Page 1 of 1
Rooikat het 9 lewens en verdedig homself!
Posted: Tue Aug 23, 2011 9:47 am
by foxripper
Manne, jul gaan my nie glo nie maar dit het rerig gisteraand gebeur.
My skoonpa was oppad van die dorp af en naby aan die plaas, hol Mr Rooikat oor die pad en beland onder die Hilux se wiele. Hy stop toe, tel hom op en gooi hom agterop. Hy se toe hy hom opgooi, het die kat sulke gape gegee..jul weet mos, daai dooie gape. Toe hy by die huis kom, maak hy die kappie oop om n Box vet uit te haal en daar gryp die rooikat hom aan die arm en byt hom. Gelukkig het hy n dik baadjie aangehad en die kat het nie veel skade gemaak nie maar toe pluk hy hom uit en toe beland die kat, onder die kake van 3 pitbulle, en toe is dit sy einde.
PS: Gelukkig het daai kat nie in daai box skaapvet ingevaar nie.
Re: Rooikat het 9 lewens en verdedig homself!
Posted: Tue Aug 23, 2011 10:29 am
by Frikkiedbr
Sjoe dit is interessant, ja nee kyk daai 8 ander lewens het hulle moses tee gekom met die pitbulle.
Daar staan ta nie kans nie.
Groete
Frikkie
Re: Rooikat het 9 lewens en verdedig homself!
Posted: Tue Aug 23, 2011 9:01 pm
by theedge
so kom hulle toe tot n einde

Re: Rooikat het 9 lewens en verdedig homself!
Posted: Wed Aug 24, 2011 8:29 pm
by Nico de Jager
Jis Manne
Ek het een oggend vroeg n rooikat gevang en sommer met n kierie weggehelp. As ek nou mooi terugdink het hy ook so paar gape gegee. Ek het hom (en die kierie) agterop die bakkie gegooi. Dit was die dag veeveiling en kat is saam en almal het hom bewonder. Die middag seker so 14h00 net toe ek wegtrek huis toe spring ta af en tussen die mense in. Ek moes ma die kierie gryp en onder groot aanmoediging my halwe werk oordoen.
Groete
Ribbok
Re: Rooikat het 9 lewens en verdedig homself!
Posted: Wed Aug 24, 2011 10:03 pm
by C.J.
Dis 'n mooi sporie Ribbok

[url=http://;D]

[/url]
C.J.
Re: Rooikat het 9 lewens en verdedig homself!
Posted: Thu Aug 25, 2011 8:09 am
by .220 Swift
'n Vriend van my het eendag 'n rooikat hoog op teen 'n berg hom in die sonnetjie sien sit en warm maak. Soos katte mos maar doen. Een skoot en daar le die kat. Lank gevat om tot by die lyk te klim. Tel die kat aan die stert op - hy's dood. Kannie eintlik sien waar die koeel deur is nie. Sy selfoon lui - vriend van hom. Hou die selfoon met die een hand teen die oor en met die ander hou hy die kat aan sy stert in die lug - al geselsend om vir sy pel van die gelukskoot te vertel en nee, hy kannie sien waar die skoot hom getref het nie...toe daai kat lewe kry! So dans hy in die rondte om die ding van sy lyf te hou, die een hand nog steeds besig om die selfoon vas te hou en vir sy vriend 'n "running commentary" te gee van wat aan die gebeur is en met die ander hand elke nou en dan die kat se kop teen die grond te slaan - kompleet soos jy 'n vuur sou doodslaan.
Na die tyd sou hy toe uitpluis wat gebeur het - hy't mis geskiet - 'n klip getref wat soos 'n handgranaat ontplof het en die kat tydelik uitgeknikker het.