Page 1 of 1
LED light bar
Posted: Tue May 02, 2017 5:25 pm
by Glock17JLS
Manne ek is in die mark vir 'n 40cm LED light bar... is dit die geld werd? En is dit beter as 2 spots?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: LED light bar
Posted: Tue May 02, 2017 7:26 pm
by Askari
Ek luister saam....
Re: LED light bar
Posted: Wed May 03, 2017 1:17 pm
by Alwin
Lees maar eers bietjie op oor die LED ligte. Sover ek verstaan, gee die meeste van hulle nie die volle spektrum lig nie, wat maak dat jy moontlik nie sekere obstruksies soos bv. slaggate en donkies kan raaksien nie. Gewone "spots" met H4 gloeilampe sien die goed glo beter.
Die LED ligte werk wel beter op die teksiedrywers se oƫ!

Re: LED light bar
Posted: Wed May 03, 2017 1:21 pm
by Carl
Ek sien alles met my LB

Ek het wel amper 'n Waterbokbul so 30km voor Alldays amper gemis-helder oor dag.
Re: LED light bar
Posted: Thu May 04, 2017 6:50 am
by blaser
het vir jou een vir R1500
Re: LED light bar
Posted: Fri May 12, 2017 1:14 pm
by Glock17JLS
blaser wrote:het vir jou een vir R1500
Hi Blaser, watse size is hy? En maak?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: LED light bar
Posted: Sat May 13, 2017 6:20 pm
by blaser
Re: LED light bar
Posted: Sat May 13, 2017 6:25 pm
by blaser
dis n bravop ix 266
55cm lank
Re: LED light bar
Posted: Sat May 13, 2017 7:32 pm
by joe rocket
Ek het vir jou twee. Moenie vra nie dis n bargain. Hulle is 900mm lank.
Altwee vir R500.
Re: LED light bar
Posted: Sat May 13, 2017 7:37 pm
by Heinz Petersen
joe rocket wrote:Ek het vir jou twee. Moenie vra nie dis n bargain. Hulle is 900mm lank.
Altwee vir R500.
Ek stel belang. Sit n foto op.
Re: LED light bar
Posted: Sat May 13, 2017 7:43 pm
by joe rocket
Hulle lyk so

Re: LED light bar
Posted: Sat May 13, 2017 8:48 pm
by JDKey
joe rocket wrote:Hulle lyk so

LMGA!!
Re: LED light bar
Posted: Mon May 15, 2017 12:46 pm
by Alwin
joe rocket wrote:Hulle lyk so

Is die "inverter" ingesluit?

Re: LED light bar
Posted: Mon May 15, 2017 1:43 pm
by Stefan Fourie
Vir die besoekers aan Namibiƫ, LED spotlights word nie toegelaat op voertuie op ons paaie nie. Die owerheid weet nie eintlik of hulle dit wil toelaat of nie, maar as jy by 'n padblokade voorgekeer gaan word gaan daai lot jou nie laat deurgaan sonder dat jy die ligte verwyder het nie. Moet dit noem, die een klomp laat jou deur en die volgende span stop jou weer daaroor. Al is hy met 'n cover oorgetrek, hy mag nie op jou voertuig wees nie.
Re: LED light bar
Posted: Mon May 15, 2017 3:00 pm
by Ratel
Soos ek verstaan kry jy LB wat sprei voor die kar en dan die wat 'n straal gooi. Ek het vir my 'n 40 LED 120w bar opgesit wat 'n straal gooi. Dis beslis een van die beter kopies wat ek nog gemaak het. As jy baie in die nag ry bederf daai straal jou. Jy sien voetgangers en wild baie ver.
Om jou vraag te antwoord. My LB is sterker as die twee spots wat ek op my vorige voertuie gehad het maar ek moet byse dit was gewone halogen gloeilampe. Ek voel dis die geld werd. En dis nie meer so duur soos toe dit op die mark gekom het nie.
Re: LED light bar
Posted: Mon May 15, 2017 3:44 pm
by ANDRIES
Ek het gehoor hulle wil by ons dit ook verbied soos in Namibie
Re: LED light bar
Posted: Tue May 16, 2017 7:17 am
by Vleisie
Andries hulle het begin in sekere provinsies dit klaar doen.
Ek weet van 2 ouens wat op persoonlike voertuie en 1 werks voertuig wat ligh bars op het, wat die verkeers beampte die voertuie laat deregistreer het. Rede wat gegee is, die voertuie is nie padwaardig nie. Met nie te veel baklei het hulle dit darm reg gekry om registrasies te behou, maar is jy rerig lus vir dit? Net iets om in gedagte te hou.
Re: LED light bar
Posted: Thu May 25, 2017 8:39 am
by Jjjbay
Ek verkoop hulle en het self op altwee my voertuie. Sal nie sommer sonder hulle ry nie..
Re: LED light bar
Posted: Thu May 25, 2017 8:12 pm
by Glock17JLS
Jjjbay wrote:Ek verkoop hulle en het self op altwee my voertuie. Sal nie sommer sonder hulle ry nie..
Stuur asb bietjie jou LED ligte se details en pryse asb...
Punishingsteel@gmail.com