Page 1 of 3

Griep inspuiting - help dit?

Posted: Tue Mar 21, 2017 7:02 pm
by Chris (vdB)
Naand se manne

Wat dink julle van die griep inspuiting, help dit vir julle of is dit sommer tyd mors?

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Tue Mar 21, 2017 7:14 pm
by M98mauser
Ja dit help keer nie noodwendig griep nie maar as jy dit kry is dit half minder erenstig, daar is te veel griepvirusse om n entstof vir al die strains te ontwikkel is onmoontlik.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Tue Mar 21, 2017 7:18 pm
by Hein M.
Ek is nie sommer goedgelowig nie, maar ek het 12 jaar laas griep gehad. Ek kry soms asma en griep is dus vir my 'n nagmerrie-ervaring. Weetnie of my jaarlikse April-griepinenting werk nie, maar ek sal aanhou daarmee ::)

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 6:06 am
by ANDRIES
Ek laat my ook spuit.Jy kry wel nog 'n ligte verkoue maar sover het ek nog nie weer griep gehad nie.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 6:36 am
by LongWolf
Ek bly baie ver weg van daai inspuitings. Die mense hier by die werk raak elke jaar meer en meer siek van die inspuitings. Een van ons executives was laasjaar n week en n half ini kooi na sy inspuiting.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 7:06 am
by Ashley
Die vrou en kinders gaan elke jaar vir die inspuitings.
Ek bly weg. Ek het 3 jaar terug besluit om maar te kry...ek was siek vir n week.

Dit mag dalk anders wees vir elke ou, maar nee dankie.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 7:28 am
by Klein Chris
Na n slegte longontsteking (10 dae in die hospitaal) het ek die longontsteking inspuiting al skreeuende gekry. 2 jaar later en nog nie weer longontsteking gekry nie

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 7:46 am
by Toyrsi
Griep inspuitings en kinder immunisasie sal my familie nooit weer sien nie. Gaan lees bietjie watse gif in daai inspuiting is. Dit is net n geldmaak storie. Die selfde mense wat die spuit vervaardig is die mense wat weer medisyne aan jou verkoop as jy siek word.
Wel dit is my siening.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 7:52 am
by Smitstertjies
Hier is statistieke wat julle self maar kan ontleed en n opinie oor vorm:

By my besigheid werk daar 104 mense.Vir 2012 tot 2014 was die gemiddelde siekverlof 9.5 werksdae per werker per jaar. Hoofsaaklik griep.

In 2015 en 2016 het ek besluit om al die staff griepinspuiting te laat gee, natuurlik met hulle toestemming.So 80 mense het die opsie geneem vir inspuitings.

Gemiddelde siekdae het geval na 5.3 per werker per jaar. Hulle spuit weer more ons mense.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 7:55 am
by Eugene
Het vir 'n paar jaar die inspuiting elke jaar gekry en toe vir die laaste 2 jaar vergeet daarvan. As ek terugdink, het die griepinspuiting my nie gesond gehou nie, maar die simptome was beslis minder en korter. Meer soos verkoue as griep... Sal maar die jaar weer een gaan kry. Al is dit nou net die plasebo effek, help dit darem nog steeds! Man-griep is nie 'n man se maat nie.... ;)

Toyrsi wrote:Griep inspuitings en kinder immunisasie sal my familie nooit weer sien nie. Gaan lees bietjie watse gif in daai inspuiting is. Dit is net n geldmaak storie. Die selfde mense wat die spuit vervaardig is die mense wat weer medisyne aan jou verkoop as jy siek word.
Wel dit is my siening.
My ma was nogal erg gesteld op daai inentings en ons het al ons sin tydig en stiptelik gekry by die staatskliniek. Dalk was ek gelukkig, maar ek is darem nou al vir 39 jaar hier en het nog nooit enige ernstige siekte gekry nie...

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 9:28 am
by WILLEBEES
Ek en vroulief neem nou al die inspuiting jaarliks vir die laaste 17 jaar of so.

Nog nooit weer siek in die bed gewees sedert daai eerste inspuiting nie...

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 9:36 am
by Pappabeer
Toyrsi wrote:Griep inspuitings en kinder immunisasie sal my familie nooit weer sien nie. Gaan lees bietjie watse gif in daai inspuiting is. Dit is net n geldmaak storie. Die selfde mense wat die spuit vervaardig is die mense wat weer medisyne aan jou verkoop as jy siek word.
Wel dit is my siening.
Vertel tog bietjie meer hieroor asb?

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 9:49 am
by Johan7
Toyrsi wrote:Griep inspuitings en kinder immunisasie sal my familie nooit weer sien nie. Gaan lees bietjie watse gif in daai inspuiting is. Dit is net n geldmaak storie. Die selfde mense wat die spuit vervaardig is die mense wat weer medisyne aan jou verkoop as jy siek word.
Wel dit is my siening.
Toyrsi, kan jy vir ons 'n "link" plaas waar om te lees of self bietjie meer uitwei oor wat in die spuit is?
Dankie mater! Die vrou vat die inspuiting en kry skaars verkoue, ek vat hom nie, kry ook skaars verkoue. Hier tussen die wingerdboere is sinus ons grootste probleem!

