VIXEN ARTES 5 - 30 x 56 (34mm tube) Scope toets
Posted: Sun May 21, 2017 10:49 pm
Ek was lanklaas in my lewe so verbaas oor iets wat ek moes toets soos met hierdie scope. Ek is deur Johan jnr van Camdix gevra om die heel nuutste scope van Vixen, hul vlagskip, die "Artes" 5 - 30 x 56mm n langtermyn toets lopie te gee.
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8268_zpscxn9am5g.jpg
Toe ek die scope uit sy verpakking haal, was my eerste indrukke dat hierdie nie n "No name brand" scope is, maar iets duursaam en sy gevoel en afwerking het my onmiddelik beindruk. Ek het nog nooit vantevore met n Vixen te doen gehad nie, en het regtig nie geweet wat vir my wag nie. Sy afwerking was werklik indrukwekkend en al die geskrif op hom baie netjies en smaakvol.
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8276_zpshq7aircd.jpg
Ek het hom op my Savage .260 ge monteer aangesien hierdie hul langafstand scope is, die ELD 20 model. Dit staan vir "Extreme Long Distance". Hy kom in n eenstuk gemasjineerde 34mm tube van vliegtuig alluminium met verligte kruishaar wat rooi of groen gestel kan word en van baie flou tot baie helder kan stel. Sy kruishaar is regtig baie netjies en redelik fein, heelwat feiner as my Nightforce ATACR of my Zeiss Diavari Victories. Hy maak slegs 1.28mm toe op 100m. Op 20 x vergroting is sy kruishaar afmerk punte op presies 1 MOA.
Ek het op die internet gaan soek om enige agtergrond oor die scope te kry en was verbaas om te sien dat die Japenese maatskapy wat hom maak al baie jare scopes maak. Al die reviews wat ek oor die Vixen scopes kon kry was baie positief, en meer goed as sleg. Meeste het gese hoe helder die scopes is en dat hy baie goed verstel. Daar was nog byna niks oor die nuwe vlagskip die "Artes" bekend, so ek moes maar self gaan kyk. Daar is n baie volledige en interesante toets verslag gedoen deur die manne van GunAfrica. Kyk gerus daarna. Hulle weerspiel presies dieselfde ervaring as wat ek beleef het met hierdie scope. Hulle het die scope tot die uiterste getoets met onder meer n onder water dompeling ensovoorts. Kyk gerus hier na hul baie volledige toets: http://www.gunafrica.com/item/311-amazi ... rising-sun
Hy kom met n lewenslange waarborg, en as daar n fabrieks fout is, ruil hul hom dadelik om vir n nuwe, maar as iets foutief geraak het, of gebreek het agv hantering, stuur hul hom terug Japan toe vir herstelwerk onder waarborg.
Sy lense word ED genoem, dit staan vir Extra Low Dispersion. Blykbaar kry jy bitter min “Colour abbaration”. Dit maak dat die kleure wat jy deur die lens sien, baie naby aan eg is. Ek kon bittermin melkerigheid waarneem selfs op maksimum vergroting nl: 30 x. Ek het op 30 x vergroting na gonge gekyk tot op 625m en kon baie duidelik die koeel merke op die gonge sien. Hy is deur onafhanklikke toets sentrums getoets om n ligdeurlating van 93,8% te gee, wat baie goed vergelyk met van die heel top make.
Toe ek by die baan kom was my verbasing baie groot toe ek sien hoe helder die scope werklik is in vergelyking met my ander top brand scopes. Sy turrets is gemerk in 1/8 MOA verstellings, en selfs daarmee het hy 105 MOA vertikale verstelling. Dit maak dat jy hom baie presies kan stel op die langer afstande waar een click in baie gevalle, of te min of te veel verstelling veroorsaak met ¼ MOA verstellings. Hy het n "zero stop" wat baie maklik en eenvoudig werk, so ook op sy wind verstelling. Ek weet regtig nie waarvoor mens die op die wind sal gebruik nie. Sy turrets verstel ongelooflik positief en is n plesier om mee te werk.
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8274_zpsgfzyft8l.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8272_zpso2enmup7.jpg
Sy turrets het Titanium bussies op die sluitdele waar gewone brass oor tyd begin wegsluit.
Ek het die scope ge boresight en met my derde skoot was hy in die middel van die plakkertjie op 100m. Ek het hom verstel soos wat my Bulletflight app gese het, en die gonge laat lui met elke eerste skoot tot op 500m. Sy Parralax verstelling gaan tot by 2000m en dan eers tot by oneindig, wat baie meer as as meeste scopes waarmee ek nog geskiet het. Sy parallax was ook nie oor sensitief, sefls op 30 x vergroting. Sy parralax verstelling was ook baie positief en helder, en het glad geen "backlash" soos wat mens op baie ander fabrikate waarneem. Sy parallax was ook nie te sensitief. Ek kon gemaklik en met baie duidelike beeld die gonge sien vanaf 300m tot 625m met dieselfde parallax verstelling
Ek het daarna die box toets gedoen op 100m om te kyk of hy presies verstel soos hy se, en weer terug, en daarmee kon ek ook geen fout vind nie Ek het die toets twee maal herhaal om te sien hoe herhaalbaar hy verstel, en ek kon my eerste rondte skote sny met elke opvolgende skoot,op al die verstellings Dit wys dat hy foutloos verstel. Ek het hom elke keer 5 MOA gestel, en die meetband bevestig hierdie verstelling . Sy kruishaar is so lekker dun dat jy regtig baie mooi groepe kan skiet met hom, en veral op 300m.
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8286_zpspnzm5let.jpg
Hy is nou al sowat drie maande op my .260, en dit lyk my hy gaan maar daar bly, want ek kan regtig niks fout kry met hom, en geniet hom elke keer as ek baan toe gaan. Omdat hy 8 clicks neem om 1 MOA te verstel gaan hy redelik vinnig by een omwenteling verby as jy langer afstande skiet, maar as jy na die strepies kyk wat onder die turret sigbaar raak as jy een of meer omwentelinge oorskry, dan is dit nie te moeilik om presies te sien hoeveel omwentelinge jy reeds gemaak het nie. Indien jy tweifel, draai net terug tot teen die zero stop.
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8277_zps12s7alkb.jpg
Ek dink ook dat teen die prys van R19,500.00 vir n 34mm eenstuk tube scope met verligte kruishaar, en n 30 x vergroting dit regtig n goeie kopie is. Daar is regtig min scopes, indien ebige wat jou dit bied, teen so billike prys.
Ek kan hom regtig aanbeveel en in vandag se dae waar kwaliteit scopes se pryse die hoogte in geskiet het, dink ek dat hierdie scope bo aan my lys sal wees van bekostigbare scopes.
Kontak gerus vir Johan Jnr by Camdix (011 6602398) (om meer uit te vind oor hierdie bul scope teen n billike prys.
Die scope kom tans net in die 2de focal plane voor.
Let op na die netjiese en duursame afwerking
.http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8253_zpsyrcgnkoq.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8254_zpsh3fdwobm.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8271_zpskj1lxqwv.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8270_zpsf1bnd3de.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8253_zpsxosmcdsy.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8251_zpsszehqmhv.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8250_zpsznd8ftrc.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/DSCF8249_zpseqsrrpc4.jpg