Page 1 of 3

.204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Thu Mar 30, 2017 10:00 pm
by Hansieslim
Sien asb die aangehegte foto. Dit is 32gr Vmax koeëls gewees. In/met my oë en met my ervaring en toerusting is dit die beste foto wat ek so vêr kon neem. Wil graag vir Oom tripod bedank vir sy hulp. Ek't hom spesifiek gevra ek soek hulp met 'n lae spoed node vir my .204. Wil ook vir Josua by Pottie se gunshop in Pietersburg bedank vir sy werk aan my .204 se sneller. Volgens my het die ligter sneller 'n beslisde bydrae gelewer in my relatiewe tevredenheid. Die foto is van die naweek. Ek het gister presies dieselfde oefening gehad, maar ek het my maat (wat n bedrewe skut is) gevra om die skote te skiet en die resultate was soortgelyk en nie juis beter as my poging nie. Ek is dus baie tevrede met my lading en veral die konstantheid van die groeperings. Selfs met 2 verskillende skuts.

Ekt egter n probleem. (Ja ek sal graag 5 skote in een gat wil skiet maar dis nie my eintlike problem nie). Ekt vir my n Magnetospeed Sporter aangeskaf en ek gebruik hom op n Silent Hunter knaldemper op die .204 en hy werk pragtig nadat ek die sensitiwiteit gestel het en later die "spacer" uitgehaal het. Hy meet elke skoot en dis fantasties vir my. Ek hoop egter hy meet reg want...en hiers my problem...die ES is vrek, vrek groot. Saterdag was dit 111fps oor 25 skote en gister was dit 80fps oor 25 skote. Dit is te hoog. Met my 6.5x55 het ek dit al laer as 10fps gehad. Op 100m is dit nie n probleem nie maar volgens my mening gaan die groot ES my baie, baie probleme gee op langer afstande. Dis my mening.

{{{Saterdag se 25 skote was met doppe wat 2x gevuur was en hulle is net ge-neck size. Gister se 25 skote was doppe wat al 8x gevuur was, anneal was (na 7 x gevuur) en ge necksize was.}}}

Ek wil dus die ES baie, baie kleiner kry en ek vra asb vir raad hiermee. Ek is nie heeltemal meer n beginner met herlaai nie en ek glo ek doen alles na die beste van my kennis en vermoë. My proses is as volg. Ek doen
- Neck sizing en de-priming as een proses. My matrys is gelock en ek neck size tot 0.5mm voor die begin vd skouer.
- Wet tumble en laat doppe ordentlik droog word. Onderstebo en in die son op n bord waarin ek spykers geslaan het. Hulle is dus beslis droog voor ek aangaan.
- Primer pockets skoonmaak
- Case length trim tot op 46.72 - 46.73mm. Dit doen ek met elke herlaai.
- Slagdoppies indruk met n LEE tool
- Weeg kruit af met n RCBS 10-10 skaal (hier is ek baie, baie deeglik)
- Druk koeëls in tot op TPL van 58.5mm
- Dan gaan skiet ek oor n stabiele skietbank af.

Van julel gaan my vra of ek van n stabiele rus af skiet en hoe ek my geweer vashou ens. Volgens my is dit nie nou ter sprake nie, want ek kla nie oor groepering nie, ek huil oor ES.

Is daar iets waaraan ek kan aandag gee wat sal help dat ek die ES kan laer kry? Enige advies sal ondersoek word. Dankie by voorbaat.

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Thu Mar 30, 2017 10:18 pm
by Ds J
Het jy al die binnemates van die doppe vergelyk?

Kyk ook vir "doughnuts" aan die binnekant van die nek.

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 6:47 am
by Hansieslim
Ds

Ek merk geen doughnuts aan die binnekant van die nekke op nie.

Hoe sal ek die binnemates van die doppe met mekaar vergelyk? Elkeen se volume meet met water of doppe begin weeg?

Ek het nog nooit enige dope se nekkies gesny nie. Is dit dalk iets om te oorweeg?

