Page 1 of 1
Re: .45-70 vir die groot goed
Posted: Wed Aug 17, 2011 6:32 pm
by Geno
Hy's al redelik gebruik op buffels, maar ek sal meer gerus voel met 'n goeie 375 in my hande as die ou kettie....
Re: .45-70 vir die groot goed
Posted: Wed Aug 17, 2011 7:25 pm
by foxbat25
Ek het een wat op 'n Martini aksie gebou is. Dink nie daai aksie is sterk genoeg vir die ladings wat nodig is vir buffel nie. As jy een kry op 'n Ruger no.1 sal hy beslis die ladings kan hanteer.
Re: .45-70 vir die groot goed
Posted: Wed Aug 17, 2011 7:44 pm
by Wouter Roets
Hallo Piet
In daai konfigurasie(28000psi) is die kaliber glad nie geskik vir buffeljag nie en in die Ruger no1(40000psi) is hy marginaal. Vir ander grootwild soos eland op kort afstande en regte koeel keuse sal hy mooiloop. Die 350-400gr klas premuim koeel sal werk.
Groetnis
Wouter
Re: .45-70 vir die groot goed
Posted: Thu Aug 18, 2011 7:33 am
by tripodmvr
Wouter Roets wrote:
Hallo Piet
In daai konfigurasie(28000psi) is die kaliber glad nie geskik vir buffeljag nie en in die Ruger no1(40000psi) is hy marginaal. Vir ander grootwild soos eland op kort afstande en regte koeel keuse sal hy mooiloop. Die 350-400gr klas premuim koeel sal werk.
Groetnis
Wouter
Ek beveel hiermee nie die jag van buffels met die 45-70 aan nie, maar mens moet nie vergeet dat baie buffels met die Martini-Henry geskiet is wat baie swakker ballistiese eienskappe het nie.
Re: .45-70 vir die groot goed
Posted: Fri Aug 19, 2011 9:25 am
by Musgrave
Daar is `n paar manne wat dit al gedoen het. `n Amerikaner genaamd Vince Lupo (
http://www.leverguns.com/articles/lupo/lupo.htm) het dit gedoen en so ook `n Suid-Afrikaner (Mark Goosen) - albei met `n Marlin. Mark Goosen het Rhino solids van 360gr gebruik teen sowat 1950vps. Sien
http://www.africanoutfitter.com/backiss ... rifles.php
Ek het self `n Ruger No.1 in die kaliber en laai 350gr Swift A-frames teen 2050vps. Het egter nie geld vir die "groot goed" nie...

Ek het nog net vlakvark, bosvark, blesbok, gemsbok en koedoe met hom geskiet.
Re: .45-70 vir die groot goed
Posted: Fri Aug 19, 2011 1:26 pm
by Musgrave
Frontier gee ladings:
http://www.frontierbullets.co.za/rem_gameranger.htm
Die maks ladings is egter saamgepers - ek weet nie of dit veilig in die Marlin sal wees nie. Ek is ook nie seker van die gebruik van gamerangers op gevaarlike wild nie (my maag s? NEE). Dalk is daar manne op die forum wat meer weet van die koele.
Re: .45-70 vir die groot goed
Posted: Wed Aug 31, 2011 2:35 pm
by IndianLima
Ek het al persoonlik n buffel met die Marlin 45-70 Govt in die "guide gun" konfigurasie geskiet. Ek dink dit was met 350gr solids laai? Dit was n kopskoot op so 28-30m en die koeel is in en uit. Ek het dan ook al gesien hoe word n hele klomp (5+) met die wapen met sagtepunte bladskote geskiet en dit is uiters effektief! Ons het ook n hele paar "insurance shots" gedoen op buffels wat uit helikopters geskiet is en ek het nie een teleurstelling beleef nie - die wapen het rerig al my verwagtinge oorskry!
Ek is nou in die proses om een vir myself aan te skaf, dink aan die een:
http://www.marlinfirearms.com/Firearms/ ... 895GBL.asp
Die die twee buffels wat ek en my pa geskiet het met die Marlin 45-70... Jammer vir die kwaliteit, maar met n selfoon geneem!
Re: .45-70 vir die groot goed
Posted: Wed Aug 31, 2011 2:50 pm
by IndianLima
Hier kom ons nou reg...
Re: .45-70 vir die groot goed
Posted: Wed Sep 07, 2011 11:42 am
by Christo Els
Man Piet skiet jy kan 'n buffel met 'n majuba kettie ook skiet jy moet hom net reg skiet

Re: .45-70 vir die groot goed
Posted: Wed Sep 07, 2011 4:49 pm
by Hein M.
Ja. Ek weet van 'n ou wat 'n buffel met 'n boog geskiet het - hy was in 'n dik boom vir veiligheid
Die vraag is: Hoe lank gaan daai lever-action hou as jy daardie tipe ammo in hom skiet? In die VSA kan jy hom weggooi en 'n nou 'n ander een kry as hy begin rattle, maar hier...
Dalk is ek verkeerd...
Hein
Re: .45-70 vir die groot goed
Posted: Sat Oct 01, 2011 8:57 am
by James Wilson
Piet, hierdie gesprek word gereeld gehou op Amerikaanse jag forums. persoonlik dink ek jy behoort seker te kan buffles jag met die kaliber. die vraag is as jy gevaarlike goed wil jag hoekom met n kaliber jag waaroor daar twyfel is. die dag as ek n buffel aanvat dan moet daar nie enige twyfel vir geen oomblik in my gedagtes wees oor die kaliber wat ek gebruik nie.
daar by Vryburg se wereld is daar n boer wat n skoon trop buffels het. as hy van hulle uitskiet oor ouderdom of siekte dan skiet hy hulle met die 270 agter die oor uit die bakkie, en dis dit.
maar as jy jag is dit seker n ander storie.
ek het 1 keer gelees dat n bekende PH op n forum aan n buitelander verduidelik het dat as hy met die 45 hier kom jag moet hy in gedagte hou dat dit baie onodige druk op die PH plaas. loop iets verkeerd (al het dit wat verkeerd loop niks met die kaliber se vermoens te doen nie) dan sal dit net n kwessie van tyd wees voor daar na die PH vingers gewys word omdat hy die n marginale kaliber toegelaat het.
as ek so gelukkig is om n buffel te mag jag sal dit met n kaliber wees wat nie dalk sal werk nie maar defnitief sal werk.
Re: .45-70 vir die groot goed
Posted: Sat Oct 01, 2011 11:44 am
by James Wilson
ja kennis van jou geweer maak n groot verskil. die ander voordeel wat jy gaan kry uit die 45 vir varke is dat agv die lever action is jou tempo van skiet hoer.