Page 1 of 2

Beste budget teleskoop

Posted: Tue Apr 25, 2017 10:04 am
by Philip_L
More almal.
Ek weet die opskrif kan misleidend wees, want my budget en n ander ou se budget verskil heelwat.
Ek wil my .303 se teleskoop vervang en kyk tans na n paar opsies.

Hier is wat ek sover kom kry:
Vortex 4-12 x 40
Nikon Prostaff 4-12 x 40
Lynx 3-9 x 38
Rudolph H2 3-9 x 40
Leupold VX 1 3-9 x 40

Almal is so tussen 3 en 4k.

Sal jul opinies op hierdie en ander voorstelle ook waardeer.

Dankie

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Tue Apr 25, 2017 10:15 am
by Ashley
Ek het n Nikon Prostaff 4-12 x40 op my 7x57.
Vind hom mooi helder, met genoeg "eye relief".

Ek kannie oor die ander kommentaar lewer nie.

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Tue Apr 25, 2017 10:15 am
by Swede
Kyk na die scopes wat Geno hier verkoop, dan het jy nog geld oor vir poeier en koele ;D

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Tue Apr 25, 2017 11:07 am
by Hercules Louw
Philip, ek het vir jou 'n 3-9x40 LX2 Lynx teleskoop wat ek nie gebruik nie en wat basies nog splinter nuut is. Jy kan hom kry vir R3500.

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Tue Apr 25, 2017 12:09 pm
by LoopSoosStroop
philipluwes wrote: Nikon Prostaff 4-12 x 40
Dis hy wat ek sou vat, fantastiese scope vir die geld. Mens kan hom by plekke kry vir net by die R3000, selfs onder (Savuti, Technopro).

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Tue Apr 25, 2017 12:10 pm
by matewis
Swede wrote:Kyk na die scopes wat Geno hier verkoop, dan het jy nog geld oor vir poeier en koele ;D
jip

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Tue Apr 25, 2017 12:11 pm
by Swede
LoopSoosStroop wrote:
philipluwes wrote: Nikon Prostaff 4-12 x 40
Dis hy wat ek sou vat, fantastiese scope vir die geld. Mens kan hom by plekke kry vir net by die R3000, selfs onder (Savuti, Technopro).
Is sy glas beter as die Lynx?

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Tue Apr 25, 2017 12:34 pm
by LoopSoosStroop
Swede, dis maar 'n subjektiewe ding maar ek persoonlik sou so sĂȘ ja.

Sy turrets het ook 'n "zero" funksie waar hy oplig en draai en dan neersit, baie handig.

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Tue Apr 25, 2017 2:18 pm
by Philip_L
LoopSoosStroop wrote:
philipluwes wrote: Nikon Prostaff 4-12 x 40
Dis hy wat ek sou vat, fantastiese scope vir die geld. Mens kan hom by plekke kry vir net by die R3000, selfs onder (Savuti, Technopro).
Ek neig ook nogal soontoe. Het n Monarch op my .270 en baie gelukkig met hom.
Die 12x vergroting is effens oorbodig vir die bos, maar is lekker vir lading ontwikkeling. Veral as jy bietjie verder skiet.

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Tue Apr 25, 2017 2:21 pm
by Swede
philipluwes wrote:
LoopSoosStroop wrote:
philipluwes wrote: Nikon Prostaff 4-12 x 40
Dis hy wat ek sou vat, fantastiese scope vir die geld. Mens kan hom by plekke kry vir net by die R3000, selfs onder (Savuti, Technopro).
Ek neig ook nogal soontoe. Het n Monarch op my .270 en baie gelukkig met hom.
Die 12x vergroting is effens oorbodig vir die bos, maar is lekker vir lading ontwikkeling. Veral as jy bietjie verder skiet.
Dus hoekom hy 4-12 vergroting is ;) gebruik hom op vergroting soos benodig, ek dink dit is die ideale scope vir die bos ;D

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Tue Apr 25, 2017 3:12 pm
by Hein22
My twee keuses sou of die Nikon gewees het of die Lynx van Hercules. Jy sal nie fout maak met een van die twee nie.

