Page 1 of 1

Re: .300win

Posted: Mon Aug 15, 2011 12:57 pm
by James Wilson
Piet 2 van my vriende laai by my :  1 het n 300wm en 1 het n 270.  die verskil in koste is so min dat ek dink nie dit moet jou beinvloed as dit kom by kaliber keuse nie.  trouens die laaste keer wat die manne vooraad gekoop het het die 300 goedkoper uitgewerk omdat die 270 skut proamm punte gebruik het en die 300 man gewone punte(pmp bruin pakkie).

Re: .300win

Posted: Mon Aug 15, 2011 1:37 pm
by Arnold
Afhangend wat jy bedoel met lang afstand sou ek vir of vir 'n 7mm of .30 kal magnum gaan. Daar is te min hoe BC koeels beskikbaar vir die 270 Win.
Oor die algemeen sou ek eerder die 300WM voorstel. Hy gaan 'n langer loop leeftyd h? en gaan heel moontlik 'n bietjie goedkoper wees om te voer. Vir lang afstand teiken skiet gaan 'n 208gr A-max mooi loop.

Re: .300win

Posted: Mon Aug 15, 2011 3:19 pm
by .::Alwyn-U::.
Jagbehep! wrote: Piet 2 van my vriende laai by my :  1 het n 300wm en 1 het n 270.  die verskil in koste is so min dat ek dink nie dit moet jou beinvloed as dit kom by kaliber keuse nie.  trouens die laaste keer wat die manne vooraad gekoop het het die 300 goedkoper uitgewerk omdat die 270 skut proamm punte gebruik het en die 300 man gewone punte(pmp bruin pakkie).
Jy gee my nou idee hierso, 'n oom saam wie ek jag herlaai vir sy gewere. Ek wil graag vir ons 7mm laai. Alhoewel hy nie so kaliber het nie. Wat se goed moet ek alles vir my kry om by hom te herlaai?
Ek praat nou nie van kruit en primers nie, ek bedoel soos die's en daai goed spesifiek vir 7mm...

Groete
Alwyn

Re: .300win

Posted: Mon Aug 15, 2011 7:10 pm
by Verkenner
Piet-Skiet
Het self 303 en het die maand my lisensie vir my 300wm gekry. Het hom gemotifeer as n langafstand jag geweer terwyl ek my 303 onakuraat en oor die muur laat klink het. Dit is tog 2 verskullende kaliber klasse. Jy sal nie spyt wees nie. Koop n Howa en kry klaar.

Re: .300win

Posted: Mon Aug 15, 2011 7:52 pm
by douw
Piet-Skiet wrote: Ek wonder of my 303 nie dit sal maak dat ek sukel om nog I .30 te lisensieer nie? Het niemand die huidige pryse van .300 fabrieks ammo nie?
ek het die naweek R290 vir 'n pakkie Highland betaal vir die 300wm

Groetnis
Douw

Re: .300win

Posted: Mon Aug 15, 2011 11:22 pm
by James Wilson
Piet, jy kan alles doen met n 300 wat jy met n 270 kan doen en nog meer. maar jy kan nie met n 270 doen wat jy met n 300 kan doen nie. dit gese besit ek n 300mag en ek het sopas n 270 vir my vrou gekoop. besluit maar self

Re: .300win

Posted: Thu Aug 18, 2011 8:00 am
by Superdup
Dags?

300 WM pryse as ek reg ontou in en om die kaap rond vir pakkies van 20 is: PMP Proamm 180gr enige iets tussen R400 en R520, PMP bruin pakkie 220gr so R380, Hornady 180gr so R480, Highland 165g en 180gr so R320! Dit was die pryse plus-minus Junie maand van die ammo wat in voorraad was by verskillende handelaars!

Wat die 7mm RM aandetref is dit ma net 'n rapsie goedkoper, praat noou van 1 of 2 bokke per koeel goedkoper!

Groete

Re: .300win

Posted: Fri Aug 19, 2011 8:55 am
by Romac
More

Ek is n trotse eienaar van n .300 Win Mag wat ek vir lang afstande gebruik om te skiet. Ek het so 2 weke terug R455.00 betaal vir Federal Powershok 180g en vir die Normas R622.00 betaal vir die 180g en dan ook vir die PMP was so R410.00. Ek het so rukkie terug van die Highlanders gekoop teen R330.00 maar was baie ongelukkig met die maak omdat ek gesukkel het om dit gelaai te kry en my geweer se slot wou nie behoorlik toemaak nie. Met al die ander amunisie het ek geen probleem mee gehad nie.

Groete

Re: .300win

Posted: Fri Aug 19, 2011 9:20 am
by SV MAD (Henk)
More manne.
Kan enigiemand vir my plekke se name gee waar ek 'n Howa 300winmag kan gaan koop asb?

Re: .300win

Posted: Fri Aug 19, 2011 9:28 am
by BLOK
Camdix, hulle pryse is by verre die beste