Page 1 of 1

Op soek na goeie verkyker

Posted: Sun May 07, 2017 11:14 pm
by Jjjbay
Miskien kan julle manne my dalk help. Ek is op soek na n goeie verkyker.
My budget is omtrent so R4000 so ek weet 'n Swarovski sal net n droom Bly.
Wat kan julle aanbeveel. Verkieslik iets wat my n tydjie sal hou en waarvoor ek nie n ekstra ruksak hoef te dra nie.

Re: Op soek na goeie verkyker

Posted: Mon May 08, 2017 6:05 am
by Malan123
Jjjbay. Ek het 'n nikon monarch 10x30 en hy werk vir my soos 'n droom. Nie seker wat hulle nou kos nie

Re: Op soek na goeie verkyker

Posted: Mon May 08, 2017 6:56 am
by Toyrsi
Safari verkoop n Leupold BX-1 10x42 vir R3295.
Ek het 1 en hy kyk baie mooi

Re: Op soek na goeie verkyker

Posted: Mon May 08, 2017 7:20 am
by Jurie
Jy kan maar na Steiner verkykers ook kyk. Ek het n klomp airmiles spandeer op n Steiner SkyHawk 3.0, 8x32.
Ek en almal wat nog deur hom gekyk het is baie verbaas oor die kwaliteit.

Re: Op soek na goeie verkyker

Posted: Mon May 08, 2017 7:44 am
by Eduard Venter
Malan123 wrote:Jjjbay. Ek het 'n nikon monarch 10x30 en hy werk vir my soos 'n droom. Nie seker wat hulle nou kos nie
Ek het selde een maar dink dis 'n 10x40. Baie gelukkig net hom. Ek gebruik hom al so 7 jaar en my hond het hom al beetgekry maar hy kyk nog baie mooi.

Re: Op soek na goeie verkyker

Posted: Mon May 08, 2017 9:52 am
by Swede
Ek gebruik Lynx series 46 8x vir die afgelope 10 jaar en is baie gelukkig met hulle.

Re: Op soek na goeie verkyker

Posted: Mon May 08, 2017 10:08 am
by DWB
Hier is 'n paar Nikons te koop op die forum, Great vêrkykers.

Re: Op soek na goeie verkyker

Posted: Mon May 08, 2017 11:06 am
by Jjjbay
Dankie julle vir die raad... ek het na die leupold gekyk... maar miskien sal ek meer spaar en gelukkig wees met n nikon. @DWB waar op die forum kan ek loer?

Re: Op soek na goeie verkyker

Posted: Mon May 08, 2017 11:19 am
by DWB

Re: Op soek na goeie verkyker

Posted: Mon May 08, 2017 3:16 pm
by Malan123
Ek het 'n ekstra nikon monarch 7 10x30 vir R5000 as jy sou belangstel? Hy is nog net uit sy boksie gehaal en in die sakkie gesit.

Re: Op soek na goeie verkyker

Posted: Mon May 08, 2017 8:20 pm
by Plaashaas
Miskien so rapsie bo jou beplande budget maar gaan kyk deur n Bushnell Natureview. Ek was bereid om R10k te spandeer toe ek in die mark was vir verkyker, maar nadat ek deur baie gekyk het, was die Natureview die beste koop.

Re: Op soek na goeie verkyker

Posted: Tue May 09, 2017 7:05 am
by Jjjbay
Malan123 PM sent

Re: Op soek na goeie verkyker

Posted: Tue May 09, 2017 7:08 am
by Jjjbay
Dankie Plaashaas. Ek gaan gaan loer na hom. Hopelik het Cape Union hom in stock.

Re: Op soek na goeie verkyker

Posted: Tue May 09, 2017 10:04 am
by Malan123
Hi Jjjbay. Het nie jou pm gekry nie. Stuur asb weer