Page 1 of 2
Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Sun Apr 16, 2017 6:14 pm
by Heinz Petersen
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Sun Apr 16, 2017 7:15 pm
by Jaco B
Dankie vir die deel, sal gebruik met volgende scope opstel
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Sun Apr 16, 2017 7:29 pm
by Gideon S
Lekker manier. Dankie vir die deel Heinz. Ek het nog altyd gesukkel met daai klein Wheeler scope levellertjies. Hierdie lyk soos 'n lekker praktiese failsafe metode.
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Sun Apr 16, 2017 7:45 pm
by edwill
Google Tall target test also!
Sent from my PSP5508DUO using Tapatalk
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Sun Apr 16, 2017 7:51 pm
by Capt. Yoda
Baie goeie video dankie
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Mon Apr 17, 2017 8:15 am
by Reloader270
Ek het 'n magneet stel waarmee ek eers die geweer level. Daarna level jy die teleskoop met die 2de magneet. Tenspyte hiervan was my telekoop nog steeds skeef toe ek op die skietbaan kom. Wat ek wil sê is dat die magneet levels nie altyd so akkuraat is nie en 'n mens se oog kompenseer baie keer vir 'n skewe ding. Daarom is dit altyd goed om die teleskoop te stel en dan vir 'n dag in die kas terug te sit. As jy die volgende dag weer kyk moet jy soms weer stel.
Hierdie video is baie waardevol, maar jou geweer moet steeds "level" wees. As die geweer uit is, gaan dit nie help nie.
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Mon Apr 17, 2017 9:11 am
by Arnold
Belangrik om te weet is dat jou kruishaar nie noodwendig level met jou scope se turrets is nie so daai level oo die turret werk nie altyd nie.
Oulike video!
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Mon Apr 17, 2017 9:19 pm
by vbd
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Mon Apr 17, 2017 9:58 pm
by ruaanb
interessant veral die manier hoe die scope gemount is.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Tue Apr 18, 2017 7:54 am
by Eugene
Arnold wrote:Belangrik om te weet is dat jou kruishaar nie noodwendig level met jou scope se turrets is nie so daai level oo die turret werk nie altyd nie.
Oulike video!
Net so! Ek gebruik ook daai Wheeler stelletjie, maar bevestig dit maar met 'n loodlyn op die baan!
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Tue Apr 18, 2017 8:45 am
by BeesBreet
Arnold wrote:Belangrik om te weet is dat jou kruishaar nie noodwendig level met jou scope se turrets is nie so daai level oo die turret werk nie altyd nie.
Oulike video!
Aai tog nou wonder Ek. Ek weet al my gunne is reg en skiet reg. Maar nou moet Ek alles weer op n nuwe menier bevestig.
Dankie vir hierdie draad. Lekker nuwe "tricks" geleer
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Tue Apr 18, 2017 8:48 am
by Jean Marais
Ek het ook so 'n Wheeler stelletjie, en het ook agtergekom dat die montering van 'n scope se kruishare nie altyd perfek loodreg is nie. Toe toets ek die waterpas van die Wheeler, en kom toe agter dat sy lesing verskil as jy hom 180 grade roteer op 'n 100% waterpas oppervlak. Hulle werk nou perfek nadat ek hulle "gekalibreer" het deur hulle op 'n 100% waterpas marmerblad op fyn skuurpapier af te werk, todat daar geen verskil was as ek hulle 180 grade roteer het nie. Dan toets ek ook finaal met die loodlyn metode soos in die video. Dis ook baie belangrik om seker te maak dat die geweer 100% korrek waterpas opgestel is by die monteer van 'n teleskoop.
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Tue Apr 18, 2017 9:13 am
by Pvdw
Dis ook baie belangrik om seker te maak dat die geweer 100% korrek waterpas opgestel is by die monteer van 'n teleskoop.
Nou die is waar my probleem inkom. Hoe doen julle manne dit?? En hoe sorg julle dat geweer so bly terwyl julle aan die scope se montering werk??
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Tue Apr 18, 2017 9:34 am
by Eugene
Pvdw wrote: Dis ook baie belangrik om seker te maak dat die geweer 100% korrek waterpas opgestel is by die monteer van 'n teleskoop.
Nou die is waar my probleem inkom. Hoe doen julle manne dit?? En hoe sorg julle dat geweer so bly terwyl julle aan die scope se montering werk??
Ek gebruik 'n waterpas op 'n gelyk vlak erens op die aksie en as dit waterpas is, draai ek die levertjie van die harris of F-klas bipod vas, sodat dit daar bly. Dan stel ek die teleskoop op tot die kruishaar waterpas is en dan sit ek die scope level op.
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Tue Apr 18, 2017 9:42 am
by Jean Marais
Pvdw wrote: Dis ook baie belangrik om seker te maak dat die geweer 100% korrek waterpas opgestel is by die monteer van 'n teleskoop.
Nou die is waar my probleem inkom. Hoe doen julle manne dit?? En hoe sorg julle dat geweer so bly terwyl julle aan die scope se montering werk??
Die enigste effektiewe manier is om die geweer maar te klamp. Ek gebruik sommer cable ties waarmee ek die geweer aan die geweer-rus vastrek. Ek trek hom net styf genoeg vas sodat ek nog fynere verstellings kan doen tot die geweer-aksie perfek waterpas is. Dit beskadig ook niks op die geweer nie, en dit hou hom styf genoeg vas dat hy nie weer skuif as ek met die monteer van die teleskoop besig is nie.
