Page 1 of 1
Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 11:17 am
by Berra .204
Goeie more almal.
Ek wil goe by die slim manne iets uitvind. Ek het 'n Sighton 8-32x56 op my 204 Ruger en het agtergekom dat my poi verskuif soos ek met vergroting werk. Sal foto opsit wat ek vanoggend op 200m geskiet het. Wat kan dit veroorsaak?
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 11:40 am
by tripodmvr
Kan parallaks verstelling wees.
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 12:09 pm
by Berra .204
Dankie oom
Kan paralaks so groot verandering maak. Ek probeer darem altyd kyk dat hy so goed moontlik in fokus is. Ek het gladnie paralaks gestel tussen groepies nie. Ek het nou vir Ian by wie ek die scope gekoop het ook 'n foto gestuur en hy se dit lyk nie reg nie.
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 1:16 pm
by tripodmvr
Speel met die verstellings en beweeg jou oog van kant tot kant agter die teleskoop. As dit parallaks is sal jy 'n verplasing van die kruis op die teiken sien.
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 1:21 pm
by Berra .204
Sal weer bietjie gaan kyk of ek iets kan optel. My cheekpiece is opgebou om oog meer in lyn te kry.
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 1:28 pm
by savage(P Coetzer)
Jy kan in fokus wees en uit parralaks en visa versa.
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 2:01 pm
by Alwin
Ek sou hom weer toets. Sit net 1 mikpunt op die teiken en skiet skote op meer vergrotings. Merk elke skoot. As daar 'n tendens is sal jy dit sien.
As die teleskoop 'n probleem het (wat heel waarskynlik is) is ek seker Ian sal hom vir jou herstel of omruil.
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 2:24 pm
by Berra .204
Dankie manne. Ek gaan nou seker dom klink maar hoe weet ek dat my paralax reg is sonder dat ek met my kop heen en weer beweeg om te kyk of reticle stil is. In die jagveld het jy mos nie tyd vir sulke dinge nie.
Ek sal dit weer toets en kyk. Die rede hoekom ek dit gedoen het is, ek het Donderdag aand 'n takbok mis geskiet en dit nie verstaan nie. Die bok was op 200m en dis waar my scope gezero is. Ek het my scope op 24x gezero en nie op ander vergrotings geskiet nie. Vir die bok was my scope op 16 vergroting dis hoekom ek op 16 gekyk het waar hy skiet.
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 2:39 pm
by Diesel Dog
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 4:05 pm
by Toyrsi
Dit is gewoontlik paralaks.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 4:13 pm
by Berra .204
Dankie DD vir die links. Ek sien nou eers die foto is onderste bo maar kry nie opsie om dit te rotate nie. Vir my het die POI te veel geskuif dat dit paralaks kan wees maar ek sal gaan seker maak. As die teiken in fokus was tot die beste van my vermoƫ kon die paralaks darem nie so ver uit gewees het nie. Dit was 7uur die oggend geskiet in windstil toetande en geen mirage.
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 4:26 pm
by stoffel pantoffel
As dit Berra se paralaks fout was sou hy sekerlik nie die 2 skote so naby aan mekaar kon groepeer nie. Berra. My broer ook so iets oor gekom. maar sy skote was weer vertikaal gewees. Sy probleem was, Sy voorste ring op sy teleskoop was te styf vas en het die scope onder stremming gesit. So probeer dalk eers jou ringe bietjie skiet gee en kyk dan wat hy maak. anders sal ek my teleskoop stuur om getoets te word. Ek glo nie as 'n ou 'n paralaks fout maak dat jy so konstant sal skiet nie.
Sent from my SM-A310F using Tapatalk
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 5:27 pm
by Diesel Dog
THIS SIDE UP
http://i66.tinypic.com/2yxhmc9.jpg
Is jou ringe se belyning reg en gelap? As jy die geweer in n rus klamp en deur die scope kyk dan behoort jy die POAim sien skyf as die vergroting verstel word.
