Page 1 of 1

10-skoot magasyn vir BRNO 308?

Posted: Sat Apr 22, 2017 4:44 pm
by Ds J
Goeiemiddag, ek het 'n 1966-model BRNO ZKK601 in 308 en speel met die idee om 'n 10-skoot magasyn
op te sit - baie soos wat 'n mens met die Howa- of Remington gewere kry.

Die geweer het nie 'n verwyderbare magasyn nie, net 'n vloerplaat wat kan losknip en uitswaai.

Bestaan daar so n moontlikheid?

Re: 10-skoot magasyn vir BRNO 308?

Posted: Sat Apr 22, 2017 5:35 pm
by Gawie(13mm)
Nie sover ek weet nie, maar indien jy Dissen enginering kontak, kan hul dalk vir jou iets prakseer.
Ek dink daar is heelwat manne wat op daai wa sal spring.

My vraag is net; hoekom soek jy 'n 10 skoot magesyn?

Re: 10-skoot magasyn vir BRNO 308?

Posted: Sat Apr 22, 2017 7:51 pm
by TSG
Disen do bottom metal replacement for Howa, Remington, Tikka and AI clone bottom metal for Howa, Remington, RSA and Sabatti but not Brno.

Sent from my SM-G935F using Tapatalk

Re: 10-skoot magasyn vir BRNO 308?

Posted: Sat Apr 22, 2017 8:24 pm
by tripodmvr
Ek gebruik 'n 5 skoot magasyn in my 303 om nie 'n blaasoppie effek met die' geweer te he nie. Die 10 skoot magasyne is heel gepas vir oorlog voer, maar vir jag sien ek nie die nodigheid nie.

Re: 10-skoot magasyn vir BRNO 308?

Posted: Sat Apr 22, 2017 10:11 pm
by Ds J
Die geweer vat 5 skote in die magasyn en dis meer as genoeg vir normale jagtoestande. Die verlengde magasyn is eintlik maar 'n snaaksigheid en ek dink dit kan dalk handig te pas kom vir oefensessies. Ek hoop werklik dat ek dit nooit sal nodig hĂȘ nie.