[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1823: Undefined array key 243
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
JARACAL • SA Jagter Nasionale Spanskiet
Page 1 of 1

SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Mon Aug 22, 2011 3:49 pm
by KSV
Manne en Dames,

Ons was die naweek weer op Clocelaan om die Steenbok tak te verteenwoordig.

Ek wil net dankie se aan al die manne wat die relings en dag gereel het.  Julle mag maar!  dit was vir ons 'n hengse voorreg om weer daar te kon kom deelneem.

Ons het in die 28ste plek die kant toe gegaan en in die 8ste plek klaargemaak.

Hier is so fototjie van die Buccaneers van Steenbok tak.

[img width=560 height=420]http://i351.photobucket.com/albums/q467 ... CN0474.jpg[/img]

Wynand (Supremacy 168), Deon Compion, Jaco (243 Songdaug), Hein (KSV) en Johan Van Zyl.

Dankie weereens vir die manne van Bloem en Clocelaan namens die Buccaneers, sien julle hopelik volgende jaar weer.

Maak mooi!
Hein

Re: SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Mon Aug 22, 2011 6:24 pm
by JACQUES BOTHA
WELL DONE MATERS ..JULLE HET GEKOOK..
ONS KAN MAAR AMPER SE DIS N JARACAL SPAN DAAI MET DIKE KAPTEIN ON ONDERKAPTEIN VAN DIE FORUM?
GREETINGS
jACQUES

Re: SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Mon Aug 22, 2011 6:43 pm
by 300Winmag
Ag lekker man - ek sal wag tot ek daai Sweedjie het dan sal ek ook daai tabelle aanvat.

Re: SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Mon Aug 22, 2011 7:22 pm
by Gerhard
Netjies manne...

Re: SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Mon Aug 22, 2011 7:28 pm
by baboonstalker
Mooi man!

Vertel bietjie meer van die skiet? watter teikens, afstande, posisies, tyd ens.

Re: SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Mon Aug 22, 2011 9:11 pm
by Armand Steenkamp
KSV dit lyk dan of jy pose in die veltie posisie!!?

Groetnis

Re: SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Tue Aug 23, 2011 6:58 am
by Beyers
Welgedaan

Re: SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Tue Aug 23, 2011 9:36 am
by herley
Mooi gedoen KSV

Re: SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Tue Aug 23, 2011 10:36 am
by BLOK
Aitsa

Mooi gedoen, al is ek nog teleurgesteld omdat jy nie saam gekursus het nie

Blok

Re: SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Wed Aug 24, 2011 8:58 am
by Danie Lombard .243
Geluk Steenbok tak se manne,  Julle het puik gevaar. Van die beste.

Sommer so iets t.o.v. die skiet komp vir die manne van die forum wat belangstel in provinsiale en nasionale skiet komp. Gedurende die jaar het meeste van die 67 takke van SAJWV se skiet spanne deelgeneem aan die streeks intertak skiet komp waar 5 man skiet spanne op streeks vlak teen mekaar skouer geskuur het. 'n Totaal van 154 spanne, 770 skuts het op provinsiale vlak deelgenaam. Tydens die afgelope naweek se nasionale intertak span skiet komp te Clocolan was slegs die top 30 spanne van die 154 spanne genooi om te kan deelneem. Dus was dus die beste van die beste spanne van SAJWV se span skiet skuts wat deelgeneem het.


dv 17 Septemeber bied Vrystaat Sandveld tak die nasionale SAJWV president skiet komp aan. Tydens die skiet komp word die top 100 mans skuts, top 10 dames skuts, top 10 veteraan skuts sowel as die top 15 onder 13 skuts en die top 15 onder 16 skuts genooi om te mag deelneem aan die betrokke skiet komp. Tydens die komp word bepaal wie die beste SAJWV skut in die land is.

