Page 1 of 1
Tikka T3 of Cz550 vir 7 x 64mm??
Posted: Tue Aug 23, 2011 4:17 pm
by Danie01
Hallo manne
Na n lang gelees en debad het ek op n 7 x 64mm besluit. Al wat nou sleg is van my keuse is dat die Amerikaners nie regtig die kaliber vervaardig nie en ek beperk is tot fabrikate.
Watter een sal jul kies tussen die Tikka T3 Hunter en CZ550 De lux?
Tikka = +-R14500
CZ550 = +- R11500
Is daar dalk n ander fabrikaat waarna ek kan kyk?
Groete
Danie
Re: Tikka T3 of Cz550 vir 7 x 64mm??
Posted: Tue Aug 23, 2011 4:23 pm
by BLOK
Altwee fabrikate is baie goed en ek dink dit gaan maar neerkom op persoonlike keuse, wat ek sal doen as ek jy is ek sal altwee vat en voel in die skouer as die handelaar toelaat self paar skote skiet. Wat ek wel meer van hou van CZ is hulle meer classic look wat vir my baie goed by die kaliber pas.
Blok
Re: Tikka T3 of Cz550 vir 7 x 64mm??
Posted: Tue Aug 23, 2011 4:24 pm
by Raven
Danie,
Ek het 'n Tikka 25-06 en CZ 550 300WM. Altwee goeie gewere.
Tikka koop jy en skiet, CZ werk jy bietjie agterna(bedding) dan skiet jy, so jou pryse sal baie na aan mekaar wees op die einde.
Kies die een wat gemaklik pas by jou as jy hom optel. Tikka het ook lekker gladde aksie ;)
Raves
Re: Tikka T3 of Cz550 vir 7 x 64mm??
Posted: Tue Aug 23, 2011 4:56 pm
by Armand Steenkamp
Ek sal se gan eerder vir die Tikka!
Groetnis
Re: Tikka T3 of Cz550 vir 7 x 64mm??
Posted: Tue Aug 23, 2011 5:02 pm
by DWB
Tel albei op en kyk watter een pas in die skouer, ek is mal oor my CZ550 Lux
Re: Tikka T3 of Cz550 vir 7 x 64mm??
Posted: Tue Aug 23, 2011 7:07 pm
by Pumba30-06
Naand Danie
Ek self besit 'n .243 wat n Remington model 700 en 'n 30-06 BRNO Delux. My pa se twee gunsteling gewere is sy 9,3x62mm Tikka en sy 7x57 CZ550 Lux. Al twee skiet ongelooflik lekker en is baie akkuraat. Albei het baie lekker aksies en en die afwerking is baie netjies. Tussen die twee gaan dit oor persoonlike smaak gaan en hoe die geweer le in jou skouer. In die nuwe SA Jagters het die Skietwinkel (as ek reg onthou) nou die CZ gewere vir by die R10 000. Vir my persoonlik sal ek vir die CZ gaan want vir die prys verskil kan jy al n lekker teleskoop opsit.
Groete
Jurgens
Re: Tikka T3 of Cz550 vir 7 x 64mm??
Posted: Wed Aug 24, 2011 8:22 am
by 300Winmag
Ek het R 10 750 vir my CZ550 verlede maand by Hot Power betaal (011 - 660 2420)
Maar ek wag nog vir my lisensie so ek kan nog nie s? hoe hy skiet nie ...

Re: Tikka T3 of Cz550 vir 7 x 64mm??
Posted: Wed Aug 24, 2011 8:36 am
by Danie01
More manne
Dankie vir die insette. Ek het vanoggend n prys by Camdix gekry van R11900 vir die Tikka T3!!! Ek dink ek wil vir tikka gaan maar moet eers soos jul se n bietjie aan altwee kalibers gaan voel.
Ek is nou skoon opgewonde!
Ek het op net bietjie gekyk na gewere, Tikka lyk vir my mooi, asook die CZ550 se Ebony edition (weet nie of mens hierdie spesifieke een sal kry nie), maar laat ek maar altwee voel en pas!!
Groete
Danie
Re: Tikka T3 of Cz550 vir 7 x 64mm??
Posted: Wed Aug 24, 2011 9:03 am
by Danie01
ek weet nie of dit n groot verskil gaan maak nie: Die Tikka T3 se loop is 570mm en die CZ550 se loop lengte is 600mm. Ek dink alby het n 1 in 10 twist en weeg dieselfde.
Gaan daardie verskil in looplengte n groot invloed he?
Groete
Danie
Re: Tikka T3 of Cz550 vir 7 x 64mm??
Posted: Wed Aug 24, 2011 9:28 am
by Raven
Danie,
Alle Tikkas het 'n 23.8" loop so ver my kennis strek, hulle is nooit presies 24".
Moet nie dat dit jou pla nie, hulle skiet 'n bars hou en dis al wat saak maak, so uit die boks uit.
Raves
Re: Tikka T3 of Cz550 vir 7 x 64mm??
Posted: Wed Aug 24, 2011 9:32 am
by Danie01
Dankie Raven, ek het op forum ander posts ook gelees en gesien dat die lengte van die loop nie so groot verskil in spoed het nie, maar wel n voordeel van langer loop, behalwe as mens wil walk and stalk.
Groete
Danie
Re: Tikka T3 of Cz550 vir 7 x 64mm??
Posted: Wed Aug 24, 2011 9:55 am
by Danie01
Ek sien in die Sa Jagter/Hunter adverteer die skietwinkel CZ550 vir R9975.
Pryse begin al hoe beter lyk en ek sal sommer n terminater by my oorspronklike budget kan insluit!
Groete
Danie
Re: Tikka T3 of Cz550 vir 7 x 64mm??
Posted: Wed Aug 24, 2011 11:39 am
by herley
Danie01
Goeie besluit oor daardie KD