DD
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 6:17 pm
by Berra .204
Ek het nou scope afgehaal, wou skoonmaak en weer terugsit en seker maak als is reg. Ek het nie rail op 204 nie net gewone base en ringe. Toe ek die ringe los draai toe val die stel skroef waarmee jy ringe oplyn uitmekaar. Dalk was dit die probleem, en scope het geskuif, weet netnie hoekom dit dan net toevallig was toe ek vergroting gedraai het nie
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 7:04 pm
by Diesel Dog
Berra .204 wrote:Ek het nou scope afgehaal, wou skoonmaak en weer terugsit en seker maak als is reg. Ek het nie rail op 204 nie net gewone base en ringe. Toe ek die ringe los draai toe val die stel skroef waarmee jy ringe oplyn uitmekaar. Dalk was dit die probleem, en scope het geskuif, weet netnie hoekom dit dan net toevallig was toe ek vergroting gedraai het nie
The picture is not that clear but it is evident that a pre-programmed failure was present with the installation of the scope ,from the witness marks it can be deducted that a fracture has been present in the screw head for sometime and that the yield strength of the remaining material was overcome by the torque required to undo the screw.If you do a hardness test on the screw the chances are good that the case hardening process penetrated to deep.
DD
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 7:27 pm
by Berra .204
Toe ek die boonste gedeeltes van die ringe afhaal toe val die los stuk wat die ring moes vashou af. Hy het nie gebreuk van die torgue om hom los te draai nie, dit was reeds gebreuk. Ek sal iewers so skroef kry en regmaak en weer toets. Hoop dit was dit probleem.
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 7:49 pm
by Diesel Dog
Wat jy nou se laat my dink die los basis is onder spanning ,ek monteer baie teleskope en het nog nie een met los basis teƫgekom op ronde tipe aksies wat nie belyn en gelap moet word nie . Ek gebruik n stuk 30mm od brite round bar wat lank genoeg is om deur ringe te pas met so 75mm overhang en slyp dan die basis met grinding paste tot hulle gelyk is .Na ek die teleskoop se meganiese zero bepaal het en met die stel skroefie die links en regs zero op teiken gestel het maak ek die boonste ringe weer los verwyder die teleskoop lap dan weer die basis.
Ek hoop dit maak sin en ek is seker jy het jou probleem gekry.
DD
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sat Mar 11, 2017 8:05 pm
by Berra .204
Dankie DD
Ringe was gelap op 308 se aksie en het hulle net so op 204 gemonteer maar het 30mm bar gebruik om seker te maak ringe lyn op. Dit maak sin wat jy se so ek sal die ringe weer lap as basis vas is en dan scope mount. Dankie
Re: Scope verskuif poi
Posted: Sun Mar 12, 2017 10:25 pm
by Hercules Louw
Berra .204, ek dink jou oorspronklike gevolgtrekking dat die POI verskuif soos die vergroting verstel word kan moontlik korrek wees en dat dit nie deur parallaks veroorsaak word nie. Dit is seker moontlik dat die verskynsel veroorsaak kan word deur 'n spanning oor die teleskoop a.g.v ringe wat nie reg oplyn nie en wat dan maak dat die lense binne die teleskoop nie reglynig skuif wanneer die zoom verstel word nie. Ek weet egter ook van 'n span van 5 skuts daar naby Setlagoli in Noord-Wes wat met SIII teleskope geborg is om tydens kompetisies te gebruik en wat gekla het oor dieselfde probleem van die POI wat skuif saam met verstellings aan die vergroting. Dit het van hulle soveel gepla dat hulle weer hul ou teleskope (NF) terug gesit het vir die bewese betroubare verstellings. Ek hoop egter jy kry die probleem opgespoor en dat dit maklik reggestel kan word sonder om jou vir 'n lang tyd sonder jou teleskoop te laat.
Re: Scope verskuif poi
Posted: Tue Mar 14, 2017 8:13 pm
by Berra .204
Naand manne.
