Page 1 of 1

Swarovski Z5 vs Sightron Siii

Posted: Sat Apr 01, 2017 1:11 pm
by Malan123
Middag Menere

Ek weet hier is onlangs 'n middelklas teleskoop vergelyking gedoen, maar ongelukkig kon niemand die swarovski z5 bring vir die dag nie. Ek kyk na die Z5 5-25x52 of die Sightron 8-32-56. Het enige iemand praktiese ondervinding met albei? Of selfs die Burris veracity?

Re: Swarovski Z5 vs Sightron Siii

Posted: Mon Apr 03, 2017 11:01 am
by Stephan86
Vertel ons wat jy met die teleskoop wil doen. Vir jag sal ek die Swarovski beslis voorstel.

Die Swarovski se lens is vir my helderder as die van die Sightron. Ek het al gehoor van die mense sĂȘ die beeld op die Sightron op 32 vergroting raak dof, maar op die 24 vergroting scopes het ek dit nog glad nie agter gekom nie.

Re: Swarovski Z5 vs Sightron Siii

Posted: Mon Apr 03, 2017 4:40 pm
by Malan123
Dankie Stephan

Dit is 'n kombinasie scope, maar meestal vir jag.