Page 1 of 3

FTR en Bisley skiet

Posted: Wed Mar 15, 2017 10:57 am
by Swede
Kan die manne wat hierdie kompetisies skiet 'n bietjie meer vir ons kom vertel daarvan. Ek moet bieg dat ek nie veel weet nie, en wil graag meer daarvan leer.

1. Wat is die verskil tussen Bisley skiet en FtR skiet;
2. Watse kalibers mag gebruik word;
3. Watse beperking op gereedskap is daar, soos bv scopes ens;
4. Hoe word die baan uitgele en op watter teikens word daar geskiet;
5. Hoe werk die tellings as daar geskiet word;

Hierdie is maar net 'n paar goed wat ek aan gedink het, julle insette sal baie waardeer word.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Wed Mar 15, 2017 11:02 am
by swc-tr

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Wed Mar 15, 2017 11:12 am
by Swede
Dankie Schalk sal bietjie daar gaan loer

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Wed Mar 15, 2017 11:27 am
by Smitstertjies
Schalk, ek weet nie of die manne lus het om al 78 bladsye deur te lees van die reelboek nie.

Kan jy nie asb dalk so kort opsomming gee nie asb?

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Wed Mar 15, 2017 11:38 am
by swc-tr
Jammer, ek het nie nou die tyd nie.
Dit is nie nodig om die reels te lees nie, gaan kyk by die opskrif "About" en dan "Bisley Disciplines", daar is alles mooi opgesom.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Wed Mar 15, 2017 11:44 am
by swc-tr

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Wed Mar 15, 2017 8:25 pm
by Francoisv
Bisley of TR
223 of 308
Max 156gr koeël
Gaatjie visier
Word van elmboog af geskiet, geen rus toegelaat.

F-TR
223 Rem of 308 Win
Geen beperking op koeël
Teleskoop
Bipod en sakkie agter
Maks gewig 8.25kg insluitend bipod en teleskoop.

F-Open
Maks kaliber 8mm
10.25kg geweer gewig met teleskoop sonder rus.
Rus voor en agter toegelaat.

300y tot 1000y
300m tot 900m

In 'n neutedop.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Wed Mar 15, 2017 9:07 pm
by JPS
Julle almal het vergeet om vir Swede te sê dis Flippen lekker skiet en disipline wat jou baie leer ;) ;D

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Thu Mar 16, 2017 7:13 am
by swc-tr
Dankie Francois en Jan.

Julle vergeet om te noem dat F-klas vir blindes en kranklikes is................. >:D :laugh:

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Thu Mar 16, 2017 7:47 am
by Smitstertjies
Schalk, hierdie vraag is regtig net uit nuuskierigheid uit. Ek weet julle skiet punte na n bulls eye, maar watse tipe groepering sal n gemiddelde klubskut met die gaatjievisier (gewone bisley) op 900m kry, se nou maar 5 skote?

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Thu Mar 16, 2017 8:18 am
by JPS
Martin,

Manne soos Schalk, skiet gereeld op 900m 'n voltal oor tien of 15 skote. Dus basies 1MOA oor 900m.

Dit met die gaaitjie visier, vryhand met slegs belt op voorkant van geweer geanker.

Ongelooflik om die manne te sien skiet dis verseker.

Ek bly maar by my scope. Hulle is klas voor.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Thu Mar 16, 2017 8:42 am
by Eugene
swc-tr wrote:Dankie Francois en Jan.

Julle vergeet om te noem dat F-klas vir blindes en kranklikes is................. >:D :laugh:
Schalk, gaaitjie visiere is so 1940..... >:D

Maar ek haal my hoed af vir wat julle manne met daai ou tegnologie uitgerig kry!

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Thu Mar 16, 2017 8:44 am
by Witpietskiet
Toe ons nou begin van die maand die Griekwalandwes Bisley Ope gaan skiet het, het Gerhard Maritz (Bisley) op die eerste dag net 1 punt afgeskiet.
1ste dag het ons 2x 300meter geskiet met 10 tellers elk, n 600m met 11 tellers en n 800m met 10 tellers, Bisley manne mag maar skiet.....al is hulle teikens 3 keer groter as F-open en FTR teikens >:+ :laugh:

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Thu Mar 16, 2017 8:54 am
by Smitstertjies
JPS wrote:Martin,

Manne soos Schalk, skiet gereeld op 900m 'n voltal oor tien of 15 skote. Dus basies 1MOA oor 900m.

Dit met die gaaitjie visier, vryhand met slegs belt op voorkant van geweer geanker.

Ongelooflik om die manne te sien skiet dis verseker.

