Page 1 of 2

Hardnekkige demper

Posted: Tue Mar 14, 2017 8:42 pm
by Chevvy SS
Ek beur nou al 2 aande om die demper op my 300WM los te kry, maar verniet. 13mm het raad gegee om 'n "plug" naby die skroefdraad vanaf die kroon, van vooraf, in die demper te plaas en dit met spookpis te spuit, maar sonder sukses. Ek het ook vanaf die aksie se kant dieselfde raad gevolg en tussen die loop en die demper daardie lelike spooknaam in te spuit, maar die wetter wil nie losdraai nie.

Goed, ek erken ek het met die vorige opdraai van die demper of te min, of glad nie Copperslip opgesit nie.

Help tog asb. sonder dat ek 'n bojaanspanner of "vice" moet gebruik.

Re: Hardnekkige demper

Posted: Tue Mar 14, 2017 8:48 pm
by J le Roux
Ek sou dink die demper moet op n manier warm gemaak word om die metaal te laat uitsit. Kom in asb ' fitters'

Re: Hardnekkige demper

Posted: Tue Mar 14, 2017 8:49 pm
by musgrave270
Net n vraag. Het jy miskien jou loop warm geskiet en direk daarna jou knaldemper probeer afskroef? Het by n geweersmit gehoor dat n demper so kan 'seize'.

Re: Hardnekkige demper

Posted: Tue Mar 14, 2017 9:11 pm
by CorneA
Draai ander kant toe


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hardnekkige demper

Posted: Tue Mar 14, 2017 9:25 pm
by Williel
Weet nie wat noem jy dit nie maar ek sou daai tool wat gebruik word om oliefilters van n engin los te draai. Jy kry een met n strap.

Re: Hardnekkige demper

Posted: Tue Mar 14, 2017 9:25 pm
by Geno
As myne sukkel om te los, skiet ek 2 skote en draai hom dan los.

Re: Hardnekkige demper

Posted: Tue Mar 14, 2017 9:37 pm
by PWV
Chevvy, wees eerlik en se dat jy die demper vir 'n seisoen op jou geweer gehou het (nooit afgehaal nie) terwyl jy geskiet het. :confused:

Re: Hardnekkige demper

Posted: Tue Mar 14, 2017 9:45 pm
by Aceofspades
Hi Chevvy. Soos Geno sĂȘ, laat hom bietjie warm word. As jy sukkel met vashou plek, kan jy 'n 240 skuurpapiertjie vat en skuur kant na die demper toe hom vashou en draai. As jy nog sukkel vat jy 'n hose clamp of twee en maak hulle vas om die skuur papier. Dan kan jy 'n spanner of shifting of so meer gebruik om hom te draai. As jy 'n waterpomp tang gaan gebruik is jou dempertjie se mooi afeerking na dinges toe.

Sent from my SM-T116 using Tapatalk

Re: Hardnekkige demper

Posted: Tue Mar 14, 2017 9:47 pm
by Aceofspades
Ja, en draai regte kant toe. Partykeer werk dit as jy teenoorgestelde kant toe druk gee en dan regte kan toe draai. En moenie dat die skuurpapier gly nie, dan is dempertjie se finish ook weer daarmee heen.

Sent from my SM-T116 using Tapatalk

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 6:49 am
by karoo.vellies
Skiet hom bietjie warm, tik hom paar keer met 'n malet rondom die skroef draad terwyl jy hom probeer los draai.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 7:12 am
by .270 Man
Myne het al self so vas gesit toe gebruik ek n bobbejaan spanner en lap rond om demper en draai dan los het maar my depper se verf gechip maar het dam los gekom. :)

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 7:26 am
by Dolf014
Ek sou ook ligte skok behandeling voorstel (soos karoo.vellies) Maar sit eers spanning op hom (in die los draai rigting) dan skok jy hom.

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 7:33 am
by Apie
Ek weet van manne wat se demper n seisoen op was. Niks wou die ding loskry nie, sit toe aksie in bankskroef en vat bobbejaan. Met die draai die loop toe netjie uit die aksie uit.
Toe word die asiteleen gasvlam, ystersaag en hammer uitgehaal....

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 7:58 am
by swc-tr
Nog 'n voordeel van KD's........??

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 8:15 am
by Philip_R
Is die demper of die loop dalk stainless? Stainless skroefdraad is baie lief vir vassit. En dan is strip sy volgende stappie...


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 8:24 am
by Johan7
CorneA wrote:Draai ander kant toeImage
Lag ek nou lekker!

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 8:26 am
by Chevvy SS
Dankie vir die raad. Ek is seker ek het al die loop gebuig (krag, waar is jou einde....) ;D

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 8:29 am
by Johan7
Chevvy, wat is die metaal van jou loop en wat is die metaal van jou knaldemper?

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 8:32 am
by joe rocket
As jy die loop afwaarts laat wys en dan kook water op gooi en dan los draai anti kloksgewys, miskien kom hy los.

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 8:49 am
by Trompie
joe rocket wrote:As jy die loop afwaarts laat wys en dan kook water op gooi en dan los draai anti kloksgewys, miskien kom hy los.
Ja ek stem. Gooi kookwater in beker die diepte van jou silencer en sit die geweer onderstebo so in daai water dat die demper kan uitsit van die hitte en try dan.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 9:11 am
by Chevvy SS
Silent Hunter en gewone loop.

Gaan die leeuloop doen, raad-op-raad...

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 9:41 am
by Gawie(13mm)
Probeer 'n groter spanner, as dit nie werk nie is dit 'n elektriese fout. >:+

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 9:42 am
by Johan7
Hierdie emmer kookwater klink reg. Jy moet daai KD warm kry sonder om die loop warm te maak, so terwyl jy die KD warm maak, draai 'n lap om die loop, gedoop in koue water. Lyk my iets het ge-seize. Dalk kan jy die probleem Google op Youtube. Ek het nog gisteraand gekyk op Youtube hoe om 'n dop uit jou geweer se kamer te kry waarvan die gat afgebreek het. Hierdie maak my bekommerd, want ek het ook 'n Silent Hunter. Dalk moet 'n ou 'n o-ring of waster agter teen die loop sit aan die einde van die skroefdraad waarteen jy die KD kan vasdraai. Of kom daar met idees manne. Dan het jy bietjie "leveredge" agter wat keer dat die KD solid lock soos nou die geval is. Ek glo nog steeds as jy hom net eers geroer kan kry, sal hy losdraai. Skokterapie werk ook altyd!

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 9:44 am
by Johan7
Gawie(13mm) wrote:Probeer 'n groter spanner, as dit nie werk nie is dit 'n elektriese fout. >:+
Kom maak jy nou my dag Gawie! :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Hardnekkige demper

Posted: Wed Mar 15, 2017 9:55 am
by Omnia
Watse silencer is dit ? Jy kan die problem gou oplos , as dit nie 'n Silant Hunter is nie gebruik jou grinder , sny af en sit 'n Silant Hunter op !!!!