Page 1 of 2

GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Mon Mar 13, 2017 7:41 pm
by prohunt
Goeiedag,

Ek wil graag hoor wie het al die GRS Berserk kolwe op die Howa Varminter probeer en wat is julle ervaring daarmee? Ek wil graag 'n ander kolf op 'n Howa 6.5 Creedmoor dikloop sit en hou baie van die GRS Berserk. Ek verstaan egter dat jy hom nie regtig kan pak nie aangesien die pakkingsmateriaal nie lekker vat aan die Berserk se materiaal nie. Ek weet hy het "pilare" in maar ek glo maar in pak.

Dan verstaan ek ook dat die aksieskroefspanning krities is vir akkuraatheid met die Berserk kolwe. Enige ervaring hiermee?

Ek hoor graag of julle die kolwe net so gebruik het sonder om te pak en wat die resultaat is tov akkuraatheid?

Indien iemand wel die GRS Berserk gepak het sal ek ook graag wil hoor watter pakmateriaal is gebruik en of dit goed "gevat/geklou" het en of daar toe 'n verskil in akkuraatheid gesien kon word?

Baie dankie en groete

Johan

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Mon Mar 13, 2017 7:47 pm
by Nico Harris
Werk baie lekker vir lr sonder enige pak.

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Mon Mar 13, 2017 7:47 pm
by Chrisjan
Naan Johan.

Skiet hom net so. Ek het meer as 11 van hulle al uit gestuur wat super mooi skiet. Dit is nie nodig om hulle te pak nie. Hulle beddig is so te se undersize en pas soos n handskoen om die aksie. Ek supply hulle greeld en tot nou geen probleme.

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Mon Mar 13, 2017 7:58 pm
by Gideon S
Myne werk ook perfek net so.

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Mon Mar 13, 2017 8:08 pm
by BeesBreet
Myne is 100%

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Mon Mar 13, 2017 9:35 pm
by LRLaubscher
IMG_8558.JPG
Skiet hom netso sonder pak. 5 skote 100m.
Hierdie is wel n Rem 700 in 300 Win Mag, en nie n Howa nie, maar punt is die kolwe werk netso.

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Tue Mar 14, 2017 7:00 am
by Vasbrand
My Berserk op my Howa skiet ook baie mooi. Het die naweek gonge tot op 1000 yards raak geskiet. Hy is ook nie gepak nie.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Tue Mar 14, 2017 7:33 am
by Kallie Fernhout
Ek het n een op n BR wat baie mooi werk. Ek moes egter bietjie van die kolf weg vat om n ander bottom metal in te sit. Geweer is gebak onder sy Knox recoil lug en agterste skroef en dan natuurlik aan die onderkant waar bottom metal ingaan. Geweer is baie akuraat met die kolf.

http://i1315.photobucket.com/albums/t585/fernhout/br_zps0ophtgxz.jpg

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Tue Mar 14, 2017 9:24 am
by prohunt
Baie dankie aan almal vir die oorweldigende vinnige terugvoer. Dit gee my baie gemoedsrus. Nee kyk die Forum is maar tops!!! Vra 'n vraag en binne een aand 'n klomp manne wat my vraag 100% beantwoord ;D ;D

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Tue Mar 14, 2017 10:34 am
by Boesman10
Ek het net die recoil lug gepak en die res gelos. Die spasie op die kolf was te groot vir my gemak.

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Tue Mar 14, 2017 12:31 pm
by edwill
Beserk.JPG

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Tue Mar 14, 2017 3:18 pm
by prohunt
edwill wrote:
Beserk.JPG
Dankie Edwill, ek het hom so. Dit bly net by my 'n vraag hoe krities die spanning op die aksieskroewe in hierdie geval is om nie elke keer as jy die kolf losgemaak het weer te moet zero en toets totdat jy die regte spanning op die skroewe het nie?

