Page 1 of 1

Leupold Firedot funksioneel op teleskoop?

Posted: Sun May 21, 2017 10:45 pm
by mustangsa
Naand mense

Ek was besig om opsies te vergelyk tussen die Leupold VX2 3-9x40 en 4-12x40 toe die handelaar vir my voorstel dat ek kyk na die VXR 3-9x40 FIREDOT Duplex.

Eers toe se ek - nee ek soek nie 'n teleskoop wat met batterye werk nie? Maar, vir R2000 meer, is dit die ding om te doen? Gaan mens bederf raak met die rooi kol om daar te skiet waar die kol skyn? Ek het nog nooit daarmee gejag nie en werk dit werklik? Mens kan die Firedot afsit en dan 'n gewone kruishaar he soos 'n standaard 3-9x40 maar dan sit die R2000-kolletjie se koste op die kredietkaart en dn word dit dalk 'n wit olifant. Die VXR Firedot-Leupold het darem 'n 30mm buis in vergelyking met die standaard 25mm op die VX2...?

Baie dankie!

Re: Leupold Firedot funksioneel op teleskoop?

Posted: Mon May 22, 2017 5:31 am
by DWB
Die kruishaar werk normaal sonder die kol.

Die kol werk lekker vir vinnig skiet en vir donker diere bv BWB ens.

Re: Leupold Firedot funksioneel op teleskoop?

Posted: Mon May 22, 2017 10:12 am
by Theunodb
Jy kan die helderheid van die kol ook stel, as jy hom nie te helder wil he nie, die kol gaan ook automaties af om die battery te spaar, en gaan automaties aan sodra jy jou geweer lig.


Sent from my iPhone using Tapatalk