Outfitter artikel
Posted: Mon Aug 15, 2011 3:15 pm
Ek lees gister artikel in die Outfitter tydskrif oor die afname in die getalle van wildspesies soos kudu, gemsbok, en alle ander kleiner wild soorte met tot 80% in die Chobe wildpark in Botswana as gevolg van die oormaat Olifante in Botswana. Die Botswana regering is al in 1970 of daar rond ingelig dat die olifant bevolking uitgedun moet word maar hulle wil nie luister nie. Daar is te veel NGO's met geld wat agter die storie sit, die feit is egter dat volgens die artikel tot 25 km lans die rivier alle plante groei vernietig is deur die sowat 155000 olifante in die park. Die olifante moet elke dag 25 tot 50 km ver stap om kos in die hande te kry, die ander wild in die omgewing kan nie sulke afstande afle nie dus vrek hulle van of honger of dors.
Die kommerwekkende feit is dat ons Kruger park gebuk gaan onder dieselfde probleem. Olifante het alombekend geen natuurlike vyande nie behalwe die mens. Hulle is reeds besig om groot dele van die park te vernietig en die park handhaaf steeds die "no culling"beleid. Die groenes wat die voorstaanders is van hierdie beleid het baie geld agter hulle en daaroor luister die regering na hulle. Die feit is egter dat soos in Chobe die Kruger ook afstuur op ekologiese ramp aangesien die olifante vinnig besig is om die hele biosfeer te vernietig.
Hoekom kan daar nie konsessies toegeken word in seker dele van die park vir mense om die diere te jag nie, ek meen die park gaan op die end die inkomste kry en sodoende die ekologie spaar, maar nee hoor is min.
Iewers moet iets gedoen word aangesien ons ook een van die dae soos in Botswana met 'n wildpark sonder kleinwild en net met olifante gaan oorhou. Wens die regering wil ophou luister na al die groenes en bietjioe hulle ore oop maak en na gewone mense luister.