Page 1 of 2
Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 8:07 am
by Swede
bipods_deben_db2011.jpg
Wat is julle opinie oor die Deben bipod?
6-9" or 9-13' watter een is meer geskik vir prone skiet?
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 8:10 am
by emdebeer
Deben is baie goeie waarde vir geld. Dit is nie 'n Atlas nie maar kos nie eers 'n kwart wat 'n Atlas nie. Kry die 6-9
Sent from my SM-N910F using Tapatalk
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 8:12 am
by Eugene
Swede, ek ken nie daai maak nie, maar dit lyk soos 'n Harris "copy". Harris bly maar die beste, al kos hulle 'n paar rand. Die kort antwoord is seker maar die 6-9, maar die ideaal is om een van elk te hê. Op die skietbaan en op gelyk jagveld, werk die 6-9 die beste, maar as jy in die berge begin skiet, dan is die 9-13 weer lekker vir die hellings. As jy egter net een kan koop en meestal op gelyk grond gaan skiet, sal ek die 6-9 vat.
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 8:32 am
by Swede
Eugene wrote:Swede, ek ken nie daai maak nie, maar dit lyk soos 'n Harris "copy". Harris bly maar die beste, al kos hulle 'n paar rand. Die kort antwoord is seker maar die 6-9, maar die ideaal is om een van elk te hê. Op die skietbaan en op gelyk jagveld, werk die 6-9 die beste, maar as jy in die berge begin skiet, dan is die 9-13 weer lekker vir die hellings. As jy egter net een kan koop en meestal op gelyk grond gaan skiet, sal ek die 6-9 vat.
Ek wil juis net op die baan skiet, het geen ervaring met bipod skiet nie en wil bietjie dit begin doen. Waar kry ek 'n prys op 'n Harris?
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 8:37 am
by Eugene
Swede wrote:
Ek wil juis net op die baan skiet, het geen ervaring met bipod skiet nie en wil bietjie dit begin doen. Waar kry ek 'n prys op 'n Harris?
Swede, laaste prys wat ek gekry het, was R2200 vir die 6-9 by Central Arms in Klerksdorp. Let wel, ek sê nie die Harris is die Alpha en Omega nie, maar ek het al 'n paar van die verskillende copies gekoop en hulle is nie dieselfde kwaliteit nie. Ek gebruik die Harris bi-pods deesdae uitsluitlik vir jag en ek wil nie graag 200km van die naaste winkel wees en dan breek my bi-pod in die veld nie, daarom het ek maar vasgebyt en Harris'e gekoop.
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 8:45 am
by TSG
Swede wrote:Eugene wrote:Swede, ek ken nie daai maak nie, maar dit lyk soos 'n Harris "copy". Harris bly maar die beste, al kos hulle 'n paar rand. Die kort antwoord is seker maar die 6-9, maar die ideaal is om een van elk te hê. Op die skietbaan en op gelyk jagveld, werk die 6-9 die beste, maar as jy in die berge begin skiet, dan is die 9-13 weer lekker vir die hellings. As jy egter net een kan koop en meestal op gelyk grond gaan skiet, sal ek die 6-9 vat.
Ek wil juis net op die baan skiet, het geen ervaring met bipod skiet nie en wil bietjie dit begin doen. Waar kry ek 'n prys op 'n Harris?
Swede I can get you the following Harris 6-9";
Fixed - R1660
Swivel R2400
Above exclude postage
Cheers
Kurt
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 8:53 am
by LUAN
Eugene wrote:Swede wrote:
Ek wil juis net op die baan skiet, het geen ervaring met bipod skiet nie en wil bietjie dit begin doen. Waar kry ek 'n prys op 'n Harris?
Swede, laaste prys wat ek gekry het, was R2200 vir die 6-9 by Central Arms in Klerksdorp. Let wel, ek sê nie die Harris is die Alpha en Omega nie, maar ek het al 'n paar van die verskillende copies gekoop en hulle is nie dieselfde kwaliteit nie. Ek gebruik die Harris bi-pods deesdae uitsluitlik vir jag en ek wil nie graag 200km van die naaste winkel wees en dan breek my bi-pod in die veld nie, daarom het ek maar vasgebyt en Harris'e gekoop.
Eugene sal jy se die copies werk net so goed soos die regte harris al is die kwaliteit nie dieselfde?