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Wed Apr 26, 2017 6:09 am
by Danie01
Ek sou Lynx vat, hulle naverkope diens en herstel was baie goed gewees. My swaer het sy verstelknop te ver of te hard gedraai en afgedraai. Ons het hom lynx toe gestuur, hulle het die teleskoop herstel teen geen koste nie en dit het als binne n week gebeur. Wel gedaan lynx.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Wed Apr 26, 2017 6:52 am
by Arnold
Ek sou lynx gaan vir diens, glas is ook nie sleg nie.

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Wed Apr 26, 2017 8:01 am
by Capt. Yoda

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Wed Apr 26, 2017 9:04 am
by Philip_L
Capt. Oblivious wrote:Kyk hier ook

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=171&t=56561
Dankie, sal gaan loer.

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Fri Apr 28, 2017 11:53 am
by Boesman10
Die beste budget teleskoop is die Burris Eliminator III wat van my verkoopte wapen afgekom het en jou net R16k gaan kos


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Fri Apr 28, 2017 4:17 pm
by 6.5/284Norma
Kyk na die Burris Veracity en die Meopta reeks.

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Fri Apr 28, 2017 4:30 pm
by win270
Hercules Louw wrote:Philip, ek het vir jou 'n 3-9x40 LX2 Lynx teleskoop wat ek nie gebruik nie en wat basies nog splinter nuut is. Jy kan hom kry vir R3500.

Goeie aanbod. Ek dink die waarborg word ook net so oorgedra in so 'n geval.

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Fri Apr 28, 2017 7:37 pm
by Philip_L
Dankie, almal.
Ek het toe die Prostaff gekry by S&O. Reeds opgesit en hoop om erens die naweek hom gou te gaan instel.

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Sat Apr 29, 2017 7:16 am
by Swede
Geluk, laat weet wat dink jy daarvan

Sent from my D6603 using Tapatalk

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Sat Apr 29, 2017 7:34 am
by BeesBreet
Geluk Philip, vir die manne wat ook soek vir n "budget/bargain"... Kyk gerus na die "wildgame" telescope wat G&G bemark... Ek het gister die 2.5-10x50 gekoop, vir R2250. Hy kom met n illuminated dot op die plex reticle en dan nog n lewens waarborg vir die eerste eienaar. Ek het een gekoop om diens op my bakkie/Werk (30-06) geweer te doen...

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Sat Apr 29, 2017 3:54 pm
by Sako308
BeesBreet wrote:Geluk Philip, vir die manne wat ook soek vir n "budget/bargain"... Kyk gerus na die "wildgame" telescope wat G&G bemark... Ek het gister die 2.5-10x50 gekoop, vir R2250. Hy kom met n illuminated dot op die plex reticle en dan nog n lewens waarborg vir die eerste eienaar. Ek het een gekoop om diens op my bakkie/Werk (30-06) geweer te doen...
Hi Beesbreet,

Die Wildgame 2.5 - 10 x 50 klink na 'n goeie opsie vir my .308 wat tans 'n vaste 4 x 50 scope op het. Die lewenslange waarborg gee vertroue in onbekende handelsmerk. Wie is die agente en waar het jy die teleskoop aangeskaf?

Groete

Mike

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Sat Apr 29, 2017 3:56 pm
by BeesBreet
Ek het myne net gister op Huntex by G&G varminting gekoop. Jy kan vir Geno hier op die forum kontak hy sal jou kan help!

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Sat Apr 29, 2017 6:42 pm
by LoopSoosStroop
Jammer mens kry nie die Wildgame met 'n 40 mm objektief nie.

Re: Beste budget teleskoop

Posted: Wed May 03, 2017 11:14 am
by Swede
philipluwes wrote:Dankie, almal.
Ek het toe die Prostaff gekry by S&O. Reeds opgesit en hoop om erens die naweek hom gou te gaan instel.
Kon jy al met hom geskiet het?