Met al my wapens wat gepak is kan jy maar die kolf afhaal en terugsit en die zero skuif nie of die groepering word nie negatief beïnvloed nie.

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Tue Mar 14, 2017 3:29 pm
by edwill
Prohunt wrote:

I torque them to the recommend GRS setting. Never had to rezero my rifle. I'm extremely happy with it!

Sent from my PSP5508DUO using Tapatalk

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Tue Mar 14, 2017 8:47 pm
by Martin82

My stock arrives tomorrow, do the torque specs come with the stock?

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Tue Mar 14, 2017 9:11 pm
by edwill
Martin82 wrote:
edwill wrote:
Prohunt wrote: Dankie Edwill, ek het hom so. Dit bly net by my 'n vraag hoe krities die spanning op die aksieskroewe in hierdie geval is om nie elke keer as jy die kolf losgemaak het weer te moet zero en toets totdat jy die regte spanning op die skroewe het nie?

Met al my wapens wat gepak is kan jy maar die kolf afhaal en terugsit en die zero skuif nie of die groepering word nie negatief beïnvloed nie.
I torque them to the recommend GRS setting. Never had to rezero my rifle. I'm extremely happy with it!

Sent from my PSP5508DUO using Tapatalk
My stock arrives tomorrow, do the torque specs come with the stock?
From the website

Recommended torque is 5nm. 

Sent from my PSP5508DUO using Tapatalk

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Wed Mar 15, 2017 7:24 am
by Martin82
Baie Dankie

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Sun Mar 26, 2017 10:34 am
by tau
Waar koop mens GRS vir beste prys? Rem 700 standard aksie?

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Sun Mar 26, 2017 11:22 am
by Willeboer
Ek het vir my Howa n Grs Breserk gekoop vir R6500 by central arms Klerksdorp en hulle het hom in twee dae vir my ge- courrier

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Sun Mar 26, 2017 11:32 am
by BeesBreet
Zappa wrote:Ek het vir my Howa n Grs Breserk gekoop vir R6500 by central arms Klerksdorp en hulle het hom in twee dae vir my ge- courrier
Die is n baie goeie prys!

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Sun Mar 26, 2017 12:08 pm
by Jan Nel
Het iemand al probeer om die GRS Beserk te "modify" vir 'n enkelskoot RSA Aksie?
Groete

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Sun Mar 26, 2017 2:42 pm
by Arnold
Sit bietjie fotos op ouens, van julle guns en nie net die groeperings nie ;)

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Mon Mar 27, 2017 8:41 am
by prohunt
My lisensie is darem verlede week goedgekeur, nou nog net die wag vir die kaartjie...........en ja my Berserk is oppad ;)

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Wed Mar 29, 2017 9:28 pm
by shottie
http://i1055.photobucket.com/albums/s514/theodb/20170326_203824_zpsjmramwgr.jpgNaand soos gevra Howa .204 dik loop Rudolph 4-12x50 scope. Ek geniet die kolf baie.

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Thu Mar 30, 2017 11:42 am
by DeonvTonder
shottie wrote:http://i1055.photobucket.com/albums/s514/theodb/20170326_203824_zpsjmramwgr.jpgNaand soos gevra Howa .204 dik loop Rudolph 4-12x50 scope. Ek geniet die kolf baie.
Netjies. Waar het jy kolf gekoop en wat het jy betaal as ek mag vra. Kyk na een vir my 243

Re: GRS Berserk Howa Dikloop Terugvoer Asb

Posted: Thu Mar 30, 2017 1:26 pm
by shottie
DeonvTonder wrote:
shottie wrote:http://i1055.photobucket.com/albums/s514/theodb/20170326_203824_zpsjmramwgr.jpgNaand soos gevra Howa .204 dik loop Rudolph 4-12x50 scope. Ek geniet die kolf baie.
Netjies. Waar het jy kolf gekoop en wat het jy betaal as ek mag vra. Kyk na een vir my 243
Middag Deon. By kloppers in George prys R6850