Page 1 of 1

Soek Raad vir Nuwe geweer - teleskoop

Posted: Tue Apr 04, 2017 5:22 pm
by Sterkgrond
Middag manne,

Eugene van Wyk hier. Woon in sentrale deel van Namibiee.
My eerste keur op die blad en forum, maar het al hele paar stories en onderwerpe gevolg.

Ek soek graag raad met my eerste geweer wat ek onlangs aangeskaf het, Howa .243 dikloop met gelamineerde kolf (thumbhole).

Ek wil graag hoor watter tipe teleskoop sou gepas wees vir so geweer: beplan om meestal op oopvlaktes te skiet bv. springbok, gemsbok ens en dan op die skietveld. Meestal deur die dag.

Watter teleskoop kan julle aanbeveel, begroot vir so tussen R8-10,000.

Hoor graag van julle.

Dankie,

Eugene.

Re: Soek Raad vir Nuwe geweer - teleskoop

Posted: Tue Apr 04, 2017 5:54 pm
by joe rocket
Welkom Eugene sit R2000 by en koop Nico Harris se zeis conquests 5x25x50 scope hier op Jaracal. Koop een keer en koop reg.

Re: Soek Raad vir Nuwe geweer - teleskoop

Posted: Tue Apr 04, 2017 6:53 pm
by Gawie(13mm)
joe rocket wrote:Welkom Eugene sit R2000 by en koop Nico Harris se zeis conquests 5x25x50 scope hier op Jaracal. Koop een keer en koop reg.
Ek stem met Joe saam. Dit sal 'n baie goeie toevoeging wees tot daai .243 van jou.

Re: Soek Raad vir Nuwe geweer - teleskoop

Posted: Wed Apr 05, 2017 11:39 am
by Sterkgrond
joe rocket wrote:Welkom Eugene sit R2000 by en koop Nico Harris se zeis conquests 5x25x50 scope hier op Jaracal. Koop een keer en koop reg.
Dankie sal by hom uitvind.

Re: Soek Raad vir Nuwe geweer - teleskoop

Posted: Wed Apr 05, 2017 3:20 pm
by Tikka_25-06
Sterkgrond wrote:
joe rocket wrote:Welkom Eugene sit R2000 by en koop Nico Harris se zeis conquests 5x25x50 scope hier op Jaracal. Koop een keer en koop reg.
Dankie sal by hom uitvind.
Daai deal het nou net R2000 gedrop hy soek R10000 vir die scope.

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk

Re: Soek Raad vir Nuwe geweer - teleskoop

Posted: Wed Apr 05, 2017 3:23 pm
by joe rocket
Deal van die jaar daai scope kos R17 000 by die groot winkel.