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 8:57 am
by Swede
TSG wrote:Swede wrote:Eugene wrote:Swede, ek ken nie daai maak nie, maar dit lyk soos 'n Harris "copy". Harris bly maar die beste, al kos hulle 'n paar rand. Die kort antwoord is seker maar die 6-9, maar die ideaal is om een van elk te hê. Op die skietbaan en op gelyk jagveld, werk die 6-9 die beste, maar as jy in die berge begin skiet, dan is die 9-13 weer lekker vir die hellings. As jy egter net een kan koop en meestal op gelyk grond gaan skiet, sal ek die 6-9 vat.
Ek wil juis net op die baan skiet, het geen ervaring met bipod skiet nie en wil bietjie dit begin doen. Waar kry ek 'n prys op 'n Harris?
Swede I can get you the following Harris 6-9";
Fixed - R1660
Swivel R2400
Above exclude postage
Cheers
Kurt
Would the swivel model come with the locking lever?
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 8:59 am
by swc-tr
Swede wrote: Ek wil juis net op die baan skiet, het geen ervaring met bipod skiet nie en wil bietjie dit begin doen. Waar kry ek 'n prys op 'n Harris?
In daai geval, oorweeg eerder 'n doelgerigte bipod soos die wat die F-TR skuts gebruik.
Rappie of Piet Welgemoed sal jou kan help.
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 9:04 am
by Eugene
Luan, dit sal afhang van wat jou doel daarmee is. Ek het 'n R600 copy op die .22LR en dit werk daar. Dan het ek ook 'n R500 copy wat lekker werk op die PCP. Ek sal egter nie graag met enige van daai wil gaan jag nie, want ek weet nie hoe betroubaar hulle is nie... Dis egter maar my persoonlike opinie.
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 9:10 am
by Swede
swc-tr wrote:Swede wrote: Ek wil juis net op die baan skiet, het geen ervaring met bipod skiet nie en wil bietjie dit begin doen. Waar kry ek 'n prys op 'n Harris?
In daai geval, oorweeg eerder 'n doelgerigte bipod soos die wat die F-TR skuts gebruik.
Rappie of Piet Welgemoed sal jou kan help.
Dankie, waar kry ek hulle in die hande?
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 9:10 am
by TSG
[/quote]Would the swivel model come with the locking lever?[/quote]
Swede the locking lever is not a standard fitment to the Harris, it is an aftermarket attachment. Further, the locking lever is not made by Harris even though they advertise them on their website.
The local Agent does not stock them however another Jaracal member was advertising them.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... od#p651486
Cheers
Kurt
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 9:12 am
by joe rocket
Laaste prys op Harris bipod wat ek by Willeman gesien het was R 2200 vir n 6x9 en wat kan swivel.
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 9:14 am
by swc-tr
Swede wrote:swc-tr wrote:Swede wrote: Ek wil juis net op die baan skiet, het geen ervaring met bipod skiet nie en wil bietjie dit begin doen. Waar kry ek 'n prys op 'n Harris?
In daai geval, oorweeg eerder 'n doelgerigte bipod soos die wat die F-TR skuts gebruik.
Rappie of Piet Welgemoed sal jou kan help.
Dankie, waar kry ek hulle in die hande?
Rappie is hier op die forum, pm hom.
Hy sal jou ook sommer Piet Welgemoed se nommer kan gee.
Die Bosveld Ope Bisley word eersdaags op Polokwane aangebied, sommer naby aan jou.
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 9:15 am
by Geno
Piet Welgemoed- 082 552 5985
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 9:16 am
by Swede
Geno wrote:Piet Welgemoed- 082 552 5985
Dankie!
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 9:24 am
by Swede
Jammer oor al die vrae, hoe lyk Piet se bipod?
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 9:26 am
by Rasmus
Swede
Ek het n 6-9" op my jaggeweer hy werk bitter lekker. My seun skiet ook die jagters liga met hom. Ek het ook van Rappie se bipods, baie lekker bipod maar gaannie so lekker werk in die jagveld nie.
Ek het die champion maak. Het hom nou al 5 jaar en hy werk steeds. Harris is te duur na my smaak en ek hou ook nie van die slots op die bene nie. Die champion het n stel skroef so jy kan die bene verstel soos jy wil, jy is nie beperk tot die slots in die bene nie. Hy kan ook swivel en het reeds n skroef wat jy kan vasdraai sou jy nie wil swivel nie nie.
