Page 1 of 1
Algemene doeleinde Blind
Posted: Wed Apr 19, 2017 2:37 pm
by JurieW
Na n bietjie snuffel en soek op die internet besluit ek toe dat R3000 te veel is om te betaal vir die winkel produkte wat nie een regtig voldoen aan die vereistes nie en ineklgeval aangepas moet word om te doen wat ek wil he hy moet doen.
Ek neem myself toe Kooperasie toe met n plan in my kop, koop 4 x 4m lengtes pvc conduit, verskeie hoeke en bruin streepsak. Minder as R400
Die resultaat hieronder, hoewel ek dink mens kon meer doen met die ontwerp, hierdie was meer en deels n experiment.
Foto 1: Alles opgevou in dra sak- 2.5 kg gewig
Foto 2: Grondseil- nie noodsaaklik nie
Foto 3: PVC conduit pype en hoeke
Foto 4: Raam opgeslaan
Foto 5: klaar produk
4 Jarige dogter vir skaal doeleindes
1.jpg
2.jpg
3.jpg
Re: Algemene doeleinde Blind
Posted: Wed Apr 19, 2017 2:39 pm
by JurieW
Die ander 2 Fotos
4.jpg
5.jpg
Re: Algemene doeleinde Blind
Posted: Wed Apr 19, 2017 4:46 pm
by .270 Man
Baie netjies man en eenvoudig.
Laat weet as jy die eerste een laat val het.

Re: Algemene doeleinde Blind
Posted: Wed Apr 19, 2017 6:35 pm
by Flip Nel
Baie nice
Re: Algemene doeleinde Blind
Posted: Wed Apr 19, 2017 8:54 pm
by theedge
Baie nice
Re: Algemene doeleinde Blind
Posted: Wed Apr 19, 2017 10:50 pm
by tripodmvr
Wat wil jy so sit-sit bekruip? Oulike en eenvoudige konsep.
Re: Algemene doeleinde Blind
Posted: Thu Apr 20, 2017 7:09 am
by JurieW
Kraaie, Egyptian geese, wilde makoue, en enige iets anders wat loop en koring plantjies vreet waar hy nie toestemming nie.
Ek het n Kennisgewing bord binne die blind en n register vir alle problem diere wat wil aansoek doen vir toestemming om koring plantjies te eet. So dis meer as regverdig. Maar as hulle glo dat hulle nie hoef aansoek te doen vir toestemming nie dan moet hulle maar die gevolge van die .223 dra.
groete

Re: Algemene doeleinde Blind
Posted: Fri Apr 21, 2017 1:56 pm
by Johan7
Onthou net die waarskuwingskoot heel eerste - jy mag dalk die buurplaas se plaaswerker tussen die blaaie pot - soos daai ander ou gemaak het!
Re: Algemene doeleinde Blind
Posted: Fri Apr 28, 2017 7:09 am
by JurieW
Nee, nee sal darem nie so iets aan jaag nie. Mens kyk mos maar wat die patron se vlieg patron sal wees. Ek skiet die ganse met die .223 so die koeel gaan gewoonlik deur die dier. Dus is n veilige backstop noodsaalklik voor die sneller getrek word.
Moet se ek het n tarentaal eenkeer op 300m gevat met die koeel in die rug wat ek kon terug kry. PMP soft point 55gr. Die smaak van die Kerrie was daai dag net lekkerder.
groetnis