Re: SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Wed Aug 24, 2011 9:02 am
by PITSMIT
geluk hein

dis great om soveel plekke te spring se vir jou maters ook welgedaan

Re: SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Wed Aug 24, 2011 9:25 am
by Koos Barnard
Dags?
Ek het die skietdag te Clocolan namens Whylo (Swarovski) en Magnum bygewoon. Self nie aan die spanskiet deelgeneem nie maar is uitgenooi om die nuwe vlakvark oefening wat bekendgestel is te skiet. Die dag was 'n groot sukses en dankie aan almal wat my boek ook daar gekoop het, ek waardeer dit. Die organisasie was puik en ons het lekker gekuier. Klomp vriendelike manne (maar geweerskuts is mos altyd).
Die wenners was Pretoia-Oos se Swartwitpensspan wat bestaan het uit Hercules Louw, Dippies Dippenaar, Andr? vd Merwe, Flip en Anna-Marie van Tonder (die fraaie blondekop dametjie kan skiet!). Die Kwaggaspan van die Oos-Kaap (ek neem aan PE) was tweede.
Die vlakvarkskiet is na die prysuitdeling gedoen en het groot aftrek gekry. Dis 'n snelskiet oor 75, 50 en 25m en die uitslae was as volg:
1. Jan Taljaard (45.9) voltal
2. Koos Barnard (43.6)
3. Nico Starbuck (43.4)
Die .9 ens staan vir v-kolle
Groetnis

Re: SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Sun Sep 04, 2011 8:37 pm
by 243Songdaug
Hein.

Dankie vir die plaas van die post.

Koos - Baie geluk met jou prestasie op die Vlakvak tabel!  Goue balkie - is jy al lid van SA Jagters?

Ek glo nie Deon sal mind nie MAAR die span bestaan eintlik uit 80% Jaracal lede, nl:
Wynand - 168Supremacy
Deon Compion - 22-250 SAKO!!! Die blikskottel is 'n undercover jaracal lid!!!
Jaco - 243Songdaug
Hein - KSV
Johan van Zyl - nognie lid!

Soos jy s? die dag was weereens 'n reuse sukses - Stompie en sy span het regtig hul kant gebring.

Baboonstalker kan ek vir jou die tabelle e-pos?
In kort opgesom lyk dit as volg:

Tabel 1 - VLAKTE Tabel:
Teiken:  Springbok
Afstande:  300m en 200m

300m
Houding:  L?
Hulpmiddel:  bi-pod of kort graagbare driepoot,
Skote:  3
Tydsbeperking:  120 sek

200m
Houding:  L?
Hulpmiddel:  bi-pod of kort graagbare driepoot,
Skote:  3
Tydsbeperking:  120 sek


200m
Houding:  Sit
Hulpmiddel:  bi-pod of kort graagbare driepoot,
Skote:  3
Tydsbeperking:  120 sek

Tabel 2 ? BOSVELD
Teiken:  Blouwildebees / Zebra
Afstande:  150m, 100m en 50m

150m
Houding:  Kniel
Hulpmiddel:  Lang driepoot
Skote:  3
Tydsbeperking:  90 sek

100m
Houding:  Staan
Hulpmiddel:  Lang driepoot,
Skote:  3
Tydsbeperking:  90 sek

50m
Houding:  Staan
Hulpmiddel:  Geen ? slegs geweerband,
Skote:  3
Tydsbeperking:  30 sek


Baie interesant

Re: SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Sun Sep 04, 2011 9:20 pm
by Koos Barnard
243
Ek is al jare lid van SA Jagters
Groetnis

Re: SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Mon Sep 05, 2011 8:47 am
by KSV
Wil net vir Songdongelong geluk se! hy is ook vir die President skiet genooi!

Maak mooi!

Re: SA Jagter Nasionale Spanskiet

Posted: Mon Sep 05, 2011 3:48 pm
by 243Songdaug
Dankie ou maat!  Volgende jaar ry ons 'n dik span ouens hier af President skiet toe.

Jy het ook verdien om daar te wees.