Page 1 of 1
Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Mon Apr 10, 2017 9:12 am
by WagterEC
Dag
Ek is in die mark vir 'n nuwe soeklig. 'n behoorlike een

.
Wat is daar op die mark wat goed werk en betroubaar is?
Re: Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Mon Apr 10, 2017 9:39 am
by Geno
Lighforce 170 vir R1380.00
of Lightforce 240 vir R1990.00
Ek en elke voltydse bok oes/nagjagter wat ek ken sal geen ander lig gebruik nie.
Re: Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Mon Apr 10, 2017 9:51 am
by WagterEC
Dankie Geno
Is daar 'n groot verskil tussen die twee?
Ek wil net 'n lig hĂȘ om wildritte mee te doen maar as daar 'n geleentheid is vir oes of 'n jakkals skiet soek ek darem 'n ordentlike kers.
Geno wrote:Lighforce 170 vir R1380.00
of Lightforce 240 vir R1990.00
Ek en elke voltydse bok oes/nagjagter wat ek ken sal geen ander lig gebruik nie.
Re: Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Mon Apr 10, 2017 10:02 am
by Geno
Die reflector grootte verskil. Die 240 gooi 'n groter kol as die 170, en is maar die een wat meeste mense gebruik op wildritte en vir bok oes.
Re: Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Mon Apr 10, 2017 12:28 pm
by JuanVE
Lighforce, baie goeie lig!
Re: Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Mon Apr 10, 2017 4:22 pm
by WagterEC
Is daar iemand spesifiek op die die forum wie ons ondersteun by wie ek die 240 kan koop?
Geno wrote:Die reflector grootte verskil. Die 240 gooi 'n groter kol as die 170, en is maar die een wat meeste mense gebruik op wildritte en vir bok oes.
Re: Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Mon Apr 10, 2017 4:24 pm
by Geno
Ons verkoop LF produkte. Dis ons pryse wat ek genoem het.
Re: Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Mon Apr 10, 2017 6:29 pm
by BeesBreet
WagterEC wrote:Is daar iemand spesifiek op die die forum wie ons ondersteun by wie ek die 240 kan koop?
Geno wrote:Die reflector grootte verskil. Die 240 gooi 'n groter kol as die 170, en is maar die een wat meeste mense gebruik op wildritte en vir bok oes.
Kontak vir Eugene by G&G varminting...
Hulle hou bitter nice goed aan en hulle pryse is goed.
Hulle diens is ook mooi
Re: Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Tue Apr 11, 2017 9:37 am
by WagterEC
Is die pryse wat jy gegee het Zuma se sakgeld(BTW) ingesluit?
Hoeveel sal Courier tot in PE wees?
Geno wrote:Ons verkoop LF produkte. Dis ons pryse wat ek genoem het.
Re: Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Tue Apr 11, 2017 9:43 am
by Geno
Prys is wat jy my betaal.
Courier is R100 tot by jou naaste Postnet.
Re: Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Thu May 11, 2017 8:54 am
by WagterEC
Geno wrote:Prys is wat jy my betaal.
Courier is R100 tot by jou naaste Postnet.
Dag Geno
Kan ek jou vra om my twee aparte kwotasies te stuur op die 170 en 240 asb met posgeld tot in Port Elizabeth.
naniqua.za@gmail.com
Re: Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Thu May 11, 2017 3:52 pm
by Geno
Gemail.
Groete
Re: Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Tue May 16, 2017 7:21 pm
by Berra .204
Ek is ook opsoek na nuwe ordentlike lig. Dis maar vir rondry en katte soek en ook bok oes. Het laasweek die eerste jakkals ook gekry so dit sal seke nie meer lank wees voor hulle begin pla nie. Ek weet die manne op die stoele gebruik 'n dimmer in plaas van 'n gekleurde lens. Wat werk die beste vir rondry en soek en oeswerk. Dink om dalk amber lens op te sit, of sal julle eerder dimmer voorstel. Ek hoor die manne se die bokke is baie rustiger met die amber lens, is dit so. Sal julle se LF 240 is beter of eerder 170. Die arm kan nogal moeg raak van swaarder lig.
Dankie
Re: Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Tue May 16, 2017 7:44 pm
by Geno
Die bok oes manne gebruik 240 handhelds sonder filters. My handlig het ook nie n filter op nie.
Re: Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Tue May 16, 2017 7:48 pm
by Berra .204
Dankie Geno
Het jy nog vooraad van die 240. Sal gou mail stuur
Re: Hand Soeklig/Handheld Spotlight
Posted: Tue May 16, 2017 7:52 pm
by Geno
Ons het voorraad ja. Reg so, ek kyk uit vir jou mail.