Page 1 of 1
6.5 x 55 met 130Gn Nosler Accubond
Posted: Mon May 15, 2017 2:19 pm
by Adriaan Louw
In my soeke na 'n goeie jagpunt en al die verwarring tussen punte, BC's, ladings, druk en spoed, kom ek op Nosler se webwerf af op die inligting soos aangeheg. My inligting is dat RL 19 gelykstaande is aan S365. Die akkuraatste lading volgens hulle was met 45.5g RL 19 teen 2642fps.
Strook hierdie inligting met die verrigting wat die 6.5 x 55 met hierdie punt lewer, aangesien ek skrikkerig is om die lading so hoog te druk. Ek skiet tans 41.5 S365....[attachment=0]Nosler 130.jpg[/attachm
Re: 6.5 x 55 met 130Gn Nosler Accubond
Posted: Mon May 15, 2017 2:27 pm
by Jean Marais
Hallo Adriaan
Ek laai my 140gr Koeëls dat hy so teen 2764fps loop. Ek ervaar geen drukprobleme nie, en die slagdoppe is ook nie platgeslaan nie.
Ek sal vanaand vir jou die ladings deurstuur op 140gr koeëls, en 120gr GMX'e waarmee ek jag.
Re: 6.5 x 55 met 130Gn Nosler Accubond
Posted: Mon May 15, 2017 2:29 pm
by Adriaan Louw
Jean Marais wrote:Hallo Adriaan
Ek laai my 140gr Koeëls dat hy so teen 2764fps loop. Ek ervaar geen drukprobleme nie, en die slagdoppe is ook nie platgeslaan nie.
Ek sal vanaand vir jou die ladings deurstuur op 140gr koeëls, en 120gr GMX'e waarmee ek jag.
Waardeer dit baie Jean. Die spoed wat die manne van praat op Nosler se webwerf strook nie vir my met die spoed wat hulle aandui nie. Ek kry met 39,5gn S365 2400+ met 140's. Ek sou dink die 130's sal bietjie vinniger stap met so 'n hoë lading...
Re: 6.5 x 55 met 130Gn Nosler Accubond
Posted: Mon May 15, 2017 2:32 pm
by Hercules Louw
IMR4350 is die meer algemeen aanvaarde ekwivalent vir S365.
Re: 6.5 x 55 met 130Gn Nosler Accubond
Posted: Mon May 15, 2017 2:42 pm
by Adriaan Louw
Hercules Louw wrote:IMR4350 is die meer algemeen aanvaarde ekwivalent vir S365.
Dankie Hercules, en volgens die tabel wat ek het is "Hercules" se REL 19 gelyk..... Jy seker niks daarmee te doene nie
Die akkuraaste IMR4350 is 39,5 wat baie meer in lyn is met my 41.5.... Thanks
Re: 6.5 x 55 met 130Gn Nosler Accubond
Posted: Mon May 15, 2017 3:06 pm
by Hercules Louw
Gelukkig nie
