Page 1 of 1

Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sun Apr 16, 2017 3:19 pm
by Pinkes
Môre Manne

Soos ons almal hier op die forum is dit maar altyd lekker om n nuwe geweer te kry maar dis
darem net soos daai eerste slukkie Red Heart na 'n lang dag as hy skiet soos jy hoop ook! ;D
Wil graag my eerste skote uit my nuwe roer deel.

Ekt laasjaar lank gedink om vir my 'n LR geweer te koop. Ek het al my 1000-2000y met 264wm en 300wm
geskiet wat ook my jaggewere is. So het ek tussen 338lm en nog n 300wm gespring. Ek en Kaptein het lank oor die gepraat
en hy het gese dat die 338 te duur gaan uitwerk..(meeste van ons het maar gewoonlik n budget vir dit). So het ons gesels oor
7mm calibers. En daar het my kop gedraai. Ek het sterk na die 284win begin kyk maar het gesien ek redelik moes custom gaan vir dit en ek was nie lus vir al die papierwerk en wag nie. So het ek na fabrieksgewere begin kyk met regte twist natuurlik. Ek wou niks ligter as n 180gr punt skiet nie. Daar is nie baie fabrieks gewere met so twist nie so ek was redelik beperk. Ek het toe op Rem700 Long Range 7RM besluit. Wat glad nie n probleem is nie omdat ek n groot Big Green fanboy is..

http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/D9352252-3B2B-4405-805C-12ACDDA74FE7_zpsdedio2ji.jpg

Ek het besluit om hom te koop en dan net te herkamer na 7Rem SAUM omdat die boltface dieselfde sou bly. Weet daar was baie gese oor die kaliber wat flavour of the month was..maar dis al wat vir my sin gemaak het om die werkverrigting te kry wat ek soek sonder om ‘n hoop kruit te brand ook nie.So geweer gekoop en na goedkeuring na Chrisjan gevat vir herkamer.Daar het hy ook klaar vir my draad gesny vir kd.

Ek het nog verdere 3maande gesoek en gewag vir doppe vir die nuwe roer. Intussen kon ek hom pak en scope op sit en alles koop wat ek kort om te herlaai vir hom. Ek het 180gr Hybrids sterk oorweeg maar kon nie die prys van oor R1000 regverdig nie. So was hornady volgende op die lys.maar kon nie van die nuwe ELDM kry nie. So het ek toevallig op Sierra se 180gr Matchkings afgekom. Ek het toe begin kyk na hul BC en was heel tevrede. En ek kon ‘n klomp koop vir oudvoorrad prys ,R479!! :police: Alles gevat wat hul toe gehad het.

Woensdag ontvang ek my doppe vanaf Henk.En was natuurlik soos n kind gewees toe ek uiteindelik kon skiet.
Ek het dadelik na werk gou 5 patrone gelaai om spoed te kry en van daar aft e kan werk. Na die eerste 5skote het ek gesien die lyk heel belowend.

:o :o :o eerste 5 skote
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/CE880F7B-872E-4731-854B-EF98B4D09B15_zpsssaaprih.jpg

Ek het woensdagaand op QL gespeel en gesien dat ek 2 nodes sou kon skiet. Op 2710fps en 2820fps.
Na gesprek met Ben het hy ook aanbeveel dat laer node miskien sal werk omdat ek die geweer nou baie gaan skiet en nie nodig het om spoed te jaag omdat dit bekende afstande is en ‘n man wil nie lope heeltyd vervang nie. So het ek besluit om gou node te kry en tpl verstellings te maak.

http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/A8284666-BCDF-4DFA-BECF-9B316E486702_zpsiuszfm4v.jpg

Na verdere 19skote was ek tevrede en nou kan ek gaan trajectory validation gaan doen. En hier het dit lekker begin raak.

Donderdag na die reen die gewere gelaai(die 6.5cm ook saam gevat vir my langhaar om te skiet..sy is ook baie lief vir skiet en sy skiet ook bitter goed!!Ek kort ook n spotter omdat ek die geweer se val eers wil toets.)

7SAUM vs 6.5CM
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/AEB3CB19-4722-4A0F-A538-E182FD71276E_zpslfzuu7qs.jpg

Ek het besluit om eers net om ‘n korter afstand net eers seker te maak dat ek naby aan die gong gaan kom. So besluit om op 748m te stop en die gewere uit te pa ken die Ball App ens reg te kry.

http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/7CE4DB21-F58B-4338-B35D-C69540AE2576_zps1gtj3jxy.png

So hier begin die ware toets… Eerste skoot was laag! Stel toe 0.75moa op en trek die 2de skoot…
Horisontaal is presies(wind my bietjie gedruk van regs af)! 3de skoot amper waterpas 3duim regs!!!
Groot sug van verligting! Sover tevrede...

http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/2024BC4A-0643-4C8E-84CF-70C514F23E21_zpsb5bzcjfr.jpg

Ek gee gou kans vir my langhaar om die creedmoor te skiet. Haar eerste skoot is op springbok blad!! First round hit..presies! Sy smile maar net en vra kan ek NOU maar vir die kop gaan… >:D

http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/2AC142B8-F85A-440A-978F-FF987D38EC65_zpszhvlg86f.jpg