Ek bly maar by my scope. Hulle is klas voor.
Ja dis ongelooflik! Veral as jy wind en mirage ook in ag neem. Dis jammer Bronkies het nie n Bisley baan nie. Moet erken dit is n sport wat ek baie sou geniet het. Tyd is natuurlik ook n groot faktor.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Thu Mar 16, 2017 9:13 am
by Rasmus
Martin

Bronkies is nie te vêr van Pretoria af nie, kom skiet saam.

6de Mei is die klub se gongskiet en 13 Mei skiet ons weer die sport liga of te wel jagters liga.

Gawe vriendelike klomp bymekaar.

Die asblik deksel skieters is maar n lot op hul eie..... ;) ;)

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Thu Mar 16, 2017 10:04 am
by JPS
Martin, Middelburg is seker nie so ver van jou nie andersins Heidelberg wasr ons skiet.
Jy gaan baie baie meer van wind en jou geweer leer op die bisley baan vir La jag as op enige ander skiet disipline.

Groete

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Thu Mar 16, 2017 10:24 am
by Smitstertjies
Dankie manne vir die uitnodiging.Ek oefen maar my langafstand skote op ons plaas. Ek het n baan daar waar ek tot 1km gonge skiet.Probeer so 2 keer n maand daarby uitkom. LA jag doen ons so 6 trips n jaar. Naweke is ek maar beperk met die kinders en besigheids dinge. Die ding met n sport is dat jy toegewyd moet wees. Oefen en nogmaals oefen.Jy moet sommer in werkstyd kan uitglip en n paar skote skiet. Ek glo ook Bisley is nie n ding wat jy sommer net opdaag en skiet nie. Moet bietjie by die Bronkies manne hoor of daar nie dalk genoeg belangstelling vir n klub en baan hier is nie.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Thu Mar 16, 2017 10:42 am
by Francoisv
Smitstertjies wrote:
JPS wrote:Martin,

Manne soos Schalk, skiet gereeld op 900m 'n voltal oor tien of 15 skote. Dus basies 1MOA oor 900m.

Dit met die gaaitjie visier, vryhand met slegs belt op voorkant van geweer geanker.

Ongelooflik om die manne te sien skiet dis verseker.

Ek bly maar by my scope. Hulle is klas voor.
Ja dis ongelooflik! Veral as jy wind en mirage ook in ag neem. Dis jammer Bronkies het nie n Bisley baan nie. Moet erken dit is n sport wat ek baie sou geniet het. Tyd is natuurlik ook n groot faktor.
Gaan skiet saam Schalk hulle in Middelburg. Lekker manne daar.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Thu Mar 16, 2017 11:33 am
by Eugene
JPS wrote:Martin, Middelburg is seker nie so ver van jou nie andersins Heidelberg wasr ons skiet.
Jy gaan baie baie meer van wind en jou geweer leer op die bisley baan vir La jag as op enige ander skiet disipline.

Groete
Ek stem saam.

As die boere nou net elke 100m so rooi vlag wil insit in die springbok kamp, sal dit darem ook makliker gaan... >:D

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Thu Mar 16, 2017 12:52 pm
by M98mauser
Gisteraand toe lees ek biejie op daar op die website, ek noem toe aan my vrou ek lees van FTR, sy se toe o " F00kk0n target Raak is dit waarvoor FTR staan.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Thu Mar 16, 2017 3:26 pm
by LoopSoosStroop
++>:

Waar kry 'n mens gaatjievisiere vir 'n Howa?

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Fri Mar 17, 2017 7:23 am
by Hein (Haan)
LoopSoosStroop wrote:++>:

Waar kry 'n mens gaatjievisiere vir 'n Howa?
Ek sal by antieke winkels begin soek ;D ;D

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Fri Mar 17, 2017 7:50 am
by LoopSoosStroop
As ek die tyd gehad het het ek def begin TR skiet, dis seker baie lekker. Vat 'n Howa HB .308 en sit 'n gaatjievisier op. Sure hy gaan nie soveel spoed soos 'n 28" of 30" loop hê nie, maar sal seker werk as 'n begin.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Fri Mar 17, 2017 7:54 am
by swc-tr
Martin, ons skiet gewoonlik 10 of 15 skoot wedstryde.

Hier is plotkaarte van werklike wedstryde wat geskiet is, tydens die 2015 Palma (Bisley langafstand wereldkampioenskap) in die VSA by Camp Perry.

Op 800 yards:
2015 WLRC Indiv 800yds plot.jpg
Op 1000 yards:
2015 Palma 1000yds plot.jpg
Moet darem byvoeg dit gaan nie altys so goed nie.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Fri Mar 17, 2017 8:07 am
by Smitstertjies
Dankie Schalk. Ek dink nie mense besef werklik hoe ongelooflik goed daai teikens van jou is nie.

Ek ken n paar ouens wat op 100m met n scope nie eers daai groepies skiet nie!