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 9:51 am
by Toyrsi
Pappabeer.
Die internet is vol inligting.
Hier is n paar.
Het al baie daaroor gelees.
https://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j ... bs.1,d.d24

https://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j ... bs.1,d.d24

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 9:52 am
by Giepie
Toyrsi wrote:Griep inspuitings en kinder immunisasie sal my familie nooit weer sien nie. Gaan lees bietjie watse gif in daai inspuiting is. Dit is net n geldmaak storie. Die selfde mense wat die spuit vervaardig is die mense wat weer medisyne aan jou verkoop as jy siek word.
Wel dit is my siening.
Daar is sekere voorkonende geneesmiddels soos vir malaria waaroor ek erg skepties is, maar hierdie immuniserings is iets anders. Jy kan siek word agv die inspuiting, my jongste het pampoentjies gekry agv die inspuiting, maar my ervaring is dat die goed wel werk.

Mens moet ook nou hie die inspuiting vat en dink jy is bulletproof teen die virusse nie. Voorkoming is steeds die beste.

(Weet persoonlik van mense wat malaria profilakse gebruik het, maar dan met kortbroek, kaalvoet en t-hemp heel dag en nag rondloop en glo hulle sal nie malaria opdoen nie, het hulle toemso drie weke later in icu besoek)

Ek het ook nie 'n probleem dat die mense wat die immuniserings voorberei ook die medikasie vir na die tyd maak nie, dit is vir die mense wat nie die inspuitings gevat het nie. ;D

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 10:02 am
by Johan7
Sjoe, dit maak 'n mens bekommerd! Ons weet almal hoe gevaarlik kwik is! Hoekom is hierdie dinge so - is die medici ons vriend of ons vyand? Wat moet 'n mens glo? Ek koop onlangs vir my 'n watersuiweraar want die ecoli is hoog hier by ons. Nee se my vriend, dis die verkeerdste ding wat ek kan doen, want ek drink nou "dooie water". Alle noodsaaklike elemente en minerale wat noodsaaklik is vir die liggaam is nou onttrek! Nou hoe nou? Elkeen dink ek maak maar sy mind op wat werk en laat waai. Sometimes what you gain here, you loose there. Altyd 'n moeilike keuse.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 10:03 am
by Toyrsi
Giepie ek se nie alles is sleg nie maar asb lees eers bietjie op oor iets wat julle vir julle kinders wil laat inspuit. Ek het sommer net die 1ste 2 opsies gekies op Google en gepost. Hoop daar is darem bietjie inligting in.
Ons werk as ouers is om na ons kinder te kyk, dis hoekom ek eers bietjie navorsing doen oor sulke goed.
Dit is elke ou se eie besluit wat hy wil doen en ek het geen probleem met daai besluit nie.
Ek voel net anders oor dit.(gelukkig verskil mense, anders was dit n baie vervelige wereld gewees ;) .
Dankie

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 10:10 am
by Toyrsi
Johan7 daar is baie vrae wat ons nie antwoorde voor sal kry nie.
Daar is groot besighede agter elke produk wat ons koop.
Wees versigtig en lees voor jy iets doen.
Ek het ook n filter maar dit is nie n Reverse ormose masjien nie. Net n gewone Carba filter.
Vang die meeste slegte goed maar los al die ander elemente agter.
Mens weet ook nie meer wie om te glo nie en ek probeer maar my bes om die regte besluit te maak.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 10:11 am
by .270 Man
Ek moet saam met ToyRSi stem , ek was al self erg siek as gevolg van die inspuiting.
Tot ons Dokter op die dorp sĂȘ dat, hy dit glad nooit weer sal gebruik nie as gevolg van dat hy ook baie siek geraak het.
Dog ek deel maar net. :)

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 10:28 am
by Giepie
Johan7 wrote:Sjoe, dit maak 'n mens bekommerd! Ons weet almal hoe gevaarlik kwik is! Hoekom is hierdie dinge so - is die medici ons vriend of ons vyand? Wat moet 'n mens glo? Ek koop onlangs vir my 'n watersuiweraar want die ecoli is hoog hier by ons. Nee se my vriend, dis die verkeerdste ding wat ek kan doen, want ek drink nou "dooie water". Alle noodsaaklike elemente en minerale wat noodsaaklik is vir die liggaam is nou onttrek! Nou hoe nou? Elkeen dink ek maak maar sy mind op wat werk en laat waai. Sometimes what you gain here, you loose there. Altyd 'n moeilike keuse.
Ek glo dat hulle die medici vriend wil wees en die beste wil doen. Hulle werk ongelukkig ook maar met wat hulle geleer word, sommige maak wel met verloop van tyd aanpassings.

