Page 1 of 1

Kopkrapper

Posted: Sat Mar 18, 2017 9:10 am
by Philip J
Hallo almal.
Ek kry dié whatsapp gister en ek het nog steeds NIE n antwoord nie. Span bietjie daai grysstof in en help asb!

Jy leen R50 by jou ma en R50 by jou pa so nou het jy R100. Jy gaan koop 'n hemp van R97. Jy kry R3 kleingeld. Gee toe R1 terug vir jou ma en R1 vir jou pa en hou 'n rand vi jouself. Jy skuld nou jou ma R49 en jou pa R49. Nou 49 + 49 is 98 plus die rand wat jy gehad het is dit dan 99. Waar is die ander rand?

Re: Kopkrapper

Posted: Sat Mar 18, 2017 9:11 am
by andre007
Ag nee man Phillip, weet niemand nie? ++>:

Re: Kopkrapper

Posted: Sat Mar 18, 2017 9:20 am
by Willie
Ek is bitter bly my boekhouer maak nie sulke sommer nie. Die antwoord is in die laaste som wat verkeerd gemaak word.
Hoop die leidraad help julle

Re: Kopkrapper

Posted: Sat Mar 18, 2017 9:22 am
by Philip J
Moenie so wees nie oom Willie. Help nou asb. Die besigheid maak my al dommer en dommer!

Re: Kopkrapper

Posted: Sat Mar 18, 2017 9:40 am
by Smitstertjies
Phillip. Om nader aan die antwoord te kom. Werk na alles uit wat besit jy en wat skuld jy.

Kyk of die twee klop!

Re: Kopkrapper

Posted: Sat Mar 18, 2017 9:43 am
by Philip J
En daar gaan die lig vir my ook op! ( Dink ek :confused: )
Hahahaha.
Dankie Martin.

Re: Kopkrapper

Posted: Sat Mar 18, 2017 10:51 am
by Willie
Smitstertjies wrote:Phillip. Om nader aan die antwoord te kom. Werk na alles uit wat besit jy en wat skuld jy.

Kyk of die twee klop!
:)

Re: Kopkrapper

Posted: Sat Mar 18, 2017 11:09 am
by Ds J
Lyk soos n hoërskool sommer nadat ek klaar was ! ;)

Re: Kopkrapper

Posted: Sat Mar 18, 2017 3:22 pm
by win270
Die hemp is R97 werd, die twee rande wat jy teruggegee het plus die rand wat jy steeds het is R3 werd - dus R100.00.

Re: Kopkrapper

Posted: Sat Mar 18, 2017 4:25 pm
by PWV
Philip Jordaan wrote:Hallo almal.
Ek kry dié whatsapp gister en ek het nog steeds NIE n antwoord nie. Span bietjie daai grysstof in en help asb!

Jy leen R50 by jou ma en R50 by jou pa so nou het jy R100. Jy gaan koop 'n hemp van R97. Jy kry R3 kleingeld. Gee toe R1 terug vir jou ma en R1 vir jou pa en hou 'n rand vi jouself. Jy skuld nou jou ma R49 en jou pa R49. Nou 49 + 49 is 98 plus die rand wat jy gehad het is dit dan 99. Waar is die ander rand?
In die nuwe SA is niks meer veilig nie! :) :)

Re: Kopkrapper

Posted: Sun Mar 19, 2017 8:31 pm
by Pvdw
Wiskundige misrekening.

Jy kan nie wat jy skuld en wat jy het bymekaar tel en groot totaal verwag nie.

Re: Kopkrapper

Posted: Sun Mar 19, 2017 8:47 pm
by Diesel Dog
win270 wrote:Die hemp is R97 werd, die twee rande wat jy teruggegee het plus die rand wat jy steeds het is R3 werd - dus R100.00.
Daai som klop nie, die hemp is nou tweede hands en daar is waarde vermindering .Die hemp was nooit R97 werd nie die kleinhandel marge van 100%het geen waarde tot die hemp toe gevoeg nie >:D

DD

Re: Kopkrapper

Posted: Mon Mar 20, 2017 2:09 pm
by Johan7
:laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Kopkrapper

Posted: Mon Mar 20, 2017 8:45 pm
by dehacked
98 minus 1 nie plus 1.

Re: Kopkrapper

Posted: Mon Mar 20, 2017 11:27 pm
by JacquesT (Stompe)
Jy skuld elkeen R50, jy betaal elkeen R1, jy skuld elkeen R49, so maklik soos dit. Betaal jou skuld boeta.

Kopkrapper

Posted: Tue Mar 21, 2017 8:00 am
by Bonesjara
dehacked wrote:98 minus 1 nie plus 1.
ImageImage
Hulle het jou dan net 98 geleen en nie meer 100 nie. Dus is die 98 wat hulle jou geleen het minus die 97 vir die hemp die R1 wat jy het.

Groete
Pieter

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Oct 31, 2017 12:41 pm
by CJNaude
8) 8) 8)

Re: Kopkrapper

Posted: Tue Oct 31, 2017 2:21 pm
by finch
Hierdie boekhouer wat sommer + en - omruil sal darem goed kan doen in ons ou korrupte landjie

Re: Kopkrapper

Posted: Wed Nov 01, 2017 9:20 am
by CJNaude
Is ons seker dis nie hy wat ons "stort kop" adviseer nie?