Page 1 of 1

werking en verstelling van teleskoop

Posted: Wed Aug 24, 2011 8:05 pm
by douw
Naand almal.

Ek soek asb inligting i.v.m teleskope. :-\

Heelvoor op my Burris teleskoop is 'n verstelknop wat kan stel 50,100,220 yards ens. Wat ek wil weet is: As ek byvoorbeeld op 100m teiken skiet, wat sal die verskil wees as ek die teleskoop op 50/100/200 yards stel?

Verder wil ek weet op watter vergroting ek 'n goeie groepering moet probeer skiet op 100m, my Burris is 4.5-14. As ek bv op 12 vergroting skiet, sal sit dus moeiliker wees om dan op 300 met net 14 te skiet as wat ek byvoorbeeld op 100m teen 4.5 skiet en dan op 300m met die 14 vergroting?

Ek waardeer alle insette.

Groetnis
Douw

N.S Kan iemand asb Piet Breedt se kontakbesonderhede vir my deurgee.

Re: werking en verstelling van teleskoop

Posted: Thu Aug 25, 2011 8:04 am
by Beyers
Douw
[img width=560 height=269]http://i732.photobucket.com/albums/ww32 ... BURRIS.png[/img]
Die paralaksverstelling is om die fout wat ontstaan op vergroting groter as 12 teen te werk. Stel die vergroting op 14, stel die paralaks op 100m en kyk na 'n teiken op 100m beweeg jou kop effens die kruishare is vasgessuig op die mikpunt. Draai die paralaks na 200 met die teiken op 100m ek beweeg effens jou kop, jy sal sien dat die kruishaar oor die teiken sweef. Dis parlaks. Dis dieselfde fout wat jy kry as jy meet en jy nie loodreg kyk op die meet instrument nie.

Die verstelbare vergroting 4.5-14 maak die teiken meer sigbaar , 4.5 minste vergroting en 14 meeste. Op 4.5 is die sigveld wyd teenoor die 14 se nou sigveld. As jy kort afstande skiet na wild is 'n wye sigveld belangrik dat jy kan sien wat om die teiken aangaan. As jy wil groeperings skiet stel jy die vergroting na 14 (sodat jy die gate kan sien), met die parallaks op die afstand wat jy wil skiet gestel dan is die moontlikheid van paralaks fout verminder.

Hoekom ontstaan daai laks para goete?

Dis baie moeilik om jou oog presies agter die middelyn van jou teleskoop te kry - jou kolf is in die pad van jou wang. As jou kolf "offset" is, gaan jou oog baie beter agter die teleskoop geplaas word. Op vergrotings groter as 12 is die belyning agter die teleskoop meer kritiek en daarom dan dat mens die paralaks verstelling gebruik.
Hoop dit maak sin.
Baie wyser manne kan dit seker beter beskryf.

Re: werking en verstelling van teleskoop

Posted: Thu Aug 25, 2011 8:07 pm
by douw
Baie dankie Beyers

Dit maak sin. Ek wil ook weet, hoeveel verskil yards van meter?

As ek in die Vrystaat gaan skiet, en ek nie 'n rangefinder het nie, gaan dit dus nie 'n baie groot probleem wees as ek die verstelling op 250yards sit, maar die bok bv op 200m of 300m staan nie?

Weereens dankie vir jou goeie verduideliking.

Groetnis
Douw

Re: werking en verstelling van teleskoop

Posted: Fri Aug 26, 2011 6:49 am
by Beyers
1yard = 0.9144m
100 m = 109 yard 110
200 m = 218      220
300 m = 328      330

'n handige site http://www.onlineconversion.com/length_common.htm

Die paralaks kan jy maar op 250 sit draai die vergroting na onder 12 en dit gaan baie min verskil maak.