Page 1 of 2
Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 10:36 am
by emdebeer
Goeiemôre
Ek is op soek na n nuwe taktiese teleskoop. Ek soek n "kersfees boom" FFP retikel, soortgelyk aan Vortex se EBR-2C of Bushnell se G2DMR of soortgelyk. Ek soek baie goeie glas en goeie meganika (herhaalbare verstelling). n Goeie waarborg en ondersteuning van die agente is belangrik. Ek het tans 2 Vortex PST 6-24 scopes waarmee ek redelik gelukkig is maar ek sal graag iets wil koop wat opties beter is. Ek wil so n teleskoop hoofsaaklik gebruik vir vêr skiet naamlik 400-1600m. Vergroting tot 25X sal goed wees maar ek dink ook aan n vaste vergroting teleskoop van ongeveer 16X vergroting. My huidige teleskope is almal 30mm buise. Hoe groot verskil maak n 35mm of selfs n 40mm buis? As dit my sal help om makliker my eie skote te kan "spot" sal dit nogal voordelig wees.
Ek sal kyk na enige iets in n prysklas van middel R30k's.
Sal graag wil hoor wat julle aanbeveel, wie waarmee skiet en wat jule dink ek moet oorweeg (of NIE oorweeg nie).
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 10:48 am
by savage(P Coetzer)
Die us optics wat Jacques nou teen R38k verkoop gaan jy baie moeilik klop!!
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 10:55 am
by emdebeer
savage(P Coetzer) wrote:Die us optics wat Jacques nou teen R38k verkoop gaan jy baie moeilik klop!!
Ek moet sê, dit klink soos n goeie deal. Ek kry nie regtig enige toetse van hom op die internet nie. Daar is wel ouer US Optics modelle wat getoets word en wat redelik goed presteer. Het enige iemand persoonlike ervaring van die B25?
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 11:02 am
by Swede
Wat van March scopes wat Geno verkoop
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 11:08 am
by emdebeer
Swede wrote:Wat van March scopes wat Geno verkoop
Ek weet eintlik bitter min van March scopes af. Die enigste toets wat ek kon kry waar hulle n March actical scope getoets het het hy 17de gekom in n toets van 18 scopes. Nie baie inspirerend nie...
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 11:27 am
by Toyrsi
Vir die prys sal jy nie sommer die US Optics klop nie.
Dan was hier n Vortex Golden Eagle ,glo hy sal ook mooi loop.
IOR sal ook werk.
Hoop jy kry iets.
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 11:33 am
by emdebeer
Toyrsi wrote:Vir die prys sal jy nie sommer die US Optics klop nie.
Dan was hier n Vortex Golden Eagle ,glo hy sal ook mooi loop.
IOR sal ook werk.
Hoop jy kry iets.
Dankie man! Die US Optics klink soos n goeie scope en n goeie koop.
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 11:44 am
by win270
As jy kan, gaan maak 'n draai by Huntex 2017 in Midrand - oop tot e.k. Maandag. Daar behoort jy meeste verskaffers onder een dak te kan ontmoet en dan kan jy vergelyk. Pryse is gewoonlik ook effens laer as by die winkels na die tyd.
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 11:46 am
by 6mmMusgrave
As jy belangstel kyk na die Burris Veracity ook dis n bul van n scope hulle gaan vir R16900 vir 5-25x50.
Groete
Jacques
Point Blank Hunting
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 11:48 am
by emdebeer
win270 wrote:As jy kan, gaan maak 'n draai by Huntex 2017 in Midrand - oop tot e.k. Maandag. Daar behoort jy meeste verskaffers onder een dak te kan ontmoet en dan kan jy vergelyk. Pryse is gewoonlik ook effens laer as by die winkels na die tyd.
Wens ek kon maar dit is ongeskik 'n opsie nie.
Sent from my SM-N910F using Tapatalk
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 11:49 am
by emdebeer
6mmMusgrave wrote:As jy belangstel kyk na die Burris Veracity ook dis n bul van n scope hulle gaan vir R16900 vir 5-25x50.
Groete
Jacques
Point Blank Hunting
Dankie Jacques.
Sent from my SM-N910F using Tapatalk
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 1:42 pm
by 6.5/284Norma
http://precisionrifleblog.com/2017/03/0 ... -pros-use/
Kyk hier.
Ek het die Kahles. Vir dit wat jy betaal teenoor die ander gaan jy sukkel om beter te kry.
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 2:04 pm
by emdebeer
Wat kos die Kahles en wie is die agente? Is jy gelukkig met joune?
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 2:55 pm
by 6mmMusgrave
Wat jou budget op die scope.
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 3:04 pm
by emdebeer
6mmMusgrave wrote:Wat jou budget op die scope.
Middel R30k's.
Sent from my SM-N910F using Tapatalk
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 3:27 pm
by 6mmMusgrave
Kan vir jou n swarovski 5-25x52 BRH gee teen R29000
Groete
Jacques
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 3:54 pm
by emdebeer
6mmMusgrave wrote:Kan vir jou n swarovski 5-25x52 BRH gee teen R29000
Groete
Jacques
Dankie Jacques maar ek soek baie meer vertikale verstelling.
Sent from my SM-N910F using Tapatalk
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 3:58 pm
by 6mmMusgrave
Dooodreg so my vriend. Kyk na die 5x van swarovski ook. Buite jou budget maar jy gan klaar groot gan dan heel groot. Groete Jacques
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 4:14 pm
by 6.5/284Norma
emdebeer wrote:
Wat kos die Kahles en wie is die agente? Is jy gelukkig met joune?
Optics International of Die Kruitvat.
Tussen R43 en R45k.
Soos 'n kat wat melk gekry het!
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 4:15 pm
by emdebeer
6mmMusgrave wrote:Dooodreg so my vriend. Kyk na die 5x van swarovski ook. Buite jou budget maar jy gan klaar groot gan dan heel groot. Groete Jacques
Dankie Jacques, sal bietjie kyk.
Sent from my SM-N910F using Tapatalk
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 4:34 pm
by emdebeer
6.5/284Norma wrote:emdebeer wrote:
Wat kos die Kahles en wie is die agente? Is jy gelukkig met joune?
Optics International of Die Kruitvat.
Tussen R43 en R45k.
Soos 'n kat wat melk gekry het!

dankie man, sal bietjie kyk.
Sent from my SM-N910F using Tapatalk
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 5:17 pm
by Sangoma (IAN)
Ek glo ook niks gan daai nuwe US Optics klop vir daai prys nie
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 5:24 pm
by Arnold
IOR Recon?
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 6:17 pm
by emdebeer
Arnold wrote:IOR Recon?
Weet jy wat hulle kos Arnold?
Sent from my SM-N910F using Tapatalk
Re: Kort n nuwe scope!
Posted: Fri Apr 28, 2017 6:58 pm
by Diesel Dog
emdebeer wrote:Arnold wrote:IOR Recon?
Weet jy wat hulle kos Arnold?
Sent from my SM-N910F using Tapatalk
IOR 4-28 x50 gaan jou 2100 euro kos vervoer en ringe ingesluit al wat jy die kant moet betaal is btw.
http://cdn6.bigcommerce.com/s-trua4/product_images/uploaded_images/3-18x42.jpg?t=1422397857
As die US Optics scope n floating dot reticle ingehad het sou ek hom probeer het .