Page 1 of 1

Burris Eliminator III

Posted: Sat Apr 01, 2017 7:15 am
by Danie01
Hoe ervaar julle manne hierdie teleskoop?

Wat is die voor en nadele van hom? Dit klink na die regte teleskoop vir jag op wild op verskillende afstande waar skiettyd min is.

Ek het al gehoor die kruishaar is te dik vir nek of kopskote, is dit waar?

Groete

Danie


Sent from my iPhone using Tapatalk

Burris Eliminator III

Posted: Sat Apr 01, 2017 11:25 am
by Boesman10
Ek gebruik die scope nou al lank vir jag en kan net met lof praat. Vir jag doeleindes het ek nog nooit die vertikale lyn te dik gevind nie want as die liggie aangaan wat wys waar jy moet mik is daai liggie baie mooi klein. Vir teiken skiet hier oor die 800 meter sal jy miskien na iets anders wil kyk.

Ongelukkig sien ek jy is in Kimberly anders kon jy die scope wat ek nou onlangs afgehaal het van n verkoopte geweer probeer het. Ek wil hom juis adverteer

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Burris Eliminator III

Posted: Sat Apr 01, 2017 1:01 pm
by ruaanb
Vir fyn groepering skiet is daai kruishaar te dik. Andersins loop hy mooi. Jy moet jou oog leer om deur die kruishaar te kyk.
Ek het met myne gerange tot op 1250m maar kon nie skiet nie want lading en scope is op daai afstand uit sync uit so liggie op kruishaar wys net error.

Re: Burris Eliminator III

Posted: Sat Apr 01, 2017 1:35 pm
by Danie01
Dankie julle, so dienkruishaar sal nie te dik wees bv op springbok kop en nekskote tot se 500m nie?

Weet n springbok is klein en ek sal nie sommer verder as 300m vir die kop gaan nie, maar ek wil net weet of dit sal werk. N koedoe is heelwat groter en behoort seker lekker tot op 500m op hom te skiet?

Ons skiet redelik koedoes vir die mark en ons moet kop of nekskote skiet.

Groete

Danie


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Burris Eliminator III

Posted: Sat Apr 01, 2017 1:35 pm
by Danie01
Boesman gesles met my oor daai scope op whatsapp. Nul71144952ses.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Burris Eliminator III

Posted: Sat Apr 01, 2017 1:47 pm
by ruaanb
Jy behoort ok te wees. ek stel voor jy kyk eers deur die scope iewers en besluit dan.