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 6:49 am
by Malan123
Is jy 100% seker jy is op 'n node? Het jy al jou doppe geklas volgens interne volume en nekwand dikte? Wat het jy alles aan jou doppe gedoen voordat jy kruit gegooi het?

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 6:50 am
by Toyrsi
Hansie ek skiet ook n 204. Niks doppe geweeg of vreeslik moeite gedoen nie en myne skiet. 25mm groep op 300m. Ek skiet wel met die 40gr V-max. Doughnuts twyfel ek oor. 204 is nie bekend vir dit nie. Moet dalk net weer seker maak of jy wel op n node is.

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 6:51 am
by Malan123
Weeg die lee dop. Vul hom met water en weeg weer. Trek die 2 van mekaar af dan kry jy jou H2O volume. Watter doppe gebruik jy?

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 6:52 am
by Geno
As dit Hornady doppe is, dink ek ek weet wat jou probleem is....

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 7:04 am
by Berra .204
More Hansie
Ek kan jou nie raad gee nie. Die slim manne moet dit maar doen. Ek kry ook groot ES met 32 gr vmax maar dis darem onder 30fps maar met crony gemeet so ek weet nie hoe akkuraat dit is nie. Ek kry wel onder 5fps met my 308 oor selfde crony. Ek dink dit het iets met die lang maer dop en die ontbranding te doen. Gaan skiet op langer afstand en kyk wat hy maak en besluit dan of jy tevrede is. Die foto is geskiet het 39gr blitzkings op 320m. Boonste skoot was my eerste, 1 click afgestel en 3 skote geskiet. hulle meet 28mm. Ek het nou wel nie hulle oor die crony geskiet nie so ek kan jou nie se hoe groot die ES was nie.

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 7:38 am
by Jean Marais
Hansie, ek sou eers ook oor 'n ander chronograaf skiet om te kyk of die resultaat dieselfde is voor ek te veel torring.

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 8:24 am
by JVT172
Geno wrote:As dit Hornady doppe is, dink ek ek weet wat jou probleem is....

Ek skiet hornady's.
Sal graag wil hoor wat hulle doen of verkeerd doen/maak

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 8:27 am
by James Wilson
Ek het nou vinnig deur jou posts gelees, miskien dit mis gelees, maar wil net vra watse kruit gebruik jy?

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 8:31 am
by ruaanb
Haal die demper af , sit skoentjie terug, sensitivity level op normal en meet weer. Dis hoe jy die MagnetoSpeed uit die prentjie gaan haal. As dit selfde tekens toon dan kan jy na die res begin kyk. As jy nie seker is rondom hierdie nie bel my.

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 8:38 am
by Geno
JVT172 wrote:
Geno wrote:As dit Hornady doppe is, dink ek ek weet wat jou probleem is....

Ek skiet hornady's.
Sal graag wil hoor wat hulle doen of verkeerd doen/maak
Ek het Hornady doppe probeer en die vlak vol geskiet. 15% van hulle se nekke het met die eerste laaislag gekraak ook...

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 8:39 am
by Hansieslim
Dankie vir al die replies.

Malan123...
- Eks nie n nodekenner nie en laat my lei deur Quickloadkenners. Vir MY is dit 'n goeie groepering op 100m en die GEMIDDELDE spoed stem ooreen met wat Quickload voorspel het.
- Nee ekt nie geklas volgens gewig en dopvolumes nie. Eks nie seker of ek elke dop se volume wil meet nie. Om hulle te weeg is dalk n opsie.
- Jou laaste vraag se antwoord is in my aanvanklike vraag. Dankie
- Op jou tweede post..Ek is darem al vertroud met daai proses van dopvolumes bepaal.
- Dankie vir jou insette. Eks is net nie lus om elke dop se volume te bepaal nie. Dan aanvaar ek eerder die hoë ES. LOL.

Berra...
Met daai skote op daai afstand dink ek nie ES is belangrik nie. LOL. Dis vrek mooi.