Sien foto
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 9:34 am
by LUAN
En hoe stel jy daai champion se bene altwee selfde hoogte? Ek hou weer van die slots op die bene stel lekker vinnig. Ek verstaan ook nie hoekom sal hulle nog fixed bipods verkoop nie. Bipod wat nie kan swivel is useless as jy op ongelyke grond le.
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 9:39 am
by Rasmus
Luan
Hy stel met stel skroewe jy trek die bene uit en draai die stel skroef vas. Hy lock ook as jy hom vol uittrek tot op 9"....
Ek het nog nooit moeilikheid met hom gehad in die 5 jaar wat ek hom gebruik nie. Hy het al op n paar kalibers sy kant gebring van 6.5 x 55,308,30.06 en selfs 300wsm.
Maar onthou elke ou soen sy vrou op sy manier. Ek is net nie oortuig dat n Harris R 1500 meer werd is nie.
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 10:02 am
by LUAN
Ja ek verstaan hoe hy werk ek bedoel jy moet nou elke been ewe veel probeer uit trek om hom level te kry waar notched bene vinnig in level posisie is. Ek stem my caldwell het my nog nooit in die steek gelaat en ek gebruik hom vir jag ook klompie jare al. Lyk vir my net so betroubaar soos n harris. As jy jou geweer by die berg gaan afgooi gaan die harris ook nie meer betroubaar wees

Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 10:28 am
by Capt. Yoda
Swede spaar jouself die eretasie en koop n ordentlike bipod van die begin af, dit is die een groot skakel tussen jou geweer en die grond wat jou stabiel moet hou, soos Eugene ook se op die kleiner goedjies werk die goedkoper bipods wel lekker. Ek het n speel speel Harris gehad, n speel speel Atlas, n regte atlas, n Sinclair FTR, n Tier One Evo en het nou nog n Harris wat swivel gekoop. Die fakes en goedkoper goed lyk lekker maar hulle drop jou wanner jy hulle nodig het en as hy op n geweer is wat lekker recoil gaan hy jou nog vinniger drop.
As jy n FTR tiepe bipod soek is daai Piet Welgemoed en Ralpie sin bitter lekker bipods anders sou ek na die Harris kyk (ken glad nie sie champion nie) wat swivel en wat se pote spring loaded is, as jy paar rand het wat jy wil spandeer op n FTR bipod die Tier one elke keer en 3 keer Sondag. Die Sinclair Tacktical is ook baie netjies maar jy gaan hom moet in bring van Sinclair af
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 10:51 am
by Swede
Capt. Oblivious wrote:Swede spaar jouself die eretasie en koop n ordentlike bipod van die begin af, dit is die een groot skakel tussen jou geweer en die grond wat jou stabiel moet hou, soos Eugene ook se op die kleiner goedjies werk die goedkoper bipods wel lekker. Ek het n speel speel Harris gehad, n speel speel Atlas, n regte atlas, n Sinclair FTR, n Tier One Evo en het nou nog n Harris wat swivel gekoop. Die fakes en goedkoper goed lyk lekker maar hulle drop jou wanner jy hulle nodig het en as hy op n geweer is wat lekker recoil gaan hy jou nog vinniger drop.
As jy n FTR tiepe bipod soek is daai Piet Welgemoed en Ralpie sin bitter lekker bipods anders sou ek na die Harris kyk (ken glad nie sie champion nie) wat swivel en wat se pote spring loaded is, as jy paar rand het wat jy wil spandeer op n FTR bipod die Tier one elke keer en 3 keer Sondag. Die Sinclair Tacktical is ook baie netjies maar jy gaan hom moet in bring van Sinclair af
Dankie Capt ek moet maar besluit wat ek wil doen en dan soos jy se die regte een koop
Sent from my D6603 using Tapatalk
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 10:54 am
by Swede
Kan daai Harris lock as jy die geweer level het
Sent from my D6603 using Tapatalk
Re: Bipod vir skiet
Posted: Wed Apr 19, 2017 11:17 am
by Capt. Yoda
Hy kan dit is hoekom ons n "pod lock" saam koop wat voor op kom anders het hy so tension adjustment knob
https://encrypted-tbn1.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcQOSC2Q6vSTRW8qIuzOz30SjTiCHjDpgcau8EBkLtJwieZ06k94