Weet darem hy is ook reg.. >:D

Nadat sy klaar geskiet het,was dit tyd om nog verder te beweeg. Ek ry toe verder na 954m en eerste skoot tref ek die gong!!! Ek kalibreer my app en skiet toe maar nog 'n klomp skote verder met 'n groot smile ++>: ++>:


Daar is min dinge so lekker vir ons manne wat verslaaf is aan gebrande kruit soos wanneer ‘n nuwe geweer jou verwagtinge oortref! Ek was maar op tye baie skepties oor my besluit omdat ek gelees het oor Remington se QC problem..maar na 28skote ‘n gong te kan raak skiet anderkant 900m met ladingontwikkeling ingesluit. Was ek baie tevrede met my nuwe koop! Nou om net tyd te kry om sy bene te rek na 1mile end an anderkant 2000m…

Paar fotos

http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/D23A63EB-AF4D-4479-9CC4-41FE3A1852B1_zpswtczvgow.jpg

http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/0979D8D6-14D2-4965-AE50-C3F8826D22D8_zpsmtvooyp4.jpg

http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/Mobile%20Uploads/3F5F76CC-7E84-4772-B16F-438F0B116EB8_zps66nxakp6.jpg

Groete
P

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sun Apr 16, 2017 3:31 pm
by ruaanb
netjies ek sien julle 2tjies gaan n lekker paaidjie saam stap.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sun Apr 16, 2017 3:34 pm
by Gian_dP
Dit is darem lekker as n projek so lekker uitwerk! Geniet dit. Seker daai 2000m ghong gaan nie lank vat om te lui nie

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sun Apr 16, 2017 3:43 pm
by JPS
Nice Dirk,

Lekker as jou beplanning mooi uitwerk. Jy gaan nooit spyt wees dat jy 7mm roete gegaan het nie. Watter twist is daai loop?

Ps. Jy nodig level.

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sun Apr 16, 2017 4:46 pm
by Pinkes
Twist is 9.25"
Het n level. Nie tyd gehad om op te sit nie. :)

Ja dit help as sy saam skiet. Dit regverdig net makliker Nuwe aankope. ;)

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sun Apr 16, 2017 5:39 pm
by Mellies
Geluk met n smart roer Pinkes.

Geniet hom!

Met n vleisie...

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sun Apr 16, 2017 6:43 pm
by Hein (Haan)
Lekker Pinkes bly hy skiet so mooi, was nie n groot verassing om nog n Remy in jou kluis te sien nie ;)


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sat Jun 10, 2017 3:35 pm
by Ben
Dirk ek het erens die post gemis. Well done daai 7mm skiet mooi. Bly om te sien die 6.5 hou darm by!

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sat Jun 10, 2017 5:07 pm
by JacquesT (Stompe)
Lekker Dirk, mooi geskryf. Nou is ek self lus vir lekker swaar 7mm koels.

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sun Jun 11, 2017 6:50 am
by 6.5/284Norma
ruaanb wrote:netjies ek sien julle 2tjies gaan n lekker paaidjie saam stap.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Hy en die geweer of hy en die"langhaar"? ;D ;D ;D

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sun Jun 11, 2017 7:09 am
by ruaanb
6.5/284Norma wrote:
ruaanb wrote:netjies ek sien julle 2tjies gaan n lekker paaidjie saam stap.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Hy en die geweer of hy en die"langhaar"? ;D ;D ;D
beide lol

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sun Jun 11, 2017 9:00 am
by Capt. Yoda
Lekker, daai langhaar sal n klomp manne op die forum bang skiet

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sun Jun 11, 2017 3:55 pm
by JPS
Capt. Oblivious wrote:Lekker, daai langhaar sal n klomp manne op die forum bang skiet
Ja nee daai is feite.

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sun Jun 11, 2017 4:04 pm
by Sakkie Rust
Kry jy doppe vir die 7saum of moet jy doppe maak en dan fireform? Watse maak doppe kon jy kry ? Het jy jou eie reamer bestel pinkies?

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sun Jun 11, 2017 5:33 pm
by Capt. Yoda
Jy kry doppe

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Sun Jun 11, 2017 5:56 pm
by Pinkes
Het doppe by henk gekry. Jy kan hom maar ondersteun. Baie goeie prys gewees

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Tue Jun 13, 2017 11:35 am
by James Wright
Ek is bly saam met jou Dirk,min dat dinge so vining mooi uitwerk,geniet hom!

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Tue Jun 13, 2017 12:42 pm
by LUAN
Jy kry ammo ook vir hom
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170613/ef1049815e5a882b2a86374b62ee4bdb.jpg

Hoekom nie 7mm wsm nie? Aangesien die 300 wsm so mooi werk met ons kruit hoe sal die 7mm perform?

Re: Fabrieksgeweer vir LR en kruit brand.

Posted: Fri Jul 21, 2017 3:00 pm
by Gawie(13mm)
LUAN wrote:Jy kry ammo ook vir hom
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170613/ef1049815e5a882b2a86374b62ee4bdb.jpg

Hoekom nie 7mm wsm nie? Aangesien die 300 wsm so mooi werk met ons kruit hoe sal die 7mm perform?
Jou nodespoed gaan dieselfde wees. Met die groter dopkapasiteit gaan jy meer kruit moet gooi in die WSM en 'n laer druk kry, maar soos Dirk hom skiet is die SAUM ver onder maks druk. Die SAUM gee jou ook 2.26mm meer greep op daai lang koeëls agv. die langer nek, as die WSM.

SAUM al die pad!!!