Page 1 of 2
Leer uit jou voute
Posted: Thu Aug 18, 2011 9:03 pm
by Blackie Swart
Ek glo daar is baie mense wat soos ek glo dat nknaldemper is nie nodig vir jag van roofdiere nie,wel dink weer.Ek het vrydagaand by n plaaslike boer gaan jakkies skiet.Was volmaan maar lekker bewolk.Roep van die begin af met vlekkie e en kry antwoorde uit alle rigtings.Sit die lig aan en 7 jakkies kyk na my op so 200 meter.Ek kies toe maar n teef om te skiet en toe my 308 bulder was als oor.Nie weer n oog vir die volgende 2 ure gesien nie. My 243 le nou al 3 weke by die gunsmit vir n knaldemper en kom net nie klaar nie.By als het die boer my n skame R200 betaal vir die teef.Ek kon sien dat sy dragtig was maar het nie oopgesny nie.Later het ek verstaan dat sy 6 kleintjies in haar gehad het.Is dit ongewoon of nie.Dit is nou al die 2de keer dat dieslfde boer my so vang,en raak nou keelvol om so vir n one gevat te word.Manne koop maar vir julle knaldempers.
Groete
Blackie

Re: Leer uit jou voute
Posted: Fri Aug 19, 2011 8:08 am
by MEERKAT
Blackie
Wat was jou betaling reelings met die boer? Wei so bietjie op die forum en al jou vrae word beantwoord.
Mooi loop
MEERKAT
Re: Leer uit jou voute
Posted: Fri Aug 19, 2011 9:15 am
by Beyers
Ek aanvaar die jakkals het nog net R200 se skade aangerig

Gee my die ou se nommer sy skaapvleis is goedkoop. of die jak het net 2,5kg uit die skaap geeet.
Re: Leer uit jou voute
Posted: Fri Aug 19, 2011 7:10 pm
by Blackie Swart
My reeling met die betrokke boer was dat hy my brandstof uitbetaal sowel as R250 per jakkals.Ek moet se dat dit n baie goeie tarief is.Die naam sal ek maar eers oor sweig.
Groete
Blackie
Re: Leer uit jou voute
Posted: Fri Aug 19, 2011 10:49 pm
by Armand Steenkamp
R250 per jak? Hier by ons kry n man dam so R500
Re: Leer uit jou voute
Posted: Fri Aug 19, 2011 10:59 pm
by Raven
Blackie,
Jy probeer goed doen as ek jou reg verstaan, maar R250 is bietjie skraps ou maat, as jy 1 papwiel kry oppad daarnatoe kan jy nie eens 'n nuwe tyre koop nie. Om nie eens te praat van "wear & tear" op jou bakkie.
Ons almal wou in die begin graag help toe ons nog nuut in die roofdier beheer bedryf ingekom het, maar jy sal vinnig agter kom dit is glad nie die moeite werd nie.
EK sit met 'n plaasboer wat wil he ek moet 600km ry om 'n spesifieke roofdier uit te haal, maar nie sy jakke nie. Hy betaal goed vir dit, maar my somme klop nogsteeds nie, as hy jakke/rooikatte insluit sal ek ry, en my prys is nie R250 per jak nie.
Raves
Re: Leer uit jou voute
Posted: Sat Aug 20, 2011 3:54 pm
by Blackie Swart
Dagse manne.
Die ergste van die saak is dat die boere hier se nog ek is te duur.Gevolglik kry ek nie juis uitroepe nie.Dieselfde mense kla dan sommer net gister by dat daar 6 van sy groot skape gevang was.My somme klop nou as hulle die somme maak nie, of is ek maar net dom.Die jakkies kan maar vir my onthalwe maar lekker vreet.
Groete
Blackie
Re: Leer uit jou voute
Posted: Sat Aug 20, 2011 5:44 pm
by BOATS
Blackie: MOENIE met jou laat mors nie .Ek het n reeling met sommige boere wie my eenkeer in ses maande betaal.Maar dan gee hulle my R50.00 per jakkals meer as die vorige my prys dws 2 de jak R100 meer as die eerste jak se prys ens.My siening is net eenvoudig; As die boer nie wil betaal nie bly ek by die huis.Op die einde van die dag is dit hy wie die skade ly en sal hy aanhou skade ly tot dat die probleem op welke wyse opgelos is.Ek is ook een van die wat dit baie geniet om jakkalse en katte te skiet.en beskou dit elke keer as n uitdaging.Daar was op n stadium n artikel in die landbouweekblad waarin daar beweer word dat n jakkals tot 75 skape per jaar vang.Maak jou somme en kyk wat die grondeienaar 'SCOR' as jy net een jakkals by hom skiet.
