap kos 10 minute van jou tyd afhangende die size draai hom af en tap hom.

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 2:34 pm
by baboonstalker
louis 303 wrote: Praat van geld maak om n iets te tap kos 10 minute van jou tyd afhangende die size draai hom af en tap hom.
I beg to differ, ons praat nie daarvan om 'n die nut oor 'n stuk staal staaf te draai of om 'n tap in 'n gat te steek nie. En bly maar weg van die man wat vir jou s? hy kan dit in 10 minute doen, ontevredenheid is by hom gewaarborg. Om R1800 te vra vir 'n standaard geweer grens egter aan roof.

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 2:36 pm
by Gerhard
Truvelo vra R300

Sal die plek wees waar ek my loop sal laat sny.

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 3:24 pm
by PRIVATE RYAN
Wismit wrote: Daar is `n ou by Formalito in Pta. Ek het ongellukig sy naam vergeet. Maar as jy hulle bel sal hulle jou deursit na hom toe. Ek het my 308 die oggend ingegee en die middag 12h00 terug gekry. R400-00 later.
Thinus, R 450 6maande terug, oggend
in en middag uit met 'n doppie.

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 3:28 pm
by MJK
Geno wrote: 'n Terminator en 'n blik kruit!
Wyslik gespandeer! Net jammer moet weer volgende loop sny... TOE spaar jy dat dit klap! ;D ;D

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Thu Aug 25, 2011 8:57 pm
by JPS
Ook Tinus gebruik by formalito, 12h00 ingegee en 16h00 teruggekry met skroepdraad beskerm doppie geblue en al.
Baie goeie diens.
Groete
JP

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Fri Aug 26, 2011 7:23 am
by james 303
Baboon jy ken hom die africa time the more the hours the more the pay en iemand wat weet wat hy doen is trots op sy werk en vlugtig in wat hy doen en dit was n stelling en by gese n drie punt chuck sal ook die job doen en ek het nou soveel geleer asb deel graag jou kennis inelk geval ek het nie aangebied om die ou te help nie lees die vraag deeglik of meen jy ook maar net  8) 

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Fri Aug 26, 2011 7:29 am
by Geno
More manne,
Ek het gister oggend my geweer ingegee by Jeff Angelo ( nul - agt - 267 92001) in Rustenburg, en hom weer die middag opgetel.
R430.00 later is ek baie tevrede daar uit. Hy't baie mooi gesny en ook 'n doppie gemaak.

Groete,
Eugene

Re: Wie Kan My Loop Thread Vir Suppressor?

Posted: Fri Aug 26, 2011 8:14 am
by JPS
Geno,
My tydelike lisensie vir die 25 Maandag opgetel. wag ook nou vir die terminator.

Gooi bietjievrmy jou ladingmet die GSC koeels wa tjy op die Gemsies gebruik het ek soek die lading mis as jy dit geplaas het.

Thx
JP