Page 1 of 1

Nog 'n lekker Kalahari uitstappie....

Posted: Wed Mar 22, 2017 2:15 pm
by Ben Remington
Goeie Middag...

Ons het weer so vinnige Kalahari draai gaan maak....die Kalahari is nou 'n paradys vol lewe en als is moddervet. Ek kon duidelik agterkom die seisoen het begin draai met lekker koel nagte en koeler oggende. Ek het so paar varke geskiet met die .223 en wat 'n lekker kaliber is dit vir sekuur skote op korter afstande. Die afstande het gewissel van 80m tot 165m en ek het geskiet met 55gr Sierra Gameking Spitzer. Die lang gras het gemaak dat ek ook 'n kopskoot of twee moes skiet asook lyfskote reg van voor en op die blad. Ek dink 'n .223 is vir enige kluis 'n aanwins. Bly maar net lekker om in hierdie mooi wêreld as die son sak teen 'n Kameelhoutvuur te sit en te luister hoe die naggeluide skof oorneem by die dag lewe. Een van die mooiste tonele vir my in die Kalahari is om te sien as die son wegsak agter 'n droë Kameelboom en springbokke wat kom veiligheid soek in die oopte van 'n Kalahari-pan.
Hier is so paar fotos en 'n skakel na 'n video.

Groetnis

https://youtu.be/aEgcb66E5L8

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170321_165214mmmm_zpsdguv2mtr.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170318_182145mmm_zpsdkj5mxfo.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170320_180125mmm_zpsvp53xzar.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170320_183027mmmm_zpsi42snkqj.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170320_181103mmmm_zpsvnl9ewi5.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170320_135052mmm_zpsucqvw0mx.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170320_135242mmm_zpsteqghkab.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170320_080617mmmm_zpsgyug0k0o.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170319_101825mmmm_zps2amvmdgk.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170319_071704mmm_zpsuc3mou03.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170318_181334mmmm_zps69umnz2c.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170319_183849mmm_zpszkjciif6.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170320_174914mmm_zpseryuff5r.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170318_173034mmmm_zpskoegjf7m.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170318_142049mmmm_zpswvqj9li5.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170320_175514mmm_zpsdev3bjyz.jpg

Re: Nog 'n lekker Kalahari uitstappie....

Posted: Wed Mar 22, 2017 7:23 pm
by Ashley
Ben
As ek so na die fotos elke 2e week of so kyk dan is jy en jou seun besig om al die varke in die Kalahari uit te skiet! :laugh: :laugh:

Dit lyk heerlik soos altyd...

Re: Nog 'n lekker Kalahari uitstappie....

Posted: Thu Mar 23, 2017 9:01 am
by Born2Late
Ek wil nie meer jou posts lees nie. Jy gaan maak dat ek nooit hemel toe gaan nie.
Baie mooi. Julle is gelukkig. Ons sit hier tussen die steenkoolmyne sonder vars lug.
Groete.

Re: Nog 'n lekker Kalahari uitstappie....

Posted: Tue Mar 28, 2017 8:40 pm
by theedge
Maat baie mooi fotos, Stunning geniet elke oomblik

Re: Nog 'n lekker Kalahari uitstappie....

Posted: Tue Mar 28, 2017 9:54 pm
by Plaashaas
Lekker Ben

Mooi fotos.

Dankie