Page 1 of 1

Waarde van Swarovski Habicht teleskope?

Posted: Tue Apr 18, 2017 2:44 pm
by SeeMoNsteR
Manne ek soek graag hulp en glo iemand hier sou dalk positiewe insprake of advies kon lewer..

Ek help n oom van sy teleksope wat nie gebruik word nie verkoop, ding is dis nie die soort scopes wat ek dag in en uit mee werk nie en sou kon doen met idees oor wat redelikke waardes op hulle sou wees?

Beide Swarovski Habicht, AO Paralaks en toe turrets.
4-16x50 P L JG (Plex) P724731570... Scope het aan die agterkant, onder die buis n ringmerk op res good to go.
6-24x50 P L JG, TDS-4 ret... Scope in goeie kondisie

Enige hulp sou waardeer word, ekke luister fyn ;)
Baie dankie en Groete
Johan

Re: Waarde van Swarovski Habicht teleskope?

Posted: Tue Apr 18, 2017 2:53 pm
by Geno
Is dit Jaco Bezuidenhout se scopes?
Indien wel sal hul goed opgepas wees en kan iemand hul met 'n geruste hart koop.
Die TDS-4 Reticle is ook baie lekker vir jakkalsjag/Bok oes.

Re: Waarde van Swarovski Habicht teleskope?

Posted: Tue Apr 18, 2017 7:11 pm
by CarelG
Sal ook graag wil weet...

Re: Waarde van Swarovski Habicht teleskope?

Posted: Tue Apr 18, 2017 7:15 pm
by SeeMoNsteR
Manne dis n man hier uit die Vaal Driehoek se scopes, dus nie Jaco sinne nie.. tog wel mooi scopes wat iemand goed sal dien.

Enige idees van waarde?

Re: Waarde van Swarovski Habicht teleskope?

Posted: Tue Apr 18, 2017 8:33 pm
by PierrieT
Hi Johan,

Albei baie goeie scopes!

Die 6-24x50 P L JG, TDS-4 ret. behoort so tussen R16-R18k te haal afhangende van kondisie. Daar is onlangs 1 verkoop op guntree vir R17.5k.

http://www.guntree.co.za/search/item/35 ... ifle-scope

Die 4-16x50 P L JG (Plex) het ek geen idee nie.

Ek sal belang stel in die 6-24x50 P L JG, TDS-4 ret. as julle op 'n prys besluit het.

Groete

Re: Waarde van Swarovski Habicht teleskope?

Posted: Thu Apr 20, 2017 11:30 am
by SeeMoNsteR
Dagse manne,

Ek is steeds onseker oor die waarde van die 4-16, maar daar is n offer op die tafel vir wieokal in die 6-24 belang sou stel.

Diegene wat my per PM gekontak het is eerste in kennis gestel, sal later vandag begin adverteer.
Indien nog iemand in enige van hul balang sou stel en dalk kans wou he om te koop voordat ek te wyd begin adverteer kan julle my gerus pm.

Groete en baie dankie vir die terugvoer hierso
Johan