Page 1 of 1
.223 en .308 trajek
Posted: Fri Mar 24, 2017 8:19 am
by Francios Heins
goeie dag ek soek raad asb ek skiet .223 en .308 en tas in die donker oor die koel trajek kan julle dalk help asb.
.223 skiet ek op die stadium gewone 55g full metal jacket van PMP ek het net 2 patrone deur 'n cronie geskiet en spoed was 3167 en 3093 gewees.
.308 skiet ek Lapua doppe 42.8g S335 kruit, CCI 200 primer met Hornady SST 150grein punt ek het 3 skote deur 'n cronie geskiet en spoed was, 2743, en 2 van dieselfde spoed van 2710.
Ek wil graag weet as ek op 200m wil 0 hoe hoog moet ek op 100m skiet vir al 2 die gewere asb.
Ek hoor graag van julle.
Groete
Francios
Re: .223 en .308 trajek
Posted: Fri Mar 24, 2017 8:24 am
by neef
Dag se Francios, is die baan waar jy wil zero net 100m lank, beste is maar om op 200m te zero vir 200m. as ek jou n ball park figure kan gee 2 duim
Re: .223 en .308 trajek
Posted: Fri Mar 24, 2017 8:27 am
by Bierseun
Kan jy strelok pre aflaai ? Daar kan jy al jou informasie in voer en hy sal vir jou die trajek uit werk, as jou lading verander dan voer jy net weer die spoed in en daars hy !! Hoop dit help
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: .223 en .308 trajek
Posted: Fri Mar 24, 2017 8:30 am
by Rasmus
Francois
Met die 223 so rofweg 1.9" hoog op n 100m en die 308 so 2.4" hoog op n 100m dit is nou volgens ballsitiese program.
Maar skiet hom so en gaan kyk wat maak hy.
Re: .223 en .308 trajek
Posted: Fri Mar 24, 2017 10:29 am
by ruaanb
Francois die 223 se gemete spoed is baie naby aan die ou kafee ammo wat ek in my 222 skiet.
Ek stel 1.5MOA op vir 200m dws 6 clicks op die scope wat ek gebruik.
Re: .223 en .308 trajek
Posted: Fri Mar 24, 2017 11:51 am
by Alwin
Rasmus wrote:Francois
Met die 223 so rofweg 1.9" hoog op n 100m en die 308 so 2.4" hoog op n 100m dit is nou volgens ballsitiese program.
Maar skiet hom so en gaan kyk wat maak hy.
Dis redelik akkuraat.
Verby 200m kan jy 4 of 5 "clicks" opstel vir elke 50m, tot by 350m. Daarna word dit meer.
Re: .223 en .308 trajek
Posted: Fri Mar 24, 2017 12:12 pm
by ruaanb
Alwin daai som werk nogal mooi in lyn uit met my 222 se data tans op Strelok wat ek weet werk. Hier van 300m af val daai ertjiepit soos 'n klip.
Re: .223 en .308 trajek
Posted: Fri Mar 24, 2017 12:39 pm
by Friedland
Hierdie is van PMP se website af waar jy jou .223 se trajek kan kry.
Re: .223 en .308 trajek
Posted: Sat Mar 25, 2017 2:20 am
by Bakkies303
As jy wil kan jy ook op Hornady se website gaan kyk onder ballistic resources. As jy jou data insit werk hy vir jou alles uit.
Re: .223 en .308 trajek
Posted: Sat Mar 25, 2017 4:31 am
by Francios Heins
ok baie dankie vir al julle hulp ek glo ek sal nou regkom.
Groete
Francios