Page 1 of 1

Custom Comps

Posted: Thu Apr 27, 2017 10:00 am
by Trompie
Dagse manne

Ek wil graag hoor of iemand al met die 140gr CC in 6.5mm gejag het? Het nou forum gesearch en sien nie ñ thread oor dit nie.

Ek het laas jaar met 140gr Amax en 136gr Scenars baie lekker gejag. Daai scenars het regtig fantasties gewerk op als van springbok tot wildebees laas jaar.

Maar ek het onlangs CC load gekry wat bitter akkuraat is in my Creedmoor maar ekt nie idee hoe dik hulle jacket is en of ek eerder weer die scenars moet koop vir jag nie.
Probleem is ek jag einde van die maand saam my werksmense en almal wil met die Creedmoor ñ blesbok skiet...so dit gaan alles bladskote wees vir hulle en ek wil maar net weet of iemand die CC suksesvol gebruik vir jag. Kopskote en mooi bladskote weet ek sal hy werk...maar dis manne wat dalk 1 keer per jaar ñ bok skiet so dit gaan als "bladskote" wees...

Dankie
Martin

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Custom Comps

Posted: Thu Apr 27, 2017 10:16 am
by Capt. Yoda
Pinkes hier opi forum het baie bokke al met hulle geskiet, jou probleem is as hulle harde been slaan veral op nader afstand gaan hy daai blesbok blad verwoes. Amax en Scenar gaan selfde doen...jy moet hul ma se om kop of hoe nek te skiet anders sal jy maar na n sterker "jag" koel moet kyk

Re: Custom Comps

Posted: Thu Apr 27, 2017 10:48 am
by Trompie
Hulle moet maar kopskote/nek skiet dan. Ek het nie lus of tyd om load te develop vir iets anders nou nie. Thanx Siebert

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Custom Comps

Posted: Thu Apr 27, 2017 2:17 pm
by fanie.myburgh
Soos Siebert sê kop en hoë nek skote. As ek sien wat die CC 140gr uit my creedmoor en 168gr CC uit my 7x64 met bobojane maak op afstande <200m sal ek nie n bok opi blad wil skiet nie.
Groete

Sent from my E5823 using Tapatalk

Re: Custom Comps

Posted: Thu Apr 27, 2017 2:29 pm
by 308Win
Ek het nog net met 155gr in my 308 geskiet. Die resultate is wisselvallig. So elke nou en dan kry mens ene wat soos 'n soliede punt reageer en regdeur fluit.