Page 1 of 5

Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Tue Apr 04, 2017 10:58 pm
by Geno
Naand julle.
Vir 'n lang ruk het ons gesoek na teleskope wat goedkoop is om 'n sekere marksegment te vul, en ook 'n ordentelike waarborg dra. Ons het toe die geleendheid gekry om die Wildgame fabrikaat te koop aan te bied.

Die teleskope kom van China af wat vervaardigingskoste laag hou, maar het glas wat van Japan af kom wat beeld kwaliteit hoog hou.

Dit is die ideale teleskoop vir 'n bosgeweer, bok oes geweer, bakkiegeweer ens.

Hulle kom in 2 vergrotings.
1) 2.5-10×50
2) 3-12×56


20170404_163300.jpg
Screenshot_20170404-224929.jpg
Albei het 30mm buise.
Die kruishaar is 'n no.4 met illuminated dot.
Die illumination het 11 helderheidsvlakke.

20170404_163031.jpg
Pryse is as volg:
2.5-10 x 50 is R2,250.00
3-12 x 56 is R2,550.00

Die invoerder se waarborg:
We will back up every scope sold to the original Consumer for life, against any factory fault or failure.

In the unlikely event that we cannot replace said scope for whatever reason, we will take it upon ourselves to replace said scope with a new model closest to the faulty one, with your client’s best interests at heart.


Bestellings kan by my geplaas word by: geno@ggvarminting.co.za

Ons het genoeg van die teleskope in voorraad, so daar is geen wagperiode verbonde nie.

Groete
Geno

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Wed Apr 05, 2017 7:02 am
by Armand Steenkamp
Baie intresand mater. In waste klas sal jy hom sit as jy hom met die bekende make vergelyk wat ons algemeen kry? Iets tussen Nikko Sterling en Lynx dalk?

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Wed Apr 05, 2017 7:42 am
by Toyrsi
Wil ook graag weet.

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Wed Apr 05, 2017 7:42 am
by Geno
Ek dink hy is beslis in 'n hoër klas as die gewone NS scopes.
Hoe hy vergelyk met ander teleskope kan ek nie sê nie. Sy waarborg beindruk my. Dit beteken die maatskappy is ernstig oor die produk.

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Wed Apr 05, 2017 7:59 am
by Frederik
Lekker lyk goed dink ek het so paar kopers wat ek na jou toe stuur.

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Wed Apr 05, 2017 8:14 am
by Armand Steenkamp
Ok , klink vir my reg, gaan daar later groter vergrotings ook beskikbaar wees ?

Groetnis

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Wed Apr 05, 2017 8:27 am
by Klein Chris
Armand Steenkamp wrote:Ok , klink vir my reg, gaan daar later groter vergrotings ook beskikbaar wees ?

Groetnis
Stem
Dalk iets met verstelbare paralaks vir die windbuks manne (pcp/springer) vir FT/SFT/HFT?

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Wed Apr 05, 2017 8:38 am
by prohunt
Geno,

Wat is sy minimum afstand parallaks fokus?

Wat is jou gevoel, sal hy werk op die PCP's?

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Wed Apr 05, 2017 8:42 am
by Geno
Hallo Oom,
Dis vaste paralaks teleskope. Dit behoort op 100m paralaksvry te wees. Hy sal verseker werk op 'n PCP.

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Wed Apr 05, 2017 8:59 am
by prohunt
Dankie Geno, ek het gedag die linker verstelknop is vir parallaks ook. Ek aanvaar hy is dan net vir die IL helderheid verstelling.

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Wed Apr 05, 2017 9:27 am
by Geno
Prohunt wrote: Ek aanvaar hy is dan net vir die IL helderheid verstelling.
Net so ja Oom.

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Wed Apr 05, 2017 9:36 am
by Armand Steenkamp
Hoe lyk die storie met vergrotings? Net die 2 wat beskikbaar gaan wees?

Groetnis

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Wed Apr 05, 2017 9:36 am
by Geno
Armand Steenkamp wrote:Hoe lyk die storie met vergrotings? Net die 2 wat beskikbaar gaan wees?

Groetnis
Vir nou, ja.

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Wed Apr 05, 2017 12:34 pm
by Sniper18
Wie gaan die scopes vir ons 'n rukkie toets en dan terugvoering gee?

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Tue Apr 25, 2017 6:11 am
by Geno
More manne,
Daar is weer van die 3-12x56's in voorraad. Die vorige besending het binne 'n week uitverkoop!

Groete
Geno

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Tue Apr 25, 2017 7:07 am
by Arnold
Wat weeg die teleskope Geno?

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Tue Apr 25, 2017 7:24 am
by Frederik
Die wat ek in my hande gehad het het my baie beindruk vriende van my moet nog die scopes op hulle gewere mount. Maar die glas ins baie helder van klein tot groot vergroting kruis haar is lekker om jag en fyn te skiet. Gewig van die scope voel lekker stewig. Geno onthou asb om nog twee eenkant te hou.

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Tue Apr 25, 2017 7:31 am
by Geno
Arnold wrote:Wat weeg die teleskope Geno?
3-12×56 weeg 629gr
2.5-10×50 weeg 564gr

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Tue Apr 25, 2017 7:44 am
by Armand Steenkamp
Sodra daar n 3-9x40 uit kom en dalk n 4-16x50 gesels ek met jou.. My 303 is moeg vir die Nikko sterling!

Groetnis

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Tue Apr 25, 2017 7:50 am
by Arnold
Dankie

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Tue Apr 25, 2017 8:28 am
by Swede
Kan iemand wat van die scopes gekoop en gebruik ons bietjie terugvoering gee

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Tue Apr 25, 2017 9:56 am
by Riaan Kriel
As die lense mooi helder is met daardie verligte kolletjie behoort dit ook goed te werk as 'n nagskiet teleskoop.

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Tue Apr 25, 2017 10:00 am
by matewis
Verseker 'n plek in die mark hiervoor. Kan lekker mark wen teenoor die res van die intree-scopes tans beskikbaar in SA.

Voorspoed Geno

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Wed Apr 26, 2017 6:16 am
by Henry 7
Ek het een deur Chrisjan bestel vir my buurman en hom gemount.Hy het 'n baie lekker eye relief.
My buurman moet hom nog gaan skiet so ek kan nie terugvoering gee oor dit nie.
Hy lyk en kyk heel goed.

Re: Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

Posted: Wed Apr 26, 2017 7:22 am
by Armand Steenkamp
Kan een van die Groot manne nie bietjie die scopes vir ons toets nie? Soos ons dourie tyd met die Nikon en die Rudolph gemaak het nie?

Groetnis