Page 1 of 1

Bevoegdheid

Posted: Wed Aug 24, 2011 8:50 am
by DieLem
More More

Kan iemand my asb help met inligting rondom bevoegdheid.
Ek is opsoek na plekke in Pretoria wat bevoegdheid toetse doen en dan net so 'n idee van wat kos dit.

Groete

Lem

Re: Bevoegdheid

Posted: Wed Aug 24, 2011 9:24 am
by G-force
http://www.nsnguns.co.za/
Hulle is in Silverton.Praat met Jerry of Johan.

Re: Bevoegdheid

Posted: Wed Aug 24, 2011 10:45 am
by Armand Steenkamp
Lem ,

Hier by ons betaal jy R500 vir die wet en R500 vir jag geweer

Groetnis

Re: Bevoegdheid

Posted: Wed Aug 24, 2011 11:21 am
by Vosman
Ek kan nie onthou wat is die naam van die plek nie, maar dit is in Jean ln in Centurion.
Ek sal aanbeveel jy doen die bevoegdheid vir jag geweer, haelgeweer en handwapen dan kos dit sowat R1200, anders gaan jy R900 per bevoegdheid sertifikaat betaal.

Groetnis, sal kyk wat is die plek se naam, dit is by die huis.

Re: Bevoegdheid

Posted: Wed Aug 24, 2011 12:12 pm
by DieLem
Dankie almal vir die reaksie.

Ek het gedink om al drie wapens gelyk te doen.
Dan het 'n ou dit vir wanneer 'n ou dit nodig kry.

Ek dink die plek in Jean ln is Centurion indoor shooting range of so iets.
Gaan vandag daar by hulle 'n draai gaan maak.

Groete

Lem

Re: Bevoegdheid

Posted: Wed Aug 24, 2011 12:24 pm
by Vosman
Lem
As jy die tyd het, probeer sommer alles in een middag te doen.
Dit gaan so 4 ure neem, dan is die papierwerk, eksamen en skietwerk klaar, en jy gaan huis toe met jou bevoegdheidsertifikaat.
Anders gaan jy moet huiswerk doen. Dit hang maar af of jy tyd het!
Jy kan deesdae ook weer jou aansoek vir bevoegdheid by die polisie asook die lisensie aansoek saam indien.

Sterkte!

Re: Bevoegdheid

Posted: Wed Aug 24, 2011 1:10 pm
by pietjacobs
Vosman wrote: Ek kan nie onthou wat is die naam van die plek nie, maar dit is in Jean ln in Centurion.
Dit is Centurion Indoor Shooting Range. Hulle nommer is 012-664 7628

Groete,
Piet