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Tue Apr 18, 2017 9:45 am
by PWV
Jean Marais wrote:Ek het ook so 'n Wheeler stelletjie, en het ook agtergekom dat die montering van 'n scope se kruishare nie altyd perfek loodreg is nie. Toe toets ek die waterpas van die Wheeler, en kom toe agter dat sy lesing verskil as jy hom 180 grade roteer op 'n 100% waterpas oppervlak. Hulle werk nou perfek nadat ek hulle "gekalibreer" het deur hulle op 'n 100% waterpas marmerblad op fyn skuurpapier af te werk, todat daar geen verskil was as ek hulle 180 grade roteer het nie. Dan toets ek ook finaal met die loodlyn metode soos in die video. Dis ook baie belangrik om seker te maak dat die geweer 100% korrek waterpas opgestel is by die monteer van 'n teleskoop.
Miskien moet jy dit verduidelik. Sommige kenners se gewere is effens gekantel om aan te pas by sy/haar aanlê van die skouer af. Wat belangrik is, is dat die kruishare van die teleskoop waterpas (loodreg) opgestel moet word. Jou "anti-cant" waterpas is dan opgestel volgens jou teleskoop en nie volgens jou geweer se kanteling nie.
Dit is maar dinge wat ek lees en dit maak vir my sin.
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Tue Apr 18, 2017 9:48 am
by Albert84
Na ek daai plastiek Wheeler waterpassies gebruik het se my vriend vir my dis die skeefste wat hy nog n scope gesien het wat met waterpassies op gesit is.
Nou maar toe het ek maar opgradeer na die aluminium stel. Een waterpas kan jy met twee "grub screws" kalibreer en die ander een klamp op die loop vas en kan ook stel, werk baie beter.
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Tue Apr 18, 2017 10:06 am
by Jean Marais
http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/Kruishare%20korrek_zpsoblytiiv.png
Dit maak nie saak hoe die "canting" van die geweer opgestel is nie. Die feit is dat die vertikale lyn van die teleskoop, perfek in die middel van die loop sal deurloop as jy 'n denkbeeldige lyn sou trek. Dis waar die loodlyn metode handig te pas kom, want indien die teleskoop korrek monteer is, SAL die loodlyn presies in die middel van die loop gesien kan word.
As jy die nie so doen nie, sal die regtekanste prentjie in die ullistrasie hierbo van toepassing wees, en sal die teleskoop nie korrek verstel nie.
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Tue Apr 18, 2017 10:24 am
by Arnold
Hoekom moet die geweer level wees? Hoekom nie net die teleskoop level teenoor die aarde nie?
As jou teleskoop level maar nie die geweer nie hoekom sal hy nie dieselfde stel teen opsigte van swaartekrag en wind nie?
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar
Posted: Tue Apr 18, 2017 10:47 am
by DawieKotze
Arnold wrote:Hoekom moet die geweer level wees? Hoekom nie net die teleskoop level teenoor die aarde nie?
As jou teleskoop level maar nie die geweer nie hoekom sal hy nie dieselfde stel teen opsigte van swaartekrag en wind nie?
Die kruis van die scope en die koeëlbaan gaan dan net op een plek mekaar ontmoet - by die zero afstand.
Sien hier.....
https://bangsteel.wordpress.com/2013/05 ... ifference/
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Tue Apr 18, 2017 11:02 am
by Arnold
As ek reg lees moet jy maar net jou teleskoop level en die geweer kan maar effens af van level wees.
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Tue Apr 18, 2017 11:12 am
by Eugene
Arnold wrote:As ek reg lees moet jy maar net jou teleskoop level en die geweer kan maar effens af van level wees.
Arnold, ek het dit ook so. Maar ek het agtergekom dat ek gemaklik skiet as die geweer self ook "level" is, so ek doen dit nou maar so.... Anders gestel, moet die "anti-cant" level saam met die teleskoop werk en nie saam met die geweer nie.
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Tue Apr 18, 2017 12:21 pm
by Pvdw
Eugene ek hou van jou bipod igee as stut/rus terwyl jy werk.
Jean ek gebruik huidiglik rofweg selle tegniek as jy maar ek het maar te gereeld daai effe skuif wat plaasvind voor ek klaar is en dan begin die twyfel my inhaal en ek begin als weer van voor.
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Posted: Tue Apr 18, 2017 12:24 pm
by Jean Marais
Ek stem met die artikel saam, en die deel waar die 90grade kantel van die geweer/teleskoop verduidelik word, som vir my die situasie perfek op. Daarom stem ek met Eugene hierbo saam. As die scope EN die geweer van die begin af vanuit 'n waterpas posisie met mekaar opgelyn is, word die inskiet van die scope in elk geval daarna op die koeëlbaan ingestel, ongeag tipe koeël. Al wat gebeur is dat die foutfaktor uitgeskakel word, m.a.w. die koeëlbaan sal ooreenstem met die vertikale lyn van die kruishaar, op enige afstand, en nie effe links/regs van die kruishaar lê nie.
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar
Posted: Tue Apr 18, 2017 12:30 pm
by Hein22
Arnold wrote:Hoekom moet die geweer level wees? Hoekom nie net die teleskoop level teenoor die aarde nie?
Ek stem saam, die geweer kan maar effens gekantel wees solank die scope level is.