Page 1 of 1

Ouboet skiet ook raak

Posted: Mon Apr 10, 2017 10:47 am
by Vlakvark Soldaat
Luan het eers onlangs 6 jaar oud geword. Beide seuns kry obviously blootstelling aan wapens en die hantering daarvan. Luan skiet al van kleins af met die pellet, en tref ook die teikens mooi op 25m met die .22 geweer.

Ek het gister bietjie gewere gaan inskiet by Rooikraal en toe vir ouboet sonder enige oortuiging saamgesleep (klein boetie se beurt kom nog). Luan het die papier mooi getref op 100m, en toe 4 skote in n ry op die jakkals kop gong gesit met die 243........op 300m!!

Re: Ouboet skiet ook raak

Posted: Mon Apr 10, 2017 10:49 am
by ruaanb
Great stuff! Dit is wat seuns van hulle pa's wil onthou eendag!

Re: Ouboet skiet ook raak

Posted: Mon Apr 10, 2017 10:52 am
by Langeraat
Nog 'n Vlakvark Soldaat in opleiding... ++>: Welgedaan.

Re: Ouboet skiet ook raak

Posted: Mon Apr 10, 2017 11:32 am
by Ashley
Daai afstand en net 6jaar oud!
Wel gedaan, baie mooi.

Re: Ouboet skiet ook raak

Posted: Mon Apr 10, 2017 12:03 pm
by Flip Nel
Baie mooi, begin vroeg dan bly die liefde daarvoor.

Re: Ouboet skiet ook raak

Posted: Mon Apr 10, 2017 2:50 pm
by Rudiejacobs
Bleddie goed gedoen!!!!
Ek kry dit nog nog eers reg nie! :D :D

Rudie.

Re: Ouboet skiet ook raak

Posted: Mon Apr 10, 2017 2:54 pm
by PWV
Louis, hoe kan hy skiet met so 'n lang "eye relief"?
Of die kolf moet korter OF hy moet die kolf onder sy arm deursit - soos ek ook maar in die vroeë môres met die lang roere leer skiet het.
Vra maar net?

Re: Ouboet skiet ook raak

Posted: Mon Apr 10, 2017 3:08 pm
by Vlakvark Soldaat
Dankie julle!

Ja oom PWV, ek het vir hom gese om die kolf onder sy arm te hou, toe stel ek maar net die paralaks en fokus tot hy gemaklik was...

Of ek kan antwoord, dis n Swarovski, goeie glas! hahahaha!

Re: Ouboet skiet ook raak

Posted: Mon Apr 10, 2017 3:10 pm
by Vlakvark Soldaat
Langeraat wrote:Nog 'n Vlakvark Soldaat in opleiding... ++>: Welgedaan.
Hahahaha, omtrent! Die moeilikheid is, mamma is grapperig-spitefull en se gereeld dat hy n sable as eerste bok moet skiet! Ek het nie daai tipe geld nie. Ek het nog nie eers n sable geskiet nie! @#@#$%&

Re: Ouboet skiet ook raak

Posted: Mon Apr 10, 2017 4:59 pm
by NicoO
Dis awesome!

Re: Ouboet skiet ook raak

Posted: Mon Apr 10, 2017 5:07 pm
by FHM
PWV wrote:Louis, hoe kan hy skiet met so 'n lang "eye relief"?
Of die kolf moet korter OF hy moet die kolf onder sy arm deursit - soos ek ook maar in die vroeë môres met die lang roere leer skiet het.
Vra maar net?
Wou dieselfde ding vra - die arme knaap het n scope oppi kolf nodig om sy scope te sien ++>:

Re: Ouboet skiet ook raak

Posted: Mon Apr 10, 2017 5:26 pm
by Tikka_25-06
Great man hou so aan!

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk

Re: Ouboet skiet ook raak

Posted: Mon Apr 17, 2017 8:46 pm
by theedge
Welgedaan

Re: Ouboet skiet ook raak

Posted: Mon Apr 17, 2017 10:03 pm
by Capt. Yoda
Gelukkig lyk die kind na sy Ma

Re: Ouboet skiet ook raak

Posted: Tue Apr 18, 2017 2:08 am
by Morkel
Yes manne, moenie dat ons dae tel nie! Eder dat die dag tel! Capt hy moet na sy ma lyk want ek sien net n keps op daai kiekie. 300m dan skop daai 6jarige my gat elke dag. Baie mooi maar beste daai tyd saam met jou seun prysloos geniet dit en maak weer so


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ouboet skiet ook raak

Posted: Wed Apr 26, 2017 8:08 am
by Ben Remington
Klein ystertjie.