Page 1 of 1

This is HOWA HOWA do it

Posted: Sun Aug 21, 2011 8:36 pm
by douw
[img width=560 height=420]http://i1130.photobucket.com/albums/m52 ... C00853.jpg[/img]

Ek wil net eers bietjie agtergrond verskaf voor ek 'n foto van gister se teiken skiet opsit.

Ek het tot dusver toe in my lewe niks meer as 30 skote met 'n jaggeweer geskiet nie. Ek het ongelukkig niemand in my familie of vriendekring wat my kan help met instel ens nie. Ek het darem goeie raad op die forum gekry oor hoe om 'n teleskoop in te stel ens.

Ek het toe gister my splinternuwe Howa 300wm met 4.5-14 x 42 Burris telskoop uitgevat na Krokodilspruit skietbaan. (Regtig baie lekker en netjies)

Ek het vir my 'n skiet"stand" gemaak om vanaf te skiet. Met die 300 het die ding egter die hele tafel rondgedans. Ek het toe by iemand 2 sandsakke geleen. Met die sakke het dit darem gelyk of ek elke keer na naastenby die selfde plek korrel.

Ek moes die teleskoop bietjie regs verstel, en het daarna 'n groepering gekry waarmee ek heel tevrede is. Ander manne sal lag vir die groepering, maar soos vroeer genoem ,is ek nou nie regtig 'n gesoute skut nie.

Ek sal so gou moontlik weer skietbaan toe om weer te probeer.


Groetnis Douw 

Re: This is HOWA HOWA do it

Posted: Sun Aug 21, 2011 8:37 pm
by douw

Re: This is HOWA HOWA do it

Posted: Sun Aug 21, 2011 10:14 pm
by bobby
douw
how was the recoil with the hogue stock ? what ammo did you use ?

your groups are fine just start practicing your dry firing and soon you'll be placing 3 shots in that R5 coin . next time you go to the range you'll get more confirdance in yourself and your rifle and it starts to come together .

enjoy 
 

Re: This is HOWA HOWA do it

Posted: Mon Aug 22, 2011 7:17 am
by 300Winmag
Neewat - niks te worry daar nie - daai is great begin en jy sal sien soos die geweer op jou
groei so word daai groepr kleiner - ek het amper 200 skote met myne geskiet voor ek regtig
gemaklik begin voel het. (Lekker verskoning om te skiet)

Re: This is HOWA HOWA do it

Posted: Mon Aug 22, 2011 7:46 am
by BLOK
Baie mooi gedoen

Onthou soos jy se jys nie n kenner nie en bitter min ervaring, ek wil dus se vir n eerste probeer kan jy maar trots wees op daai groepering, ek glo ook nie jy het die geweer se loop in geskiet nie so met die tys sal die groepering agv daarvan ook krimp. Kry maar vir jou n paar sakkies om van af te skiet asook baie belangrik een van die kleiner sakkies wat die kolf se agter punt op rus dit is baie keer waar die verskil werklik inkom. Om jou skiet tegniek aan te werk kan jy dalk vir Piet Breedt pm, ek weet hy het n dvd wat daarmee help wat baie goed is.

Hou so aan wel gedaan

Blok

Re: This is HOWA HOWA do it

Posted: Mon Aug 22, 2011 8:28 am
by James Wright
Daai lyk na 'n vervalste R5 stuk...  ;D

Vir 'n wegtrek is daai 'n mooi grouping,dit sal met tyd beter raak maar hang ook af van die tipe ammo wat jy gebruik.ek hoop die nuwe Howa verskaf jou jare se plesier.

Re: This is HOWA HOWA do it

Posted: Mon Aug 22, 2011 8:50 am
by erx
Hi Douw

Eerstens geluk met die nuwe baba!
Vir 'n man met min ondervinding soos jyself se, is daai wragtig netjies geskiet, ook in ag geneem dat meeste mense die hele boks vol skiet met 'n roer soos daai wat bietjie knyp op die skouer. Geluk mater, dit kan van hier af net beter! Watse ammo het jy gebruik?
Geniet dit!

Groete
erx

Re: This is HOWA HOWA do it

Posted: Mon Aug 22, 2011 9:15 am
by Beyers
Welgedaan

Re: This is HOWA HOWA do it

Posted: Mon Aug 22, 2011 1:49 pm
by Lourens
Dit lyk mooi Douw, jy kan maar weet daai Howa sal vir jou goeie diens en goeie akkuraatheid gee. Ek het my nuwe een net nou die dag so vinnig by die handelaar geskiet en hy toon uit die boks uit al klaar uitstekende akkuraatheids-potentiaal.

Groete,
Lourens

Re: This is HOWA HOWA do it

Posted: Mon Aug 22, 2011 2:48 pm
by douw
Baie dankie aan almal!!

Bobby: Die recoil is glad nie so erg nie. Ek dink die Hogue kolf maak 'n groot verskil. Ek het darem 'n hele paar skote met my .54 swartkruit geskiet, moet s? die voorlaaier stamp nogal hard. Ek het met Highland 180g geskiet

James: Dis nou jammer jy my uitgevang het, dit is 'n vervalste R5, hy is in werklikheid 100mm groot (die manier lyk dit of ek kan skiet)  ;) ;)

Weereens dankie aan almal vir belangstelling en raad.

Groetnis
Douw