Re: Leer uit jou voute
Posted: Sat Aug 20, 2011 7:48 pm
by Blackie Swart
Yes Boats
Presies wat ek nou doen.Bly by die huis en oefen met my windbuks om darm net in oefening te bly met die basiese beginseles.
Mooi loop
Blackie
Re: Leer uit jou voute
Posted: Sat Aug 20, 2011 7:49 pm
by Louis102
blackie wrote:
.... Roep van die begin af met vlekkie e en kry antwoorde uit alle rigtings.Sit die lig aan en 7 jakkies kyk na my op so 200 meter.Ek kies toe maar n teef om te skiet en toe my 308 bulder was als oor.Nie weer n oog vir die volgende 2 ure gesien nie .... Manne koop maar vir julle knaldempers ....
Blackie, tewe wat dragtig is met ses kleintjies, is baie normaal hierdie tyd van die jaar. S? egter bietjie hoe jy 'n teef tussen die sewe op 200m uitgekies het? Verder twyfel ek of dit die afwesigheid van 'n knaldemper op jou 308 was, wat die jakkalse verjaag het. Ek dink jy maak 'n
vout.
Groete
Louis
Re: Leer uit jou voute
Posted: Sat Aug 20, 2011 7:53 pm
by .220 Swift
blackie wrote:
...Ek dink jy maak 'n vout.
Iemand maak 'n
fout!

Re: Leer uit jou voute
Posted: Sun Aug 21, 2011 3:46 pm
by Blackie Swart
Wel Louis ek het goie jaglig en n sterk scope op my geweer.Die jare het my al geleer om min of meer na die hoogte van die oe te kyk.Moet se is nie sommer verkeerd nie.Ek stry ook nie dat ek foute gemaak het nie en is oop vir enige raad wat enige iemand in die senario sou doen.Hoor graag.
Groete
Blackie
Re: Leer uit jou voute
Posted: Sun Aug 21, 2011 7:20 pm
by Louis102
Blackie, selfs die mees ervare jakkalsjagters sukkel om die teef van die reun te onderskei, selfs op korter afstande. Dit is waarom ek gewonder het hoe jy dit doen. Die teef is baie keer die voorste een van 'n stel wat inkom, maar beslis nie altyd nie.
Verder is dit baie eerder die "knak" van die koe?l (die klankgrens breek), as die knal van jou 308 wat die jakkalse sal pla. Was jy al in 'n skietgat by 'n skietbaan? Ek het by verskeie geleenthede meer jakkalse ingeroep nadat een geskiet is. Die afwesigheid van 'n knaldemper het nooit nog jakkalse weg gejaag waarvan ek weet nie. Met 'n knaldemper is die skoot wel sagter op jou eie ore, daar is minder "recoil" ens, maar ek glo nie jy gaan meer jakkalse as gevolg van die gebruik van 'n knaldemper skiet nie.
So dink ek, maar was al verkeerd. Belangrikste is dat ons die jakkalse klop - doen wat vir jou werk en waarin jy selfvertroue het.
Groete
Louis
Re: Leer uit jou voute
Posted: Sun Aug 21, 2011 8:14 pm
by Biltongjagter
Louis,
Met 'n knaldemper is die skoot wel sagter op jou eie ore, daar is minder "recoil" ens, maar ek glo nie jy gaan meer jakkalse as gevolg van die gebruik van 'n knaldemper skiet nie.
Help 'n bietjie met wat jy hier s? aan die hand van wat ek waargeneem het waar 'n jagter met 'n knaldemper op sy geweer Blesbokke geskiet het.
Die klank by die jagter is effens sagter, terugskop op die geweer volgens hom ook minder, maar daar v?r voor waar die bokke gestaan het waarna hy geskiet het, was die werklike verskil deur die K/d gemaak.