Dankie vir almal se post. Ek het die skroef op die ringe vervang, ringe gelap en weer gaan skiet. Ek het 15 skote almal op verskillende vergroting geskiet en al die skote sit bymekaar. Eks baie bly dit was die probleem want verder is ek baie tevrede met die teleskoop. Het ook nog jue self van ander S3 Sightrons gehoor wat probleme gegee het nie. Dis my 2de een en eks gelukkig met myne.
Ek wil ook net vir Ian dankie se dat hy my dadelik bygestaan het en hy wou dadelik reel dat die teleskoop getoets word.
Re: Scope verskuif poi
Posted: Tue Mar 14, 2017 9:33 pm
by Capt. Yoda
Berra .204 wrote:Naand manne.
Dankie vir almal se post. Ek het die skroef op die ringe vervang, ringe gelap en weer gaan skiet. Ek het 15 skote almal op verskillende vergroting geskiet en al die skote sit bymekaar. Eks baie bly dit was die probleem want verder is ek baie tevrede met die teleskoop. Het ook nog jue self van ander S3 Sightrons gehoor wat probleme gegee het nie. Dis my 2de een en eks gelukkig met myne.
Ek wil ook net vir Ian dankie se dat hy my dadelik bygestaan het en hy wou dadelik reel dat die teleskoop getoets word.
Dalk was daai klomp by Setlagoli se ringe/skroewe ook maar 11.1.11.
Re: Scope verskuif poi
Posted: Wed Mar 15, 2017 6:32 am
by Apie
Capt. Oblivious wrote:Berra .204 wrote:Naand manne.
Dankie vir almal se post. Ek het die skroef op die ringe vervang, ringe gelap en weer gaan skiet. Ek het 15 skote almal op verskillende vergroting geskiet en al die skote sit bymekaar. Eks baie bly dit was die probleem want verder is ek baie tevrede met die teleskoop. Het ook nog jue self van ander S3 Sightrons gehoor wat probleme gegee het nie. Dis my 2de een en eks gelukkig met myne.
Ek wil ook net vir Ian dankie se dat hy my dadelik bygestaan het en hy wou dadelik reel dat die teleskoop getoets word.
Dalk was daai klomp by Setlagoli se ringe/skroewe ook maar 11.1.11.
Ek weet dit was nie die geval nie Siebert.
Dis was op die 10-50x60 vergroting S3 en nie die 8-32 nie.
4 Tikka Sporters met Nightforce ringe op picatinny rails en 1 RSA met Nightforce ringe op picatinny rail.
Al 5 het presies dieselfde gedoen. Bietjie meer as toeval
Wat ook gepla het was die paralaks verstelling op daai model was super sensitief en dit het ekstra tyd gevat om dit fyn in te stel.
Sent from my D5803 using Tapatalk
Re: Scope verskuif poi
Posted: Wed Mar 15, 2017 10:39 am
by Sangoma (IAN)
Ek het nog nie een 8-32 gehad wat dit gedoen het nie.
Ek stem 100% saam oor die parralaks verstelling wat baie sensitief is op doe S3 10-50 scope. Nie baie geskik vir n all round geweer wat vir jag en baan skiet gebruik word nie. Hy werk wel goed op n dedicated BR of FTR geweer wat net op die baan werk.
Ek wil ook noem dat Julius laas jaar die FTR-SA kampioenskappe in Bloem gewen het met sy S3 10-50. Geen probleem met POI gehad nie.
Re: Scope verskuif poi
Posted: Wed Mar 15, 2017 7:08 pm
by Apie
Sangoma (IAN) wrote:Ek het nog nie een 8-32 gehad wat dit gedoen het nie.
Ek stem 100% saam oor die parralaks verstelling wat baie sensitief is op doe S3 10-50 scope. Nie baie geskik vir n all round geweer wat vir jag en baan skiet gebruik word nie. Hy werk wel goed op n dedicated BR of FTR geweer wat net op die baan werk.
Ek wil ook noem dat Julius laas jaar die FTR-SA kampioenskappe in Bloem gewen het met sy S3 10-50. Geen probleem met POI gehad nie.
Yes, daai was dalk maar net n pyn op die heel eerstes, na my kennis is die 8-32 flawless
Sent from my D5803 using Tapatalk