Hulle sit ook in 'n situasie dat hulle ook soms teen hulle eie voor- en afkeure moet voorskryf. As hulle immunisering afkeur en die pasient word siek, veral as die pasient sou sterf weens siekte wat dalk, moontlik, gekeer kon wees deur immunisering, kan hulle aangekla word en geskrap word van die rol. (Uiterste situasie ek weet) Hulle moet tog hulleself ook beskerm. 'n Huisarts wat baie toer het vir my die situasie verduidelik.

Ek was/is 'n toergids wat mense malaria gebiede toe geneem het. Ekself verkies om nie profilakse te gebruik nie en eerder probeer voorkom om gesteek te word, maar ek moes volgens gedragskode die gebruik van profilakse aanbeveel. Dit was dan in die toeriste se hande wat hulle gaan doen. Ek kyk wel na die nuutste navorsing en produkte op die mark en skryf dit nie af net omdat die Darachlor wat ons destyds in die weermag nie gewerk het nie. Mens moet ook oopkop bly en bereid wees om aanpassings te maak.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 10:35 am
by Hein22
Ek ken nou nie griep inspuitings en verkoue inspuitings ens nie maar ons jongste seun het altyd baie vinnig siek geword. As daar iets in die lug was het hy dit gekry en dan skiet sy koors die hoogte in en kry hy koorstype. Een van die dokters het gese ons moet hom ook een of ander inspuiting gee om te help dat hy nie siek word nie maar toe ons met on pediater daaroor praat het hy gese dit is ons keuse maar hy sou ons afraai.

Blykbaar was die spesifieke inspuiting 'n bloed produk en is daar allerande risiko's aand verbonde. Ek glo dit is nou nie heeltemal dieselfde as 'n griep inspuiting nie, maar nou ja.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 10:42 am
by Giepie
Julle klomp in Kathu het dit nie nodig nie, die virusse sien nie kans om sover te gaan nie en daar is te veel yster. ;D

Op ernstiger noot, die omstandighede van waar jy is en wat jy doen speel 'n groot rol. Ons kan nie Kathu en Johannesburg oor dieselfde kam skeer nie. Die water daar en elders is bv verskillend. Sekere plekke, soos langs Victoria meer, kan jy weet jy sal siek word as jy dit net so gebruik. Ons as gesin is baie gesonder vandat ons in Centurion 'n suiweringstelsel begin gebruik het. Op ander plekke sal ek verkies om "ongesuiwerde" water te gebruik. Ek verkies om rou melk te gebruik van die melkery wat ek weet skoon is. Ander plekke sal ek gepasteuriseerd verkies.

Belangrik ook voor jy gaan vir immunisasie, sorg dat jy gesond is. Gebruik sommer ekstra vitamienes voor en na die tyd om jou gestel op te bou, sonder om die immuniseringsinhoud tee te werk.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 10:45 am
by Johan7
Jip, ek weet baie mense en duisende rande is op die spel. Ek het self 'n 15 maande oue laaitie wat kort-kort vir inentings moet gaan. In 'n paar gevalle (dalk als) is dit nie wet dat sekere inentings gedoen moet word nie? Ek dink dis goed om die dinge te bevraagteken, en as dit nie wet is nie, gaan ek meer navorsing doen oor die goed. Tans is dit die vrou se afdeling, maar dan gaan ek meer ingryp.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 10:53 am
by Giepie
Hein22 wrote:Ek ken nou nie griep inspuitings en verkoue inspuitings ens nie maar ons jongste seun het altyd baie vinnig siek geword. As daar iets in die lug was het hy dit gekry en dan skiet sy koors die hoogte in en kry hy koorstype. Een van die dokters het gese ons moet hom ook een of ander inspuiting gee om te help dat hy nie siek word nie maar toe ons met on pediater daaroor praat het hy gese dit is ons keuse maar hy sou ons afraai.

Blykbaar was die spesifieke inspuiting 'n bloed produk en is daar allerande risiko's aand verbonde. Ek glo dit is nou nie heeltemal dieselfde as 'n griep inspuiting nie, maar nou ja.
Ek hoor jou Hein, ons was met beide ons kinders al raadop. Ons was naderhand by 'n ander pediater wat absoluut teenoorgestelde behandeling en raad gegee het. Ons was naderhand by 'n homeopaat uit radeloosheid, wat 'n groot positiewe verskil gemaak het.

Jammer vir dokters wat dalk hier lees. Ek het GROOT respek en waardering, maar een het self erken dat hulle eintlik maar ingeligte raaiskote vat. Almal doen dit maar, nie net dokters nie.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Wed Mar 22, 2017 10:58 am
by Giepie
Ek skryf nou te veel, jammer. Maar ek het in graad 2 my beste maatjie verloor aan witseerkeel omdat hy nie die immunisering gekry het nie. Dit is julle besluit, maar ook die verantwoordeliheid vir die nagevolge.