Page 1 of 1

ATN X Sight 2 3-14

Posted: Wed May 10, 2017 1:29 pm
by Konrad308
Dag julle

Ek het vir my `n ATN X Sight 2 3-14 gekry.

Ek is redelik beindruk met hoe lekker die standaard illuminater werk wat saam met die ATN kom. Ek het die scope die naweek op my geweer gesit, ingeskiet en gaan toets op die plaas. Ek kon tot verder as 150m mooi duidelik sien in die nag.

Ek wil nou hoor by ander lede wat so scope of soortgelyk het, wat doen julle oor die battery. Die illuminator gebruik 2 X CR123 batterye. Dit kan `n duur storie raak teen net oor die R100 per battery.

Dankie

Konrad

Re: ATN X Sight 2 3-14

Posted: Wed May 10, 2017 2:13 pm
by Riaan Kriel
Gaan loer bietjie hier, van die manne het slim planne http://atnowners.com/

Re: ATN X Sight 2 3-14

Posted: Wed May 10, 2017 2:21 pm
by Geno

Re: ATN X Sight 2 3-14

Posted: Wed May 10, 2017 9:27 pm
by Konrad308
Geno, daai nitecore cr123 batterye is 3.7v. Ek sien die cr123's wat ek het is 3v. Sal dit werk? Gebruik jy nitecore batterye?

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: ATN X Sight 2 3-14

Posted: Thu May 11, 2017 5:12 am
by Geno
Ek gebruik nie die illuminator wat saam met die scope gekom het nie. Ek kannie sien dat 0.7v elstra gaan skade maak nie. Gewoonlik werk toestelle in n reeks voltage soos bv. 2.5-4v

Re: ATN X Sight 2 3-14

Posted: Thu May 11, 2017 6:46 pm
by johans
konrad daai flits waarmee die atn uitkom is te min,hy gaan jou in die steek laat.behalwe as jy net wil hase skiet

Re: ATN X Sight 2 3-14

Posted: Sun May 14, 2017 4:27 pm
by Konrad308
Johan, waarom se jy so?

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: ATN X Sight 2 3-14

Posted: Tue May 16, 2017 12:36 pm
by PJS
Konrad308

EK stem saam met Johan. As dit is wat jy wil doen met die ATN goedso, maar vir Jakkals ens sou ek aanbeveel jy koop n swartfilter vir jou NF 170/240 en sit dit daarop en dan sal jy sien wat se verskil dit maak.
Net my ervaring.
Mooiloop
PJ

Re: ATN X Sight 2 3-14

Posted: Tue May 16, 2017 1:25 pm
by Konrad308
Dankie Geno en Riaan. Ek wil die scope gebruik om bosvarke oor voer te skiet. Afstande is tussen 80m en 150m. Ek wil so onsigbaar as moontlik wees. As ek my NF 170 met filter gebruik gaan dit lyk of ek met 'n warm stoof plaat rond loop.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk