Page 1 of 1
Klein Karoo
Posted: Sat Apr 29, 2017 8:12 pm
by Klein Karoo
Goeie-naand manne, hoop dit gaan goed met almal.
Wil graag my self voorstel, ek loer al n hele tyd lank hier maar nog nie self behoorlik voor gestel nie, Ek is woonagtig in die tuin roete en soos julle het ek n groot liefde vir die natuur met sy pragtige diere, glo ek sal baie kan leer en moontlik bydrae.
Lekker naweek vir almal.
Okkie
Re: Klein Karoo
Posted: Sat Apr 29, 2017 8:31 pm
by jaracal
Welkom Okkie
Glo jy sal dit geniet by ons en deel jou wedervaringe
Groete
Re: Klein Karoo
Posted: Sat Apr 29, 2017 9:31 pm
by Heinds
Lekker Okkoe, welkom hier!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Klein Karoo
Posted: Sat Apr 29, 2017 10:05 pm
by Pieter_Brink
Welkom Okkie. Waar in die tuinroete bly jy en wat is jou stokpertjies.
Groete
Pieter
Re: Klein Karoo
Posted: Sat Apr 29, 2017 11:46 pm
by Klein Karoo
Ek is n George man, stokperdkies is die natuur, veld, die lieflike klein karoo, daai reuk van die bossies!
Re: Klein Karoo
Posted: Sun Apr 30, 2017 12:23 am
by Jurgen Visser
Welkom ja , jy is mos in die prime Bosbok area daar ? jy sien darem seker nog gereeld daai pragtige ramme ? daar is darem niks mooier as 'n Bosbok ram in my oe nie
Re: Klein Karoo
Posted: Sun May 07, 2017 1:27 pm
by Jjjbay
Hello Okkie
Ek oor maar nuut hier op die forum, maar ek wens jou baie voorspoedige jagte en tye op die baan toe.
Ek is mal oor julle pragtige skietbaan daar in George.
Groete
JJ
Re: Klein Karoo
Posted: Sun May 07, 2017 3:15 pm
by 243Songdaug
Welkom. Bitter mooi forum naam wat jy gekies het.
Re: Klein Karoo
Posted: Sun May 21, 2017 10:56 am
by neef
Welkom vertel biekie meer van jou self. Geweer of boog jag of dalk net skiet met die kamera. Groete neef
Sent from my LG-H735 using Tapatalk