Skietbane
Posted: Thu Mar 23, 2017 8:00 am
Mense by skietbane se loodvlakke 4 keer hoër
Deur Elsabé Brits 22 Maart 2017 17:09
Toetse wat by binnehuise skietbane gedoen is, het gewys loodvlakke in dié mense se bloed is vier keer hoër as dié van ander mense.
Dié navorsing was sover bekend die eerste in sy soort in Suid-Afrika.
Dit blyk mense wat die private skietbane, wat lukraak gekies is, gebruik, het gevaarlike hoë vlakke van lood in die liggaam. In die studie, gelei deur prof. Angela Mathee, direkteur van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se Eenheid vir Omgewing- en Gesondheidsnavorsing, is die hoogste vlakke gekry in mense wat skietbane gebruik waar swak higiëne toegepas word en waar nie behoorlike ventilasie is nie.
By van die plekke eet, drink en rook die mense terwyl hulle skiet en hulle dra nie die regte klere en handskoene nie.
Foto ter illustrasie
Foto ter illustrasie
By een van die bane was daar sponse en goiingsandsakke (wat al swart verkleur het) om die klank te demp. Dit is ’n opgaarplek vir dodelike looddeeltjies. Die badkamer-geriewe by almal was swak en daar was geen papierhanddoeke om hande af te droog nie.
Die navorsers het drie binnehuise skietbane en een baan buite, asook drie boogskietbane, besoek. Die boogskutters het as die kontrolegroep gedien.
Altesame 121 mense se bloed is vir lood getoets.
Mathee het by navraag gesê lood kan ingekry word in gasvorm (asemhaling) of deur dit fisiek in te neem deur deeltjies, wanneer ’n vuurwapen geskiet word. Baie mense maak ook self hul eie ammunisie deur lood te smelt en asem so die gas in. Die deeltjies land op ’n mens se vel, naels, klere, hare skoene en in die omgewing van ’n skietbaan.
“Daar is geen veilige hoeveelheid lood in die bloed nie. Tog, teen so laag as 3 mikrogram lood per 100 ml bloed, kan dit skade doen. By kinders kan dit ’n lae IK, gehoorverlies, ’n onvermoë om te konsentreer en later in die lewe aggressie veroorsaak,” het sy gesê.
By vroue kan dit ’n spontane miskraam veroorsaak en by mans verskeie vrugbaarheidsprobleme, asook depressie, irritasie, geheueverlies, kopseer, naarheid en pyn.
Sy het gesê enigiemand wat ’n skietbaan of vuurwapens gebruik, moet voorsorg tref. Dit sluit jagters, die weermag, polisie en sekuriteitsbeamptes in. Daarom het hulle die polisie en ander mense in kennis gestel van die navorsing en opvoedkundige materiaal is versprei. Die studie is pas gepubliseer in die vakjoernaal Environmental Research.
Van die deelnemers aan die studie het al op drie jaar vir die eerste keer begin skiet, hoewel die gemiddelde ouderdom 17 was. Die meeste skiet al 22 jaar lank, meer as een keer per maand of selfs meer. Volgens die studie is daar ’n behoefte aan ’n landwye opname oor die blootstelling aan lood by private en nie-private skietbane, wat die polisie en weermag insluit.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/ ... r-20170322#