Page 1 of 1
Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Wed Aug 17, 2011 11:20 am
by Lourens
More manne,
Dalk is hierdie rerig 'n baie dom vraag, maar ek wonder nou al baie lank daaroor. As 'n mens 'n bestaande geweer het waarvan die kaliber op die loop gestempel is bv .308 Norma Mag, en 'n ou behou die bestaande loop en herkamer hom vir 'n ander rondte bv .300 Win Mag (of andersom), is daar enige manier om die bestaande kaliber stempel af te werk en dan die nuwe kaliber stempel op te sit? Dit sal baie simpel wees as 'n man se loop gestempel is vir een rondte maar jy skiet 'n totaal ander rondte in die loop. Ek praat nou nie van ackley rondtes en so nie, maar van iets wat 'n totale ander patroon van dieselfe kalibergroote is. Kan ook lekker moeilikheid veroorsaak met kaliber wat nie met doppe oreenstem nie ens. Ek het ook gewonder of 'n mens nie dalk net die loop kan draai dat die ou stempel onder (dus aan die binnekant van die kolf) sit nie (daar sal seker nuwe skroefdraad gesny moet word?)
Groete,
Lourens
Re: Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Wed Aug 17, 2011 11:45 am
by Arnold
Ek is seker dat volgens wet die nuwe "kaliber" aangebring moet word en sal nodig wees as die geweer ingaan vir proef.
Mens sou die loop kon draai soos jy voorstel, die oorspronklike gravering/stempel gelyk mill of afdraai op die draaibank.
Dalk kan die mense antwoord wat al deur die proses is.
Re: Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Wed Aug 17, 2011 1:43 pm
by Monrique (SJ)
@Lourens
As ek mag die volgende vraag ook?
Wat sou dan ook gebeur wanneer die kal. op die aksie is, en jy vervan die loop met n ander kal.
Wat dan??
Groetnis
Re: Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Wed Aug 17, 2011 1:49 pm
by Arnold
Kaliber op die aksie ... het jy dit al so gesien Monrique?
Re: Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Wed Aug 17, 2011 1:55 pm
by Monrique (SJ)
Op my plank se aksie is daar 7.62 gestempel, as ek reg gekyk het!!!
Groetnis
Re: Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Wed Aug 17, 2011 1:59 pm
by Arnold
Ag nee wat, ek sou s? die een op die aksie is van min waarde en die belangrike een is op die loop.
Re: Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Wed Aug 17, 2011 2:08 pm
by Beretta
Arnold
Ek dink dit het waarde veral as jy aan die die sers wat so sit en skryf(slaap)moet se hoekom jou 308 eintlik n 7.62 is.Ik is min.Dit sal jou beslis n aand onnodig in die tronk kos glo my
Beretta
Re: Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Wed Aug 17, 2011 2:11 pm
by Arnold
Nou hoe gaan ek verduidelik dat ek 308W gemerkte ammo in my 260 Rem skiet

Re: Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Wed Aug 17, 2011 2:15 pm
by Beretta
Arnold
Nie maklik nie
Beretta
Re: Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Wed Aug 17, 2011 2:25 pm
by Arnold
Ja, dit is bietjie belaglik en ek glo jy gaan 'n poepol kry wat nie wil luister nie.
Volgens die wet mag jy ammo besit wat veilig afgevuur kan word in 'n geweer waarvoor jy 'n lisensie het. Nou ja, dan staan ek sommer daar langs die pad en wys hom hoe mooi skiet daai 260 van my 308 ammo

(Eintlik gaan dit nie nodig wees nie want ek het 'n 308 lisensie ook, maar dit is actually irrelevant.
Hopelik het ek 308 en 260 ammo by my dan kan hy vir my verduidelik hoekom die twee so verskillend lyk al is hulle dieselfde gemerk

)
Re: Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Wed Aug 17, 2011 2:28 pm
by WillemS
Arnold
Ekskuus, ek weet dit is bietjie van die topic af!
As jy met daai 260 in Namibie wil gaan jag en op die grens kyk hulle jou ammo en daar staan 308 op die dop, hoe verduidelik mens dit aan hulle?
Willem
Re: Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Wed Aug 17, 2011 2:30 pm
by Arnold
Willem, daai is die regte kneuwel. Daarvoor het ek Nosler doppe wat 260 Rem gemerk is gekoop ;)
Re: Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Wed Aug 17, 2011 2:31 pm
by Beretta
WillemS
Ek glo nie eers met moeite nie.
Re: Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Wed Aug 17, 2011 6:07 pm
by bobby
got me thinking about .38spl's in my .357 or the 22shorts for the 22 rifle
Re: Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Wed Aug 17, 2011 6:23 pm
by FrancoisN
Rooijakkals
Ek kan jou net se wat met my 2 gewere gedoen is. 30-06 na n 300h@&h en n 222 na n 223 toe. Dit was gedoen deur n smit en geproef by sabs en die smit het net die 30-06 en 222 met so n (&&&) oorgeslaan en die nuwe kaliber op n ander plek geslaan.
Sou se as hulle vir jou die ou kaliber of nommer af "mil" sal dit die beste lyk.
Groetnis
Katvis
Re: Nuwe stempel op geweerloop
Posted: Thu Aug 18, 2011 10:24 am
by MJK
OK manne
as ek reg versttan is ek in groot moeilikheid met my plank se 7.62mm en 308 ammo in besit.

Ek sal dus die koste moet aangaan om te "proof". Enige idee hoeveel dit kos?

vervoerkostes van Kaap na Pretoria?