Soveel so dat die tweede bok doodstil bly staan het toe sy maat wat direk voor hom gestaan het neerslaan met die eerste skoot. Bok het net bly kyk na die een voor hom wat omval en hy is ook baie maklik geskiet.
Dit met 'n .270 wat maar goed kan lawaai sonder K/d.
My vraag, sal die K/d nie dieselfde effek h? met jakkalsjag nie - maw jakkalse by die een wat geskiet word hoor nie die skoot so duidelik dat hulle summier op vlug slaan nie?
Groete,
Koos.
Re: Leer uit jou voute
Posted: Sun Aug 21, 2011 8:24 pm
by JACQUES BOTHA
BILTONGJAGTER
Oom leeu is 100% reg , As ek jou se ek het al met oes 10 bokke op een pek geskiet sonder dat hulle beweeg of sommer net so maal , beteken dit nie hulle hoor niks, ek vermoed net hulle kan nie die kant bepaal vanwaar die klank kom nie, Soms skiet jy blesbok dan kom die trop nader gehardloop (met silincer en sonder hom)
Die grootse voordeel soos ek al baie gese het van n silincer is 1. jou eie ore, 2 recoil, 3 sien waar jou skoot loop ens , Vir die prooi hooor hy nogsteeds die bang soos die projektiel deur die klankgrens knal...breek. Die voordeel van n silincer is meer as sy nadele soos bv ekstra gewig ens.
Sorry dat ek inval by julle gesprek, maar ek geniet maar net die onderwerp ook..
groete
Jacques
Re: Leer uit jou voute
Posted: Sun Aug 21, 2011 9:01 pm
by Blackie Swart
Yes Louis
Ek werk ook maar altyd op die eerste jakkie wat inkom as die teef,maar die jare het my gelleer om na die ooghoogte te werk.Daar is beslis n verskil.Moeilik om te verduidelik aan n ander persoon.Ek was darm al in n skietgat, was n instrukteur in wapen opleiding,praktiese combat baan bou en suksesvolle oefeninge daarom.Was so 10 jaar in die diens.
Groete
Blackie
Re: Leer uit jou voute
Posted: Sun Aug 21, 2011 9:10 pm
by JACQUES BOTHA
Blackie
Jys reg elke ou het maar sy eie manier en as dit vir jou werk hou daarby. En doen wat jy nou doen om jakkalse se getalle en probleme op te los..moet net nie ophou nie/
Jy sal maar na jou pryse met kyk, maar weereens as dit so vir jou werk doen dit so. Ek het al baie verniet geskiet in my lewe vir boere, maar dan in die winter kry ek weer meer as my deel terug. Ek het weer verlede week n pragtige lam gekry by n boer waar ek seker 3 maand elaas geskiet het. Hy het maar net gebel en gese ek moet kom haal, hy weet hy gaan my weer nodig he en by betaal ook klokslag sy rekening by my. Ek gee hom ook n nul rekening so elke derde keer of so...maar dis maar my reeling met hom .
Die knaldemper gaan nie maak dat jy meer jakkalse skiet nie.. maar ook nie minder nie, so as jy n knaldemper wil opsit doen so..
Oom Leeu he tjare ondervinding en ek en hy het ook al baie verskil, maar geen versil het n geskil geword nie...
groete daar by jou kant
Jacques
Re: Leer uit jou voute
Posted: Sun Aug 21, 2011 9:24 pm
by Blackie Swart
Naand Jaques
Ek self het by n boer n goeie vrienskap en skroom glad nie om by hom jakkies te skiet nie.Ek het vrye toegang tot sy plaas en kry so van tyd tot tyd n slagding of wildsbok by hom.Mens kyk goed na sulke boere en vra vir hom ook geen gelde vir die skiet van die jakkalse nie.Lekker om so iemand te help.Maak mooi en klits daai jakkies.
Groete
Blackie
Re: Leer uit jou voute
Posted: Mon Aug 22, 2011 8:05 am
by Biltongjagter
Jacques,
Ek kan nie met julle ouens met die baie ondervinding met of sonder k/ds argumenteer nie.
MAAR, hierdie storie van jou
Soms skiet jy blesbok dan kom die trop nader gehardloop (met silincer en sonder hom),
gaan nie by my af nie.
