Page 1 of 1

Moeg kop gekrap!

Posted: Fri Aug 19, 2011 2:03 pm
by fiela
Die sesde kalf is by my gevang!! Die laaste twee laat my bietjie kopkrap. Die manier van vreet is bietjie ongewoon hier in ons wereld.
Die kallers word gekry met die blad wat heeltemal afgebreek is en net aan die blad word gevreet.
Spore is onmoontlik met die lang gras.

Ek het eergisteraand gaan roep en een witrug geskiet. Dit voel vir my onmoontlik dat dit die witrug kan wees, maar dis al wat ek altyd skiet.
Ek het al rooikatte gekry, maar hulle is baie skaarser. Mense in die omgewing se dat hulle al bruin heienas gesien het, maar ek het nog nie so iets gewaar nie.

Die ding wat my laat kopkrap is toe ek vanoggend die werker stuur om die kalf en die witrug te loop begrawe.
Die witrug wat ek geskiet het se hele bors is weg gevreet!! Wat sou dit wees???

(Ek hou van die idee dat ?ets' aan n witrug vreet, maar die helsem vang intussen kallers ook!)

Re: Moeg kop gekrap!

Posted: Mon Aug 22, 2011 8:37 am
by Geno
Fiela,
Bytmerke?

Re: Moeg kop gekrap!

Posted: Mon Aug 22, 2011 9:16 am
by Beyers
Fotos asb

Re: Moeg kop gekrap!

Posted: Mon Aug 22, 2011 6:07 pm
by fiela
Geno.
Daar was net een merk op die kant van die skedel. Verder is sy hele lyf merkloos, behalwe dat alby boude uitgevreet is!

Beyers.
EK het probeer fotos oplaai, maar duidelik nie hard genoeg probeer nie. Sal dit nog uitpuzzle!