Page 1 of 1

Rak geweer groepeering

Posted: Wed Mar 15, 2017 2:39 pm
by henning
Manne, daar is hoop. Ek het n Savage model 11 in 300 WSM en het nou al 400 odd skote deur die loop.
Ek moes nou doppe vervang en het gegaan met Norma.
Ek het nog nie eens lading ontwikkeling gedoen nie en is net besig om die doppe te fire form maar die geweer en doppe wys baie potensiaal.
As dit is wat n van die rak af geweer wys dan hoekom n pasmaak geweer?
groepering 1.jpg
groepering 2.jpg
Ek skiet met Impala 130 grein.
Ek is ook besig om die carbon copper equlibrium teorie te toets en het my geweer omtrent 300 skote laas skoon gemaak.
Elke geweer sal seker anders reageer maar vir my werk dit tot dusver.

Groete
Henning

Re: Rak geweer groepeering

Posted: Wed Mar 15, 2017 3:01 pm
by Boesman10
Baie mooi. Ek het ook Impala 130 grein in die .300 WM geskiet maar met 'n spoed van 3305 fps het ek gevind in die jagveld is hierdie solid te vinnig op afstande onder 400 meter. Ek skiet nog Impala's in die .308 maar het oorgeskakel na 210 grein Bergers vir die .300 vir jag doeleindes. Vir die baan werk daai 130 greiners vreeslik lekker teen 'n baie goeie prys.

Re: Rak geweer groepeering

Posted: Wed Mar 15, 2017 3:06 pm
by Andre308
Dag Henning,

Dinge lyk mooi sover!!! Daai 130gr impala sing seker soos daai 300 hom stamp.

Soos ek dinge het, is die brass koele geneig om baie minder te foul in die loop, weens die feit dat dit n meer bros metaal is as koper, en nie soos koper maklik vervorm en "afsmeer" nie.

Ek het lank Frontier se range masters geskiet in my 308, en die tye wat ek wel koper solvent gebruik het vir die skoonmaak, het die blou op die lappies baie vinnig opgehou uikom teenoor die tye waneer ek koper mantel koele geskiet het.

Re: Rak geweer groepeering

Posted: Wed Mar 15, 2017 3:48 pm
by swc-tr
"As dit is wat n van die rak af geweer wys dan hoekom n pasmaak geweer?"

@ Henning Dalk omdat sommige Savage lope so lyk:
Savage Palma barrel.jpg

Re: Rak geweer groepeering

Posted: Wed Mar 15, 2017 4:31 pm
by LUAN
As hy n 20 skoot sub moa groepering kan skiet dan is dit seker nie nodig vir n pasmaak geweer.

Al baie gelees van die savage lope wat so grof is maar tog skiet hulle so mooi behalwe vir n paar ongelukkige jaracal manne...

Re: Rak geweer groepeering

Posted: Wed Mar 15, 2017 5:17 pm
by henning
LUAN wrote:As hy n 20 skoot sub moa groepering kan skiet dan is dit seker nie nodig vir n pasmaak geweer.

Al baie gelees van die savage lope wat so grof is maar tog skiet hulle so mooi behalwe vir n paar ongelukkige jaracal manne...
Luan ek kan saam stem dat my eerste skote deur die savage loop het so baie druk veroorsaak dat my nuwe Sako doppe se primer pocket gerek het.

Nou met die tweede sarsie Norma doppe gaan dinge baie beter. My les was dat n nuwe Savage loop gee moerse hoe druk en moet eers in geskiet word.

Groete
Henning

Re: Rak geweer groepeering

Posted: Wed Mar 15, 2017 5:20 pm
by henning
Die beste nuus is dat n rak geweer ook baie mooi kan skiet.

Groete
Henning

Re: Rak geweer groepeering

Posted: Wed Mar 15, 2017 5:41 pm
by Armand Steenkamp
My loop lyk soos in swc-tr se foto... So my opini is dit n hoop snot. Ek kon hom nounog nie kry dat hy skiet soos ek van n R20500 se geweer verwag nie.

Groetnis