Ek skiet al baie jare Blesbokke in die Ho?veld sonder k/d en nog nooit het hulle nie weggehol met die knal van die eerste skoot nie. Selfs met die wind reg in my gesig of dwars oor die baanrigting waarheen ek skiet nie. Om nie eers te dink aan nader kom nie.
Ek moet s? ek is onder die indruk dat dit juis die hoofdoel van n k/d is, nl. om klank daar voor waar die bokke is te verlaag sodat hulle nie so erg versteur word deur die lawaai nie.
Sou ek verkeerd wees hiermee, leer ek graag wat die doel met die stukkie toerusting dan eintlik is.
Groete,
Koos.
Re: Leer uit jou voute
Posted: Mon Aug 22, 2011 3:26 pm
by Blackie Swart
Dagse Biltongjagter
Wel ek ken n oom Christie Oberholzer daar by Karasburg omgeweing.Hy skiet net met k/d op sy plaas en mens sal ver soek om wild te kry wat mak is soos syne.Hy laat nie jag op sy plaas nie en skiet self.Maak seker n verskil.Die k/d moet seker iets doen anders sou sy wild ook nie so stilgestaan het nie.Ek het op my .22 n k/d en wag nou vir my .243se k/d.Eers kyk hoe dit werk en maar later my .308 ook een laat opsit.Sal maar self kyk of daar n verskil is of nie en my mening later gee.
Groete
Blackie
Re: Leer uit jou voute
Posted: Tue Aug 23, 2011 7:52 am
by Biltongjagter
Interessante terugvoering deur baboonstalker met die gebruik van die K/d wat hy self gebou het -
Wel, die KD was Donderdag oggend klaar en toe maak hy so toe ek hom op 300m toets.
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=1
Die oes het ook mooi geloop en ek kon darrem 23 bokke laat val met hom.
Wat my regtig beindruk het, was hoeveel makker die bokke is as die skoot loop, en hoeveel van hulle dan nog bly staan sodat jy 2 of selfs 3 bokke kan skiet voor hulle op die vlug slaan.Ek sal nie sommer weer sonder 'n KD voorsit jag nie!
Presies dit wat ek ook waargeneem het waar K/d in Blesbok jag gebruik is.
Nou om watter rede verskil die gebruik van K/d dan so drasties hiermee in jakkalsjag?
Sal graag wil weet.
Groete,
Koos.
Re: Leer uit jou voute
Posted: Sun Oct 09, 2011 1:38 pm
by roux cf
manne,
ek het dit al vantevore gese!
as daai punt deur die klankgrens breek sal geen kd hom sagter maak nie!
ek het al baie bokke met n 270 geskiet wat doodstil bly staan het as sy maters om hom val.
en ek het al bokke gesien hardloop dat die stof staan as ek 1 met die 222 met kd op, skiet.
net my mening
Groete
Charl
Re: Leer uit jou voute
Posted: Sun Oct 09, 2011 4:03 pm
by Biltongjagter
Die supersoniese knal wanneer 'n koe?l deur die klankgrens breek, is daar en soos jy s?
... as daai punt deur die klankgrens breek sal geen kd hom sagter maak nie!
Charl, ek verstaan nie die volgende wat jy s? nie:
ek het al baie bokke met n 270 geskiet wat doodstil bly staan het as sy maters om hom val.
en ek het al bokke gesien hardloop dat die stof staan as ek 1 met die 222 met kd op, skiet.
Albei die kalibers se koe?ls trek gemaklik deur die klankgrens (1126vps), so supersoniese knal is daar, k/d of te nie!
Nou hoekom sal di? met 270 geskiet bly staan, maar di? met 222 geskiet hardloop dat die stof staan ?
Daar moet 'n verdere bydraende faktor wees wat die verskil in die twee toestande wat jy skets, meegebring het.
Groete,
Koos.
Re: Leer uit jou voute
Posted: Sun Oct 09, 2011 6:12 pm
by roux cf
Koos,
Ek glo die rede vir dit is, eerstens, hoe baie die wild gejag word, twedens, windrigting, derdes,
die wild kan die skoot nie plaas nie, ek mag verkeerd wees, dis net my beskeie mening.
Ander senario, opAlkantpan-toetsbaan, word daar daagliks met grooooot kanonne geskiet,
jakkies kom normaal in op roepe, selfs na party al gesneuwel het,
net my 2c
Groete Charl