Page 1 of 1

My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Mon Apr 10, 2017 10:21 am
by DanieDegenaar
Ek wil eers met julle my groot trots deel.

My oudste "Dian" het ek saterdag vir die eerste keer gevat om met 'n "groot geweer" te skiet. Dis net die 243, maar van windbuks en .22 is dit 'n groot sprong vir hom gewees. Wat alles so besonder maak is dat hy 'n stigma kondisie in sy oogies het, as hy fokus bewe altwee en as hy een oog toe maak het hy alleenlik 20% visie.

Ek het vir hom gewone pmp 90gr punte agter 36.5gr S365 gelaai om te oefen. Die foto's wys sy eerste twee skote en dan ook die 10 skote wat hy die dag geskiet het. Die sticker het ek geplak sodat hy kan sien waar om te mik op die rooibok, volgende keer sal daar nie een op wees nie.

Sondag oggend het hy darem vir my gese sy skouer is bietjie styf, maar sy pa se hart is so groot soos 'n rugby bal!

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Mon Apr 10, 2017 10:25 am
by Geno
Great Danie!
Daai man skiet sommer netjies!

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Mon Apr 10, 2017 10:56 am
by ruaanb
Great! Kyk net daai smile!

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Mon Apr 10, 2017 10:58 am
by joe rocket
Lekker Danie, jy moet oppas lyk my jou klong skiet beter as sy pa. Dis great jy gaan nou ekstra bokke op jou jag moet betaal. ;D

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Mon Apr 10, 2017 11:01 am
by DanieDegenaar
Ja nee ek sit nou met die probleem om iewers vir hom ook 'n bok te laat skiet. Waar ons gaan is baie rof en die man gaan nie die ver loop hou nie. Die rooibokke en varke is min, koedoes meer, maar hy moet klein begin.

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Mon Apr 10, 2017 11:09 am
by Viking
Danie dis 'n "besonderse" prestasie vir Dian!!

Die ervaring saam met jou kind is - priceless!!

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Mon Apr 10, 2017 11:40 am
by tripodmvr
Dankie dat jy dit met ons deel. Groot klop op die skouer vir die jongman.

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Mon Apr 10, 2017 12:01 pm
by Flip Nel
Great, as daai 'n regte impala was het hy nou bakkie gery

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Mon Apr 10, 2017 2:58 pm
by PWV
Uitstekend, Dian!!

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Mon Apr 10, 2017 3:31 pm
by Daneel
Ja nee Pa se budget gaan moet grooter word.
Knap gedaan aan die jong man.

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Mon Apr 10, 2017 4:16 pm
by Frederik
Ja nee jy kan trots wees myne van 12 skiet nou al saam Basa met sy 6.5 gooi varke en bokke om en lyk grant as hy prone van die bipods af skiet. Ook so met windbuks en .22 begin en toe sy 6.5 met silencer. Met die laaste basa was dit sommer sonder die silencer op. Geniet dit en hou ons op hoogte as sy eerste bok val.

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Mon Apr 10, 2017 7:04 pm
by Hansieslim
Hoekom sukkel ek nou om die screen te sien en watse knop is nou in my keel?

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Mon Apr 10, 2017 10:50 pm
by Konrad308
Die jong man skiet baie mooi!

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Tue Apr 11, 2017 5:54 am
by Apie
Vat so jong man!

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Tue Apr 11, 2017 9:41 am
by Reggie Gerber
Baie mooi maat.

High five vir Dian!!

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Tue Apr 11, 2017 9:50 am
by Smit@50
Mooi dit maak n pa trots as jy weet jy het hom reg geleer.

Sent from my SM-N910C using Tapatalk

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Tue Apr 11, 2017 10:18 am
by Johan7
Ek het dan ook 'n knop in my keel! Jislaaik seun, ek hoop vir jou net die beste! Mag jy van krag tot krag gaan en sommer so vir ons ander: mag ons die Vader dankie se dat ons 2 gesonde oge het dat ons ons favourite sport kan beoefen! Seun, hierdie oom sal vir jou bid vir jou ogies! Ek wil he jy moet nog SA se top skut word! Hou daar!

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Tue Apr 11, 2017 10:25 am
by DanieDegenaar
Sjoe dankie almal. Gelukkig as hy altwee oogies oop hou sien hy 100%. So ek het hom al vroeg geleer om altwee oop te hou en ook my tegniek verander om dit so te doen as 'n voorbeeld vir hom. Maar hy het wonderlik aangepas om die oogies nie te laat spring as hy fokus op iets nie. Maar van hier gaan hy net beter en beter word met oefen.

Re: My Trots se eerste skote met "groot geweer"

Posted: Tue Apr 11, 2017 11:18 am
by Marc
Goeie werk jong man !