Page 1 of 1
Mielies
Posted: Thu Jan 01, 2009 10:22 pm
by johan
As iemand in die isten cape probleme het met bosvark in jou mielies,kontak my asb,ek het in 2008 17 van die pesdiere uitgeroei met n bekende hondemeester se hulp.En die varke eet nie sleg nie,die reels hier is eenvoudig; vreet my mielies en ek eet jou!
Terloops vir die groenes,die honde byt nie die varke nie,hulle jaag hulle op uit hul neste en dan skiet ons die varke met gewere dood.
Ek weet die mielies is nou eers 2voet hoog,maar een van die dae is die koppe aan en dan fees vark se kind.
Re: Mielies
Posted: Thu Jan 01, 2009 10:35 pm
by jaracal
johan wrote:
isten cape
Hi Johan, ek laaik jou spelling, skryf soos jy dit hoor. jy het seker baie ge-mix-ed of ge-sms. Ek sien my dogter -hulle skryf so, nogal vinnig.

hou so aan, ek leer nog.

Groete
Hein
Re: Mielies
Posted: Thu Jan 01, 2009 11:35 pm
by johan
Hein
In die isten Cape is ons so bietjie agter die klip,so die slag as Sukkelkom my internet bo ontrent 12 of so het moet ek laat waai en my praat klaar praat,voor ek vir die volgende 10dae nie toegang het nie.
Verder gebeur hier nie veel nie,en ons drink turksvymampoer.(dis nou ons provinsiale drankie)
Re: Mielies
Posted: Fri Jan 02, 2009 10:35 am
by johan
Ons drink nie regtig daai goed nie,dis maar wat almal glo ons doen.
Re: Mielies
Posted: Sat Mar 14, 2009 10:36 pm
by Ambessa
Hallo Johan
Nou eers jou "isten Cape" stuk gelees.
Glo jy die "Terloops vir die groenes,die honde byt nie die varke nie,hulle jaag hulle op uit hul neste en dan skiet ons die varke met gewere dood." gaan deur hulle geglo word?
Daar is baie van die ouens (oralste in die land) wat glo honde word gebruik om die wilde diere dood te byt. Ander glo weer die honde moet nie in sulke wrede/gevaarlike posisies geplaas word nie.
Hoe nou gemaak as die gebruik van honde wel help of die enigste metode is om die spesifieke diere wat skade veroorsaak te troef?
Laat weet bietjie
Ambessa
Re: Mielies
Posted: Fri Apr 24, 2009 7:15 pm
by Boogskutter
Verwys my na iemand waar ek `n Weimaraner hondjie kan kry om op te lei om my te help bloedspoor te volg as ek `n bok met `n boog geskiet het?
Re: Mielies
Posted: Wed Oct 26, 2011 12:51 pm
by Hugo Vermaak
Ek dink 'n Rhosesiese Rifrug gaan n beter spoorsny hond wees ?