James Wilson...
S335 - Lot 714/15

ruaanb...
Ek sal jou raad volg oor die demper. Dankie.

Toyrsi...
Ek hou van jou hele post. Dankie

Geno...
Ek skiet met Hornady doppe. So...eks die ene ore!!!!

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 8:47 am
by Hansieslim
Geno

Ek trek al by 8 x gevuurde doppe en ek sien regtig nog nie tekens van krakies nie. Ek laai wel baie kouer as jy.

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 8:50 am
by Geno
Hoe na aan mekaar is die interne volumes op daai Hornady doppe?

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 8:51 am
by joe rocket
Aneal jy die doppe? As jy nie anneal hulle en probeer n magnum primer.

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 8:55 am
by Hansieslim
Joe rocket...
Ekt op 6x fired reeds ge-anneal ja.

Geno...
Ek het nog nie weer dopvolumes gemeet nadat ek raad gevra het met n quickload lading nie. Toe was die doppe so 3 x fired gewees en het hulle min van mekaar verskil. So, ek kan ongelukkig nie jou vraag beantwoord nie.

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 9:22 am
by Chris Roux
Hansieslim

Ek skiet nou wel met n ander kaliber(.243) en kruit maar my probleem is dieselfde.
Doen ook deeglikke dop voorbereiding en sorteer hulle volgens gewig voor ek begin laai.
Ek probeer ook so akuraat as moontlik wees met die kruit afweeg. My ES bly hoog.
My volgende stap gaan wees om die primers te vervang met n magnum en kyk of dit enigsins n verskil gaan maak.
Ek luister saam na enige voorstelle.

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 11:22 am
by Capt. Yoda
Hoeveel is jou nek tension op die koeltjie en met watse skaal meet jy? Onthou daai dop is bitter klein, .2gr minder hier en .2gr meer daar gaan n baie groter verskil maak as in n 308

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Fri Mar 31, 2017 11:50 am
by neef
Ek het dit dalk mis gelees as iemand dit gese het maar met n tpl van 58.5mm is myne .2mm in die tande, is joune mooi gemeet

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Sat Apr 01, 2017 6:56 pm
by Hansieslim
neef...
Ek kan nie presies onthou nie, maar my "zero" jump dink ek was 60.2mm.

Capt..
Ek weet nie hoeveel is die nek tension nie, maar dis absoluut constant.

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Sat Apr 01, 2017 8:35 pm
by Ds J
Wat is die resultate met gekoopte ammunisie, of ander koeëls? As dit beter is, is die fout ten minste nie by die roer nie. As dit slegter is sal jy dalk baie moet soek.

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Sat Apr 01, 2017 9:52 pm
by PWV
Hansieslim, my innige simpatie. Ek raak sommer moeg as ek dink aan plekke waar die fout moontlik kan wees.
Ek dink om dinge te vergemaklik, moet jy 'n lysie hier opsit van al die dinge wat jy al getoets het. Dalk kan ons dan raad gee.

Re: .204 - Enorme ES - Hoe kry ek dit kleiner?

Posted: Sun Apr 02, 2017 7:20 am
by Hansieslim
Ds J... Ekt nog net met my eie gelaaide ammunisie geskiet en nog nooit met gekoopte ammo nie. Ek het dus nie vir jou n antwoord nie

PWV...Dankie vir die medelye. Ek sal aan so n lysie begin werk.

Ek dink vir n begin gaan ek :
- 10 van my 9x gevuurde doppe se interne volumes meet,
- Baie van die nekwanddiktes meet
- Primer pockets uniform (moet eers tool koop)
- Flasholes debur (moet eers tool koop)

Ook dink ek om 10 rondtes wat met splinternuwe doppe gelaai is, se ES te meet. Die helfte hiervan wil ek dan met en sonder die knaldemper skiet en kyk of daar n verskil is met die Magnetospeed se lesings. Dan glo ek ek het baie van die advied hierbo na geluister.

Dankie vir al die hulp.