Page 1 of 1

Powder funnel "kruit tregter"

Posted: Mon May 15, 2017 11:52 am
by Gideon@1
Goeie dag!

Ek is opsoek na 'n kruit tregter vir .17 tot .20 kalibers.

Die gewone tregters begin by.22 kaliber en is te groot.

Enige hulp word opreg waardeer!!

Groete
Gideon

Re: Powder funnel "kruit tregter"

Posted: Mon May 15, 2017 3:43 pm
by junglejulian
Gideon gaan Kloppers of na n petshop toe en soek van daai dun deuskynende silicon pypies wat hul op die vistanks gebruik.van hul pas mooi aan die binnekant van die bestaande Lee tregters en sy binnemaat sal mooi om die nek van die dop ook pas.So verklein jy die diameter van die tregter.sny hom net op lengte af en plak hom vas as jy tevrede is

Re: Powder funnel "kruit tregter"

Posted: Mon May 15, 2017 3:51 pm
by Gideon@1
Baie dankie Julian!

Re: Powder funnel "kruit tregter"

Posted: Mon May 15, 2017 6:38 pm
by blaser
ek het n tregter ingevoer vir n 204 wat ek sal verkoop

Re: Powder funnel "kruit tregter"

Posted: Mon May 15, 2017 6:53 pm
by Gideon@1
Baie dankie Blaser!

Kan ek asb meer inligting kry van die "powder funnel".

Jy is welkom om my te kontak via Whattsap of sms met die detail. anders post sommer hier.
Ek is nie goed met PM nie.

nul 8 drie 381 vier 818

Groete
Gideon

Re: Powder funnel "kruit tregter"

Posted: Mon May 15, 2017 7:18 pm
by Diesel Dog
Met die plan laai ek alles wat binne pas en waarin hy pas so vinnig as wat jy die kruit kan gooi.

http://oi68.tinypic.com/1zl3cyw.jpg

Die adapter is van n 22250 dop gemaak.

DD

Re: Powder funnel "kruit tregter"

Posted: Mon May 15, 2017 8:37 pm
by Gideon@1
Dankie Diesel dog!
Dis nou n blink plan.
Groetnis
Gideon

Re: Powder funnel "kruit tregter"

Posted: Tue May 16, 2017 6:47 am
by blaser
daar is nie baie inligting nie dis n pasmaak tregter vir n 204

Re: Powder funnel "kruit tregter"

Posted: Tue May 16, 2017 8:36 am
by Carl
Gideon,
Ek het so tregter aangepas deur 'n ou dop af te sny in die tuit. Kannie onthou watter kaliber ens maar die brons is beter as pype ens. Myne loop ook mooi glad gelyk met die bek van die tregter.

Re: Powder funnel "kruit tregter"

Posted: Tue May 16, 2017 9:17 am
by Gideon@1
Dankie Carl!